Om God te Sien in Aksie deur LGG Vertalings …

Om God te Sien in Aksie deur LGG Vertalings …

deur WhitneyD | Aug 27, 2015 | Internasionale Opleiding Intensief

Vandag se pos is geskryf deur Edurne Mencia: ‘n vrou en ma van Spanje wat in die oerwoud van Venezuela woon. Sy dien God as ‘n sendeling vir stamme langs haar man en drie jong kinders. Edurne se passie is om vroue te help om hulle lewens te leef vir God. Sy het ‘n blog in 2011 vir die Spaanse vroue begin, en het by Love God Greatly in 2012 aangesluit. Sedertdien lei sy LGG Spaans met ‘n wonderlike span van vroue wat hard werk om al LGG hulpbronne beskikbaar te maak vir praatende Spaanse vroue.

_____________________________


Die Tessalonisense is ‘n paar van my gunsteling mense in die Nuwe Testament. Die kerk in Tessalonika was ‘n arm kerk en onder ernstige vervolging, maar was ‘n kerk wat altyd bereid was om saam met Paulus te dien in die bediening .

Wanneer Paulus sy tweede brief skryf aan die Tessalonisense, maak hy ‘n petisie :

Verder, broers, bid vir ons, sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en oral in ere gehou mag word soos by julle …. 2 Thessalonicense 3:1

Wanneer ons na ‘n Indiese dorp gaan om bediening te doen navigeer ons vir dae en moet ons langs die pad stop. Ons stop om te eet of te slaap in verskillende dorpe en baie van hulle het ‘n kerk. By elke enkele stop word ons gevra om te bly en hulle die Bybel te leer. En ons harte breek omdat ons nie langer kan bly en hulle te leer nie . Vir die afgelope drie jaar, wanneer my man op reis gegaan het, het hy honderde Love God Grealty Bybelstudie leesplanne gepak so dat hy ‘n handvol in elke dorp wat hy verby ry kan los. Ek het LGG studiegidse, gewyde gidse, en kinders se gidse gedruk en gestuur vir hulle om te gebruik in hul kerke. Dit is nie dieselfde as ‘n om by hulle te bly en hulle te leer nie, maar hier in die oerwoud van Venezuela, is ons LGG materiaal ‘n paar van die baie min hulpbronne wat hulle kan kry om die Bybel te studeer.

Soms vergeet ons daar is mense in die wêreld wat nie toegang tot die dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar: Bybels, boeke, studiegidse, ‘n internet konneksie, ‘n rekenaar of ‘n selfoon. Ons is so gewoond aan ons baie toestelle om te lees en God se Woord te studeer dat ons dikwels dink almal kan dieselfde doen.

Maar daar is plekke waar jy nie ‘n Bybel kan koop nie.

Daar is plekke waar jy nie eers ‘n goeie Christelike studie nie kan kry. Daar is plekke in die wêreld waar Christene min is, en plekke waar Christene nie bymekaar kom om God se Woord saam te studeer nie

En Love God Greatly bereik vroue in daardie plekke.


Ons het 'n ongelooflike groep vertalers wat regtig werk, werklik hard om vroue in hul lande te bereik; om vroue toe te rus wie ander vroue in hul eie tale sal leer. Hierdie dames wil vennote wees in die bediening met Love God Greatly en is bereid om God se Woord te versprei soos gebeur onder hulle.

Soos julle weet, hierdie September gaan die LGG leierskap span en vertalers na Dallas vir ‘n week lange internasionale opleiding intensief vlieg. En vir die meeste van ons, is dit ‘n eenmaal-in- ‘n-leeftyd kans om ‘n opleiding geleentheid by te woon, om gekoester te word, om geleer te word, om bemoedig te word en uitgedaag word om aan te gaan met ons arbeid om God se Woord te versprei aan alle nasies.

Ek tel al die dae om die vroue agter LGG te ontmoet. Ek kan nie wag om met hulle te praat, om saam te lag, om saam met hulle te bid, en om groot te droom vir God saam met hulle . Ons sal saam beplan, ons sal ‘n gemeenskap bou met die verskillende LGG takke, ons sal praat oor ons lande, oor ons behoeftes, en ons sal beter voorbereid wees om God te dien en om ons vroue te dien. Ons sal droom van hoe ons hierdie wêreld kan bereik vir God – een vrou op ‘n tyd. Ons sal bid dat die wêreld vir ewig sal verander, want ons is bereid om ‘n nuwe stap van toewyding te neem en met ander te deel soos dit wat onder ons gebeur het.

God sal voortgaan om sy werk met of sonder my te doen … maar oh! Wat ‘n voorreg om hom in aksie te sien. Wat ‘n voorreg om op die voorste linies en saam in venootskap met ons Here in Sy kragtige werk in die wêreld te wees. Kom ons loof Hom saam en wees Sy getuies tot aan die einde van die aarde !

Tevredenheid in Sy diens,

Edurne

Direkteur van LGG Spaans

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s