Onttrek om te bid…


Onttrek om te bid…

deur WhitneyD |18 Jan 2015|

Dit is my realiteit…

Ek lewe in ‘n wêreld gevul met geraas.

Van die tyd wat ek opstaan tot ek my kop elke aand op my kussing neer lê, is daar byna altyd iets wat meeding vir my aandag. Daar is skedules om te hou, mense om te voed, telefoon oproepe antwoord, werk sperdatums om te ontmoet, wasgoed te vou, huiswerk te monitor, projekte voltooi, diens verpligtinge na te kom, buitemuurse aktiwiteite by woon … en die lys gaan aan en aan (geen grap nie, in die tyd wat dit neem geneem het om daardie sin te tik het ek vier nuwe sms-boodskappe ontvang). En as ek toevallig ‘n paar ekstra minute vir myself het? Wonder ek of ek dalk iets vergeet het, of ek uitgewoonte die leë spasies vul met nog meer geraas, of ek raak binne drie minute vas aan die slaap.

Asseblief, iemand sê dat julle verstaan

Ek weet wat jy dink. Natuurlik is geraas nie noodwendig ‘n slegte ding nie. Trouens, baie van die volheid in ons lewens kom van die ongelooflike seëninge van mense, geleenthede, en die roepings wat reguit van God homself kom. Maar sonder behoorlike balans, eise van die lewe en die “geraas gewoonte” waarin ons dikwels val, kan ons beroof word van die spanderring van opsetlike tyd saam met God wat so noodsaaklik is vir ware lewe.


Jesus het gelewe in ‘n wêreld gevul me geraas.

Die opdrag van neerdaal na die aarde om die verlore te soek en te red was beslis ‘n voltydse werk. Jesus is gebombardeer deur konstante skares, eise en geleenthede om goed te doen. Selfs na ‘n lang harde dag se werk, daar was altyd ‘n ander dorp, ‘n ander behoefte … ‘n ander siel wat Sy aandag nodig gehad het.

Die geraas en die nood was Sy Roeping.

Maar in plaas om voortdurend in die geraas te bly, het Jesus dikwels gekies om terug te trek na ‘n stil plek om tyd te spandeer in die teenwoordigheid van Sy Vader.

Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na ‘n eensame plek en daar gebid.

Na Hy hulle weggestuur het, het Hy by homself op die berg gegaan om te bid.

Een van daardie dae het Jesus uitgegaan na die berg om te bid en het die nag deurgebring in gebed tot God.

Hy het ‘n klip gooi van hulle onttrek, geknieël en gebid.

Een keer toe Jesus alleen was om te bid …

As Jesus alleen tyd nodig gehad het in gebed met Sy Vader, hoeveel dan meer het ons dit nodig.

Luister, ek is reg daar saam met jou: die lewe is besig en die geraas lyk soms onmoontlik om te ontsnap. Maar ons maak tyd vir dit wat ons waardeer, doen ons nie? Ons stel ons telefoon se alarms sodat ons seker is dat ons nie belangrike werk vergaderings mis nie en ons gunsteling TV-programme nie mis nie , maar ons sal vir dae gaan sonder om te bid, want die lewe is net te vol. Dit, of dalk is ons net te vol van onsself.

Maar wat daarvan in plaas om tien minute van meer slaap, stel ons ons alarms om vroeg om op te staan… om te bid?

Wat daarvan in plaas van om ons “smart” fone by ‘n robot of in ”n hyser uithaal… bid ons?

Wat daarvan in plaas om op te vang op sosiale medie of ons vriende sms stuur (sug)… ons eers tyd neem om te bid?

Wat daarvan soos ons werk toe of skool toe ry ons die radio afskakel en in die oomblik van stilte… ons dag verbind na gebed?

Wat daarvan in ons etenstyd ons ontsnap na ‘n plekkie buite in die natuur… vir die enigste doel om met God te skakel deur gebed?

Wat daarvan – by ‘n GEBEDS BYEENOMS – ons minder tyd spandeer om te praat en meer tyd spandeer om te bid?

Wat daarvan in ons besigte geraas tyd, ons doelgerig kies om na ‘n stil plek te gaan en tyd spandeer in die teenwoordigheid van ons Vader?

Want ons lewe in ‘n wêreld wat gevul is met geraas reg om ons, en kan ons nie bekostig om NIE te onttrek om te bid nie.

Vader, draai ons harte om gebed meer te waardeer as die geraas…

Ek wil dus hê dat die mans by elke plek van samekoms met ‘n skoon gewete hande in gebed tot God moet ophef, vry van onmin en twis. – 1 Timoteus 2:8

By Sy Voete,


* Kom ons praat : Sal jy vandag jouself verbind om te onttrek van die geraas om te bido? Vertel ons hieronder in die kommentaas wanneer en waar jy sal bid, en een vir een, laat ons mekaar aan moedig en ‘n gebed herlewing regoor die wêreld begin!

{Week 2} Uitdaging: Vir een hele dag – van die tyd wat jy opstaan ​​in die oggend tot jy gaan slaap in die nag – maak ‘n gedetaileerde rekord op ‘n vel papier van hoe jy jou tyd spandeer. Is ‘n tyd van opsetlike gebed reeds geskeduleer in jou dag? Indien nie, bepaal watter veranderinge jy nodig het om te maak om onnodige ” geraas” uit te skakel sodat gebed ‘n groter prioriteit onder jou daaglikse take word.

{Week 2} Video

{Week 2} Leesplan:


{Week 2} – Memoriseer Vers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s