[Groei Deur Gebed) is nou beskikbaar in SEWENTIEN Vertalings!!

 [Groei Deur Gebed) is nou beskikbaar in SEWENTIEN Vertalings!!

deur WhitneyD | Jan 6, 2016

Soos ons begin aftel na die begin van ons volgende studie, is dit ons uiterste VREUGDE en EER om aan te kondig dat ons Groei Deur Gebed studiemateriaal nou beskikbaar is in SEWENTIEN VERTALINGS!!

(Gaan voort en spring op en af… Ek weet jy wil!)

Lees hierdie kosbare woorde deur ons vriendin Edurne, vertaler en Direkteur van LGG Spaans, om ‘n kykie te kry na die hart agter hierdie verlangde- hulpbronne wat vroue regoor die wêreld bereik:

____________________

"Elke nuwe sessie hardloop ons om ons materiale te vertaal, om prentjies te maak, en om alles gereed te kry vir hierdie dag... die dag wanneer LGG vertalings beskikbaar gestel word.

Ons kerf al die tyd uit wat ons kan van die 24 uur wat ons elke dag het. Ons slaap nie, hardloop deur die dag om ons familie kos te gee, ons huise skoon te maak, kruideniers te koop, en goed te bak vir ons plaaslike kerk. Ons maak geestelike “to-do lists” by die werk, neem ons skootrekenaars na ons kinders se oefenings toe, en steek ons fone weg sodat ons nie afgelei word nie.

Ons moes nuwe vaardighede aan leer en om ons skedules te span – ons lewens! – om die sperdatums na te kom .

En soms vra die mense rondom ons hoekom. Hoekom werk jy hou so hard om dit te doen?

O, ek hou so daarvan om om gevra te word, hoekom! Dit gee my die geleentheid om die persoon wat vra, te vertrel oor Juana, die bejaarde vrou wat in die oerwoud van Venezuela wag vir die vertalings om in haar dorpie te arriveer. Ek vertel van hierdie dame in Costa Rica wat gesien het hoe haar volwasse dogter tot Christus gekom het deur een van haar LGG groepbyeenkomste. Oor Danae van Peru, wat kopieë van ons tydskrifte maak en hulle na haar plaaslike kerk toe neem. Oor Maria Celeste, van Argentinië, wat haar vier kinders bymekaar kry om die studie te doen om God se woord in hul klein harte te kry. En ek vertel van vrou ná vrou regoor die wêreld wat op ons reken as hul enigste bron om God se Woord te bestudeer

We do it for God.

Ons doen dit vir God.

En ons doen dit vir hulle.

Ons doen dit omdat God ons die voorreg gegee het om vroue te help groei in Hom … om vroue te help om ander met die evangelie te bereik.

So die volgende keer wat jy my sien, vra my asseblief hoekom.

En ons sal koffee drink en ‘n lang gesprek hê oor my Redder.”

{Lief God Grootliks Bybelstudie en Leesplanne is diep in die woude van Venezuela!}

____________________

Ons kom vandag nederig voor u om Groei Deur Gebed studie hulpbronne in die volgende ander tale aan te bied:

Afrikaans.

Chinese.

Duits.

Frans.

Italiaans.

Grieks.

Hausa.

Hungarian.

Japanees

Nederlands.

Pools

Portugees.

Slovak.

Slovenian.

Spaans.

Tagalog.

Tsjeggiese.

Wanneer ek dink oor vroue wat letterlik regoor die wêreld bymekaar kom soos susters in Christus, wie hartstogtelik op soek is om God te leer ken deur sy Woord, voel ek of ek ‘n klein blik van die hemel kry. ‘n Groot DANKIE aan die ongelooflike vroue wat hierdie vertalings moontlik gemaak het. BAIE gebede, tyd, moeite en opoffering het in gegaan in hulle arbeid van liefde, sodat selfs MEER vroue bereik, geïnspireer en aangemoedig kan word deur die LGG gemeenskap, en die belangrikste, deur die saam bestudering van die waarheid van God se Woord.

Kan jy – of iemand wat jy ken – voordeel uit die GRATIS hulpbronne vir ons Groei Deur Gebed studie in een van die tale hierbo gelys, kry? Kliek eenvoudig op die skakel hieronder om toegang tot ons Groei Deur Gebed Leesplanne en Studie joernale vir die SEWENTIEN vertalings wat hierdie sessie aangebied word, te kry

GROEI DEUR GEBED VERTALINGS

AFRIKAANS STUDIE MATERIAAL HIER BESKIKBAAR

En dan doen ‘n klein viering dans met ons … en dank God vir die groot dinge wat Hy gedoen het!

“sodat sy dade oor die wêreld heen bekend mag word, sy reddende krag onder alle nasies”. – Psalms 67:3

By Sy voete,


Groei Deur Gebed begin hierdie kommende Maandag, 11 Januarie. Dit is nie te laat om ‘n paar vriendinne te nooi en by ons aan te sluit nie. Wil JY nie 2016 saam met ons in God se Woord begin nie

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s