110915_1532_1.jpg

Week 1: Jehovah-Jireh

by  | Nov 8, 2015

110915_1532_2.jpg

__________________

God se name is Jehovah-Jireh…wat beteken “Die Here sal voosien”

__________________

Ek moet eerlik met jou wees en sê daar is ‘n paar stories in die Bybel waarmee ek ‘n bietjie ongemaklik is … vandag se storie is ongelukkig een van hulle.

Jy sien, ek sukkel met die idee van Abraham wat gewillig was om Isak op te offer… die gedagte maak my maag draai en my gedagtes spin.

Dit is onnatuurlik.

Dit is wreed.

En my oë wat skielik baie ongemaklik voel, soek na ‘n ander bladsy van die Bybel en soek vir ‘n gelukkiger gedeelte om te lees.

Want laat ons eerlik wees, niemand hou daarvan om te lees of praat oor opofferings.

En selfs al is dit die kern van die evangelie, hou ons regtig nie om oor opofferings te praat nie… nog minder dit persoonlik te maak.

Tog persoonlik is reg waar God gaan .

Isak was kosbaar vir Abraham

God het vir hom gesê: “Vat jou seun, jou enigste seun, Isak wat jy liefhet, en gaan na die landstreek Moria…” Gen 22:2

Ernstig, kon God nie meer spesifiek word nie?

Jou seun…

Jou enigste seun…

Sy naam was Isak, net ingeval jy verward is.

Jy weet, die seun wat jy liefhet, ja dit is daardie een.

God het Abraham geroep om sy Isak op te offer… en Hy roep ons om dieselfde te doen.

Wat ookal die “Isak’s in ons lewe is, niks of niemand behoort die plek in ons harte te neem wat vir God gereseveer is nie.

Hoekom?

Want God weet dat mense of aardse goed is treurige plaasvervange gode.

Net God kan ons behoeftes vervul.

Maar vir ons om hierdie waarheid te weet, moet ons bereid wees om op te loop na die berg van gehoorsaamheid … ons eie “Moria” en bereid wees om in ons hart op te offer dit wat ons meer liefhet as God.

Omdat ons almal al geval het vir daardie leuen dat ons weet wat is beter vir ons as God doen.

Ons sukkel in ons wandel van gehoorsaamheid, want in die hart van die saak vertrou ons dat God nie kan voorsien nie.

So baie keer dink ons, ons ​​weet wat die beste is vir ons. Ons versuim om te wandel in gehoorsaamheid na dit wat God ons geroep het omdat ons nie vertrou dat Hy getrou en betroubaar sal wees nie.

Ons vrees Hy sal nie voorsien nie.

Ons vrees Hy sal nie vir ons deurkom nie.

Ons vrees dat ons gehoorsaamheid sal ons te veel kos omdat daar een of ander opoffering betrokke is.

Ons rig ons op die ou voor ons omdat ons nie vertrou dat God beter kan voorsien nie.

Ons vestig vir die gemaaklik sodat ons nie hoef te vertrou in die swaar nie.

So wat roep God jou om op te offer?

Dalk, dalk net is daar iets beter vir jou aan die ander kant van daardie opoffering.

Vir party van julle, is dit dalk net ‘n beter situasie, ‘n beter werk, ‘n gesonde lewenstyl, of ‘n beter verhouding met God.

Een ding wat ons in hierdie storie sien is dat Abraham het geleer om God se woord te vertrou.

God het gepraat en Abraham was gehoorsaam, al het hy dit nie verstaan nie.

Selfs wanner die plan nie helder was nie.

Abraham het vertrou dat God sy naam gestand sal doen…… “Die Here sal voorsien”.

“…ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ONS terug na julle toe.” Genesis 22:5

Abraham het nie geweet hoe nie, maar hy het sy vertroue in God geplaas en vorentoe gewandel in gehoorsaamheid.

Die Here sal voorsien

Nou voor jy ontmoedig word en sê “Ek kan nooit God vertrou soos Abraham nie..”

Besef Abraham, net soos almal van ons, was ‘n werkende proses. Onthou vir Hagar en Ishmael? Yeah, Abraham het nie God ten volle vertrou in daardie situasie nie en die uitslag het vir almal pyn veroorsaak deur sy ongehoorsaamheid en wantroue.

Sonde het ‘n manier om dit te doen … dit raak die onskuldige.

TOG is God getrou en het die aangeleentheid gebruik om Abraham te groei en sy geloof te verfyn in die proses.

Deur die gevolge van Abraham se ongehoorsaamheid het hy die waardevolle lees geleer van God te vertrou om te voorsien.

Soete vriendin ek weet nie waar jy deurloop op die oomblik nie, maar ek wil jou aanmoedig met hierdie waarheid.

God se naam is Jehovah- Jireh … “Die HERE Sal voorsien ” … laat ons Hom sy naam gestand doen.

God se naam is nie ‘n verlede tyd nie, dit is toekomstige tyd….Hy SAL voorsien.

En Hy het op ‘n houtkruis oor twee duisend jaar terug.

Die Lam van God, nie ‘n raam gevang in ‘n bos nie, Maar ‘n Verlosser… ‘n Redder wat bereid was om diè offer te word vir ons sonde sodat ons dalk vergifnis en Vryheid deur Hom sou hê

Nou is dit nie iets om voor dankbaar te wees nie!

Koms ons praat:

Deel met ons waarvan u is, en hoe God jou Jehovah Jireh in jou lewe was. Ons sal daarvan hou om u te leer ken?

Love God Greatly!


Week 1 Uitdaging:

Spandeer tyd hierdie week in gebed en vra dat God aan jou openbaar of jy ‘n “Isak” in jou lewe het. As jy dit doen, soek God se hulp om jou te help om God in die regmatige plek in jou lewe te sit.

Week 1 Video:

Week 1 Memoriseer Vers:

110915_1532_4.jpg

Week 1 Leesplan:

110915_1532_5.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s