Week 2: Jehovah Rohi


deur WhitneyD | Nov 16, 2015 |Name van God

_________________

God se naam is Jehovah Rohi wat “Die Here is my Herder” beteken

_________________

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Net hierdie week herleef ek die kleuter dae vir ‘n moeë mamma vriend. Ons glimlag en skud ons koppe soos ons beide snaakse- sowel as ongelooflik verfynde oomblikke wat ons ervaar het in daardie strekende ouerskap jaar, deel.

Is dit net ek, of voel dit soms asof kleuters byna altyd die teenoorgestelde van wat hul huidige situasie is, wil doen?

Wanneer ek links gegaan het, wou hulle regs gaan

Ek gespe hulle vas in die kruideniers kartjie. Hulle verlang om te loop.

Ek bedien kos op ‘n bord. Hulle verkuif dit stiptelik na die vloer.

Ek roep hul naam. Hulle draai om en hardloop weg in die ander rigting so vinnig as wat hul beentjies hulle sou dra.

Ha.

My verlange te wees onafhanklike kleuters het geweet wat hulle wou hê en het agter dit gegaan met volle krag. Met beperkte kennis van die wêreld rondom hulle en ‘n lae toleransie vir enigiets wat gewaag het om in hul pad te kom, het hulle dikwels deur die lewe getuimel en het baklei vir hulle eie manier met elke greintjie energie wat hulle gehad het.

En dit was nie altyd mooi nie.

Maar talm lank genoeg en ek weet wat ek opgemerk het na byna elke enkele poging van hulle om hulle eie pad te gaan? Hulle het dikwels nederig, honger of seer terugekeer… verlangende om weereens herenig te word met hulle mamma. Daardie ding wat hulle so passievol in die teenoorgestelde rigting agtervolg het was nie beter na alles nie.

En wanneer hulle nie op hulle eie terugekeer het nie?

‘n Ma weet dat daar is tye wanneer sy dié wat sy liefhet moet soek.


Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is.

Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my.

In u hande is ek veilig.

U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk.

U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid.

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees

in die huis van die Here tot in lengte van dae.

Psalms 23

Soos ‘n hardkoppige kleuter, veg ek ook vir onafhanklikheid en gaan ek my eie pad. En daar was tye toe ek teruggekeer het na my Vader verneder, honger of seer … en erken dat Sy manier is beter, en verlang weereens ‘n soet verhouding met Hom.

En dié kere wanneer ek ook te hardkoppige was om terug te keer op my eie?

My barmhartige, liefdevolle Herder is lankmoedig en soek my tot die einde. Hy voorsien … alles wat ek nodig het vir die lewe en goddelikheid (2 Petrus 1:3).

Liefdevol wys Hy my dat ‘n vol lewe in Hom beter is as my tydelike wêreldse wil (Johannes 10:10)

Hy lei … in ‘n wêreld gevul met afleiding, gevaar en chaos, het HY sy Woord voorsien om my pad te verlig (Psalm 119:105) en sy Gees om my te lei in alle waarheid (Johannes 16:13).

Hy herstel … die sondesieke, die gebroke, die moeë. Wat die wêreld hopeloos noem en te ver weg, het Jesus die mag om nuut te maak (2 Kor 5:17). Selfs wanneer ons dood was in ons sonde, het hy ons lewendig gemaak in Christus (Ef 2: 4-6)!

Hy troos … Prys die Here dat Hy nie ‘n onbereikbaar Verlosser is nie! In plaas daarvan is Hy simpatiek in lyding (Hebreërs 4:15) en troos my in oorvloed soos ‘n moeder haar kind troos – met onverdiende genade, teerheid en deernis (Jesaja 66:13).

Hy soek … hy los die nege en negentig en soek vir die verlore een en gee nie op totdat hy gevind word nie (Lukas 15: 3-7). Sy geduld is onpeilbaar, omdat sy harts bekering is vir almal (2 Petrus

Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.

Het jy al jou eie pad gegaan en jouself verlore en moeg gevind in die vallei ?

Vriend Kom huis toe.

Selfs in die vallei – veral in die vallei – jou liefdevolle Herder verlang om alles wat jy nodig het te voorsien.

By Sy voete,


*KOM ONS PRAAT: Hoe het God vir Jou voorsien in die vallei

{Week 2} Uitdaging: Spandeer tyd en doen navorsing oor die werklike lewe van ‘n herder en die maniere hoe hy sorg vir sy skape. Watter addisionele parallelle kan jy vind wat die pragtige maniere van hoe God vir ons omgee, illustreer?

Video

Week 2: Memoriseer Vers:


Week 2: Leesplan:


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s