Meer as Genoeg – Week 1 Woensdag


| Meer as Genoeg – Week 1 Woensdag
deur Joy Forney | Nov 10, 2015 |Lief God Grootliks, Name van God


Jehovah Jireh. Ja, Hy is ons voorsiener, maar daar is tye wanneer Christene dink dit beteken gesondheid, rykdom, geluk, en gemaklikheid.

En hierdie lyn van denke maak my die vraag vra: Wat van my buurman hier in Uganda, wie se man wegraak wanneer dit tyd is om skoolgelde te betaal, so haar seuns hang in bome in plaas daarvan om by lessenaars te sit, voete gaan skoenloos, en wanneer hulle een piesangboom nie produseer nie, bly hulle mae honger?

Hoe lyk “oorvloed meer as wat sy vra of dink” dan ?

En ek wys die vinger na myself. Hoeveel keer het ek oor die huis wat ek gegee is gekla, die mure wat verf nodig het, gekreun oor die krag wat weer afgaan, die “mismatch” teël, die stad wooning, en aan en aan terwyl reg oor die muur, reg oor die muur, gaan my bure honger?! Ek is skaam om dit selfs te skryf. My sonde en selfsug walg my.

So laat ek jou vra : wanneer kyk ons na hierdie verse en God as ons Jehovah Jireh, en ja sê, Hy is en Hy het, en alles wat Hy gegee het, is genoeg? Wanneer kom daardie punt? In plaas van na Hom te kom en vra en wil hê en wens en hoop, om na Hom te kom in dankbaarheid, wetende, ja, dit is nie presies waarvoor ek gewens het nie, of wat ek wou gehad het nie, maar Hy was getrou en Hy het voorsien.

Net om dit in perspektief te sit…
As jy ‘n motor het, is jy ryk.
As jy ‘n warm en droë plek het om vanaand te slaap, is jy ryk.
As jy weet waar jou volgende maaltyd vandaan kom, is jy ryk.
As jy toegang het tot ‘n soort van gratis skoolopleiding vir jou kinders, is jy ryk.

So, wat daarvan om hierdie verse te neem, hierdie gedagtes oor hoe GROOT ons God is, en hoe goed hy vir ons behoeftes voorsien en dan sê : “Ja, God, my Jehovah Jireh. U het reeds MEER as wat ek kan vra of dink voorsien. Dankie dat U in oorvloed vir my voorsien. U krag werk in my. Aan U die heerlikheid in U kerk, wys my nou hoe ek U roem kan bring in Christus Jesus regdeur die geslagte. U het my geseën meer as woorde, nou laat my gaan en ‘n seën wees in U naam.”

“Wat God so vrylik aan jou gegee het is altyd genoeg om oorvloedige genade vir iemand anders te wees.” -Ann Voskamp

So wat as ons ons denkwyse verander? Wat as in plaas daarvan om te kom en kyk na hierdie verse as ‘n belofte van “dinge” kyk ons na hulle as ‘n belofte van meer van Homself? Wat as jy Hom gesmeek het om Homself meer werklik te maak en Hy het jou weg geblaas met hoe Hy Homself vir jou voorsien het?

” Wanneer jou gemaak kos gemaaklike dinge is – wanneer word jy honger vir die gerief van die Brood van Lewe” – Ann Voskamp

En net om die storie klaar te maak, ‘n vriend en ek het seker gemaak dat ons bure se seuns skool toe kan gaan, dat hulle mae nie honger ly nie, en dat hulle mamma ‘n manier het om ‘n klein inkomste kan verdien.

Wat is u gedagtes? Deel dit met my in die kommentaar!

Met liefde van Uganda

Joy

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s