Die Goeie Herder


Die Goeie Herder

Deur Angela | Nov 17, 2015 | LGG Bybelstudies, Lief God Grootliks, Name van God


Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde:

die lammers maak Hy bymekaar in sy arms en

Hy dra hulle teen sy bors, Hy sorg vir die lammerooie.

Jesaja 40:11

God is my Herder

‘n Paar weke gelede het ek en my man uitgevind dat ons lieflike klein Brinnley oogchirurgie sal moet hê op albei haar oë om haar Strabismus reg te maak in die komende jaar.

Terwyl dit nie op enige manier lewensgevaarlik is nie, maar die gedagte dat ons vierjarige dogtertjie ‘n operasie op albei haar oë op dieselfde tyd moet hê, veroorsaak dat hierdie mamma se hart angstig word.

Tog God, in sy perfekte tydsberekening herinner my deur die verse hierdie week, dat Hy is my Here en Hy is ‘n GOEIE Herder

Hy gaan voor my …. Baie tye jare vooruit

Meer as tien jaar gelede is my man, terwyl hy in residensie was, aangestel om ‘n groep prettige en enerieke mediese student te leer gedurende hulle ER rotasie. As jy my man geken het sou jy geweet dat hy ‘n WONDERLIKE onderwyser is en altyd daarvan gehou het om dinge super pret en innemende te maak… selfs in die ER. Een van die meisies in hierdie besondere groep het haar ER rotasie so baie liefgehad het dat sy besluit het om in Nood Medsyne te gaan nadat sy mediese skool gegradueer het. Maar ‘n jaar in haar residensie program het sy besef dat dit nie die ER wat self so prettige en opwindende was nie; dit was omdat my man dit so gemaak het soos hy haar groep geleer het. Om ‘n lang storie kort te maak, verander sy haar spesialiteit en eindig op in Oogheelkunde.

___________________________

Soos die dokter haar ondersoek van Brinnley se oë voltooi het, draai sy na my toe en vra: “Is jy by enige kans Dr Perritt se vrou? “Verras deur die vraag, het ek gereageer met ‘n ja, en gewonder hoe het sy my man geken aangesien hy nie by haar hospitaal werk nie. Sy vertel dat Dirk haar en haar groep mediese skool vriende jare gelede geleer het. Sy het voort gegaan en vertel hoeveel hulle almal hulle ER rotasie met hom geniet het – soveel so dat sy die een was wat oorspronklike in Nood Medisyne gegaan het!

Nou jare later, deur God se voorsiening, my ongelooflike Goeie Herder, versorg hierdie mamma se hart. Angs begin wegsmelt en ek weet my dogter is in goeie hande.

“Soos ‘n herder versorg Hy sy kudde,” – Jesaja 40:11

Ohhh vriende, ek kan julle nie vertel hoe God dit wat Hy tien jare gelede in haar lewe gedoen het, gebruik het om vir my troos te bring in die dokter se kantoor nie. Net die feit dat sy my man geken het, het my gehelp om te ontspan. Maar God was nog nie klaar met sy ongelooflike verassings nie

Nie net het ons dokter Dirk geken nie, maar haar eie dogter het dieselfde oogtoestand as Brinnley gehad en het deur dieselfde tipe chirurgie gegaan.

Ohhhh soete, Jesus!! U verbaas my hoe U die besonderhede van ons lewens saam weef! U is inderdaad ‘n Goeie Herder in hoe U hierdie klein kudde van myne versorg. Dankie.”

Ons is nooit ‘n lewe sonder chirurgie, storms, of hartseer belowe nie, maar God belowe dat ons nooit enige van hulle alleen deur gaan nie.

Dierbare vriendinne, ons dien ‘n ongelooflike God.

Ek is lief daarvoor wanneer Hy my seën met die geleentheid om sy handwerk in my lewe deur die ongelooflike besonderhede wat Hy so teer insoom, te sien. Vandag is ek dankbaar vir hierdie kykie in die hart van my liefdevolle, barmhartige God wie aktief in my lewe en in die lewens van my kinders werk.

Neem hart my dierbare vriendinne… julle is in goeie hande. Hy lei sagkuns daardie wat jongens het.

Ons mag nie altyd die draaie in die pad verstaan soos ons, ons Here volg nie, maar ons kan die hart van die Een wat ons lei vertrou.

Hy is ‘n Goeie Herder.

Love God Greatly!

110915_1532_3.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s