God se Woord, Ons Vertroosing

deur Jen Thorn | Jun 28, 2015 | Psalm 119

Welkom na week 3 van ons Psalms 119 studie!

Na wat toe hardloop jy vir vertroosing?

Vir my is dit mense. As ek harsteer of bang of bekommerd of moedeloos is, gaan ek na my man of vriende toe.

Maar mense is nie die enigste bron van vertroosing nie, reg?. Party soek vertroosing in hulle geld, kleinhandel terapie, kos, werk of slaap. Ander probeer ontsnap deur fiksie boeke of flieks. En ongelukkig kies party regtig gevaarlike maniere van hantering deur die gebruik van dwelms en alkohol.

Maar daar is niks verkeerd om vertroosing van ander te soek nie. 1 Thes 5.11 sê vir ons dat ons mekaar met aanmoedig. Dit is in orde om 'n snaakse fliek te kyk wat ons laat lag wanneer ons 'n bietjie af is nie. Maar ons kan nie vertrou op aardse goed om werklike blywende troos te bring nie.

Wanneer ons vriende weg gaan of die fliek verby is, is ons terug in die middel van ons lyding. Aardse dinge kan net 'n gedeelte van ons troos, maar die Psalmdigter sê vir ons dat daar 'n plek is waar ons kan gaan om werklike blywende troos te vind.

Elke agt verse gedeeltes in Psalms 119 het ‘n tema, en vandag handel Psalms 119:49-56 met God se woord as ons vertrooser. Vers 50 in besonder is ‘n sleutel vers vir ons: ,

Dit is my troos in my ellende: dat u belofte my in die lewe hou.

As ons hulle aanvaar met getrouheid dan sal hierdie woorde persoonlik word. Hierdie woorde is nie net van enige God nie, maar van ons God.

Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. ~ 2 Kor 1:3-4

God se woord gee vir ons vrede terywl ons in die middel van ‘n wilde storm is. Dit kan vertroosing bring terwyl ons bang is, moeg en uitgeput is. Ons kan hoop hê dat Hy ons sal deur sien tot die ander kant.

Romeine 15:4 vertel ons dat:

“Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.”

Die beste vertroosing wat ons vind is in die Skrif dat Christus vir ons gesterf het. Dit plaas alles in perspektief. Ons het iets baie beter wat vir ons wag. Hierdie moeilike tye - terwyl hulle moeilik is - sal net vir 'n rukkie hou.

God se Woord het die vermoë om ons lewe te gee in die middel van enige omstandighede ... die lewe wat bestaan ​​uit hoop, vreugde, lof en krag.

,Kyk na Jesus

Week 3 Uitdaging:

Dink oor iets wat die lewe moeilik maak – dit kan moegheid, siekte, verhoudings probleme wees. Vind dan ‘n Skrif wat jou hoop en troos kan gee in die middel van jou omstandighede. Kyk na God se karakter, kyk na sy beloftes, en kyk na Christus se werk namens jou.

Week 3 Video:

Klik Hier om video te sien (Video)

Week 3 Memoriseer Vers:

  1. Week 3 Leesplan:



Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s