Verruil angstigheid vir vrede…


Verruil angstigheid vir vrede…
Deur WhitneyD/Nov 25, 2015

Baie mense het ‘n “liefde met die eerste oogopslag” verhaal wanneer dit kom by hulle eggenote, maar my verhaal van hoe ek Tyler se vrou geword het, het nie presies op daardie manier begin nie.

Ons lag nou daaroor, want agtien jare saam en nog meer wat voorlê, o hoe het God ons liefde geseën. Maar kom ons sê dat die pad na verhoudingshelderheid ‘n lang en kronkelende weg was met ‘n ompad of twee langs die pad. Nadat ons vir baie jare ‘n baie noue vriendskap gehad het, het die grootste ompad gekom toe Tyler uiteindelik die moed bymekaargeskraap het om vir my te sê dat sy hart baie meer as net vriendskap vir my ingehou het. Ek het daardie aantreklike seun vierkantig in die oë gekyk en hom vertel dat vriendskap al is wat ek op daardie stadium vir hom kan bied.

Aaahhh.

Onmiddelik het ‘n breuk in ons verhouding ingetree. Ons harte het angstig geword, en ons vreedsame interaksie het verander in verskillende vorme van verwarring.

En ons het vir maande nie gepraat nie.

Wat ek later uitgevind het is dat Tyler baie doelgerig was tydens ons tyd weg van mekaar. In plaas daarvan om rond te hang vir baklei, of homself te dompel in bekommernis, het hy ‘n doelbewuste poging gemaak om weg te tree en sy begeertes vir ons verhouding na God te neem.

Hy en ek het ‘n breuk gemaak, maar Hy en God het nog meer as ooit gepraat.


“Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.”
– Filippense 4:6-7

Tyler het nederig hierdie verse sy fokus gemaak terwyl hy uitgeroep het na God. Vandag kan ek skaars hierdie verse lees sonder om oorweldigende emosie en dankbaarheid te ervaar, want Tyler se stap van geloof om sy angstige hart na Jesus te neem spreek so pragtig van wat hy geglo het van sy Verlosser.

Hoe ons optree ontbloot wat ons dink oor God…

Sterk woorde? Miskien.

Maar luister, wanneer jy en ek voortgaan op die pad van angstigheid, kommunikeer ons aan ons harte en aan die wêreld dat ons God nie groot genoeg, nie vertrouenswaardig genoeg of wys genoeg is om vir ons te sorg op Sy manier en Sy tyd nie. Alternatiewelik, wanneer ons rus in God en draai na Hom in danksegging en gebed, dan preek ons vir onsself – en aan almal rondom ons – dat ons vertroue tereg verseker is in die genade, soewereiniteit, en goedheid van ‘n God wat sien en voorsien.

Die resultaat van die laasgenoemde? Soete, volgehoue vrede. Die mense rondom ons sal dit in ons woorde hoor en hulle sal dit kan sien op ons gesigte.

Verruil angstigheid vir vrede…

‘n Verhouding status mag dalk nietig lyk in vergelyking met wat jou hart vandag angstig maak. Op ‘n groter skaal is ons in die laaste paar dae daaraan herinner dat ons in hierdie wêreld probleme gaan hê. Baie van julle veg ook met baie moeilike persoonlike omstandighede, wat voel asof dit meer is as wat julle kan dra. Of ons die nuus kyk, foute maak in ons verhoudings, of die ewige dorings in ons vlees veg, elke dag bied unieke geleenthede om te draai van angstigheid na vrede.

Maar hoe kom ons daar?

In Filippense 4, lei Paulus ons:

  1. Moet oor niks besorg wees nie. Ek gaan nie probeer voorgee dat dit maklik is nie, maar as die Bybel dit sê, dan is dit moontlik met God. Jesaja 26:3 sê: “en wat op Hom vertrou.

    Gee aan hulle vrede en voorspoed, Here, want hulle het hulle vertroue op U gestel.” Dit mag dalk nie oornag gebeur nie, maar wanneer ons die keuse maak om regte denke, gebasseer op wie God is en die waarheid van Sy Woord, te lees, te bid, te fokus en vir onsself te herhaal, dan is daar minder en minder plek in ons gedagtes vir angstige denke.

  1. … maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend.
    Op die weg na vrede vind ons hierdie baie belangrike stap van gebed en danksegging. Wanneer ons nederig na God gaan met ons versoeke met ‘n dankbare hart – een wat terugkyk en al die goeie dinge erken wat God gedoen het – ‘n vrou wat doelgerig vlug van kommer, sal meer fokus op die bewyste betroubaarheid van Christus en minder op haar veranderende omstandighede.
  1. “En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.” God se vrede is veel groter as enige iets wat die wêreld kan bied. Hoekom? Want ware vrede word nie gevind in ‘n formule nie, maar in die Persoon van Jesus Christus. Hierdie “onverklaarbare” vrede een van ons grootste oop deure om die hoop van Christus met die mense rondom ons te deel. Wys my ‘n vrou wat onverstaanbare vrede in moeilike tye uitstraal, en ek sal vir jou ‘n skare wys wat vra wat – Wie – maak dit moontlik.

“Vrede is nie die afwesigheid van probleme nie, maar die teenwoordigheid van Christus” – Sheila Walsh

Sal die mense in jou lewe jou klassifiseer as ‘n angstige vrou of ‘n vreedsame vrou? Daardie antwoord mag dalk net ‘n venster na jou hart wees, wat wys wat jy regtig glo oor God.

Vredevors, heers in en oor ons angstige harte…

By Sy voete,

111615_1357_Week2Jehova3.jpg

 

 

 

 

KOM ONS PRAAT: Kom ons offer dank na ons God vir wie hy is. Deel jou gebed van dankbaarheid in die kommentaar hieronder.


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s