Die Getroue Herder

by Jen Thorn | Nov 20, 2015 | Lief God Grootliks – Name van God


Erken dat die Here God is:

Hy het ons gemaak en ons is Syne,

ons is sy volk, sy eie kudde.

Psalms 100:3

Die meeste van ons is vertroud met Psalm 23. Dit is ‘n pragtige gedig wat ons wys dat God is soos ‘n sagte, vriendelike en beskermende herder vir sy volk. Maar Psalm 23 is nie die enigste keer waar hierdie beeld gebruik word nie. In Psalm 100:3 word die volk van God weer beskryf as skape, skape wie veilig is en voorsien word in die weiding van God. Skape kom bymekaar rondom hulle herder en hy lei hulle na weivelde waar hulle, hul vol kan eet.

Die Here is ons Herder! Hy is die een wie omgee, voosrsien en ook baklei vir sy eie- vir jou!

God voorsien ons dalk met fisiese kos sodat ons kan groei, sterk wees en gesond wees, maar meer belangrik, Hy gee vir ons geestelike voedsel sodat ons siele gevoed kan word. Fisiese kos is belangrik vir hierdie lewe, maar jy kan jou hele lewe spandeer om jou eie organiese kos te groei, te eet en te oefen en skoon te maak maar dit beteken niks as jy nie die ewige lewe het nie.

As skape, lewe en beweeg ons in God se weiveld. Wat is hierdie weiveld?

My vriende, dit is die Woord van God!

“Wat is hierdie ‘groen weivelde” maar die Skrifgedeeltes van waarheid – altyd vars, altyd ryk en nooit uigeput nie? Daar is geen vrees van kaal grond byt waar die gras lank genoeg is vir die kudde om daarin te lê. Soet en vol is die leerstellings van die evangelie; voedsel vir siele, soos jong gras ‘n natuurlik nutriënt vir skape is. “

C.H. Spurgeon

Jou Bybel is soet en bevredigende kos vir jou siel wat jy daagliks moet eet. Om dit in te neem, om dit te kou en om te verteer vul jou met die waarheid en versterk jou hart. Sulke waarheid, soos Christus se ongelooflike liefde vir ons, spoor ons geloof aan, lei tot vrede, stel ons in staat om te rus, om tevredenheid te vind, oorloop van blydskap, en ervaar verversings. Dit is wat ons in staat stel om goed te ly en troos te vind in die donkerste van tye.

Het jy al ooit vir rukkie gegaan sonder om jou Bybel te lees? Het jy opgelet dat jy begin om geesteklik swak te voel? Selfs as jy nie verskillend “voel” nie, is dit waarskynlik om dat jy swak raak. Deur die verwaarlosing van die “groen weivelde” van God se Woord, sal ons dwaal in gevaarlike terrein, verstrengel raak in dwaasheid, en in ‘n put van sonde val, en ons siele sal honger sterf.

Maar God is ‘n getroue herder. Hy trek ons aan, gee vir ons kos, bevriend ons, beskerm ons, en wys ons om watter pad te gaan.

Soos Frank Hall sê “Die Here Christus is alles vir my behoeftige siel.

Kyk na Jesus

110415_1718_Bekendstell3.png


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s