God Het Alle Dinge Voorsien


God Het Alle Dinge Voorsien

deur Jen Thorn | Nov 13, 2015 |


“Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.” 2: Petrus 1:3

Gedurende hierdie week het ons gesien en hopelik verwonder aan die manier waarop God vir sy mense voorsien. Is dit nie wat ons veronderstel is om te vier op Danksegging hier in Amerika nie? Ons moet onthou en God dank vir die baie maniere waarop hy voorsien het vir ons en ons familie en vriende oor die jaar. Hy het dalk vir sommige geseën met gesondheid, finansiële geskenke, ‘n ontspannende vakansie, kos, goeie vriende, herstelende verhoudings, familie of materiale besittings. En ons kan bly wees oor dit alles, want Jakobus vertel ons dat elke goeie ding in ons lewe ‘n geskenk van God is (Jakobus 1:17).

Alle aardse gawes is wonderlik en is bedoel om geniet te word, maar ek vrees dat ons hulle dikwels oorskat, en onderskat die beste gawes wat ons in Jesus Christus het.

“Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien.

Alle aardse gawes sal verdwyn. Ons gesondheid sal versleg, ons geld sal opgebruik word of oorgaan na die volgende generasie, die natuur verval, motors roes, huise val in ondergang, klere, versierings, en boeke val uitmekaar. Niks op hierdie aarde duur vir ewig nie. So moet hulle nie te hoog waardeer nie.

Vir diegene wat nie God ken nie, is hierdie tydelike gawe so goed as wat dit kan kom. Maar vir diegene wat Jesus ken as hulle Verlosser is hierdie gawes vir ewig.

Ons Groot Verskaffer het vir sy volk spesiale gawes gegee, naamlik alles wat ons nodig het vir die lewe en godsvrug.

LEWE
Hierdie lewe wat Petrus oor praat is nie ‘n tydelike, aardse lewe nie, maar ‘n ewige en geestelike lewe. In Jesus het ons die “oorvloedige lewe” wat net sy volgelinge ervaar (Johannes 10). Deur Jesus bloed is ons die “ewige lewe” gegee en dit is om die lewende God te leer ken. En dié lewe wat ons het is vir ewig. Ons het dit nou en sal dit ten volle ervaar in die teenwoordigheid van ons Verlosser op ‘n nuwe aarde vir ewig

Wat ons nou beleef is ‘n skaduwee van wat die werklike lewe regtig is. Hierdie lewe is sieklik en verswak terwyl die lewe wat God gee, lewendig en vol vreugde is. En God het dit aan ons gegee, aan diegene wat glo

GODSALIGHEID
Ons moenie dink dat ons lewe nou waardeloos is en dat ons eenvoudig net rondhang op aarde totdat ons geroep word na ons werklike huis of tot Christus se wederkoms.

Ons is ‘n missie gegee, naamlik om God te ken en om Hom bekend te maak. En in hierdie lewe is God besig om ons te verander in goddelike mense. Die mooiheid is dat ons alles wat ons nodig het om te groei in die godsaligheid, is aan ons gegee. Ons is ‘n nuwe hart en gees gegee, ons het die woord van God, en ons het die Heilige Gees homself wat in ons woon.

En hoe meer ons, ons missie uit leef van die kennis van God hoe meer is ons verander en groei ons in godsaligheid, want om God te ken verander mense.

Hierdie naam wat God vir homself het, Jehovan Jira (Die Here voorsien) is so belangrik, want dit verset die leuen in ons hart wat ons mislei om te glo dat God suinig is. Hy is nie. Hy is vol met vrygewigheid teenoor sy mense.

“Prys die Here! Die Here ons God, die Almagtige, heers nou as koning.” Openbaring 19:6.

Kyk na Jesus

110415_1718_Bekendstell3.png


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s