Gebed Verhoog Ons Afhanklikheid na God

Banner Vrydag

Gebed Verhoog Ons Afhanklikheid na God
Deur JenThorn|22 Jan 16

‘n Paar jaar gelede het ek besluit om ‘n appelboom te plant. Ek het ‘n klein baba boompie bestel, wat gelyk het soos ‘n stokkie met een blaar aan. Ons het dit liefdevol die naam gegee: “die appelstok”. ‘n Paar jaar het verbygegaan, en my klein appelboompie het steeds gelyk soos ‘n stok met een blaar aan. Ek is nie eers seker of dit enigsins langer gegroei het nie. Dit het geen ekstra takke gegroei nie, en definitief geen appels gedra nie. Ek is nie seker presies hoe lank ons die appelstok gehad het nie, maar op een of ander stadium is dit met die grassnyer afgesny, en dit was die einde van my poging om ‘n boom te laat groei.

Die enigste ding wat in my erf floreer, is onkruid en distels. Ek weet niks van bome nie, so wanneer ek verse in die Bybel lees wat enige iets te doen het met plante, dan voel ek ‘n bietjie uit my element.

In Johannes 15 vertel Jesus ons dat Hy die wynstok is en ons die lote. As ons wil vrugte dra, moet ons in Hom bly, want sonder Hom kan ons niks doen nie.

Ek hou daarvan as Jesus intens raak, maar wat bedoel Hy met hierdie woorde?

Bly in My

Dit beteken om te bly of te rus in iets of iemand. Jesus het dit baie duidelik gemaak dat ons in Hom moet rus. Ons moet ons woning in Hom maak. Ons moet so na aan Jesus gebind wees dat Hy ons asem is.

En die rede hoekom dit so belangrik is, is omdat ons niks sonder Hom kan doen nie! Klink dit nie ‘n bietjie vreemd nie? Ek kan op my eie loop en praat. Ek kan na die winkel gaan, besluite neem, met mense kommunikeer, my kar bestuur, pret hê met my vriende, eet en asemhaal, selfs wanneer ek nie aan Jesus dink nie. As ek rondom my kyk, kan meeste mense ook hierdie dinge doen, en nog meer. Selfs dié wat God haat.

So waarvan praat Jesus as Hy sê “sonder My kan julle niks doen nie”?

Alle dinge kom van God

As mense het ons hierdie ongelooflike gewoonte om baie van onsself te dink. Ons dink ons is outonoom en kan enige iets doen waaarop ons ons gedagtes fokus. Maar eintlik kom elke vermoë wat ons het en elke ding wat ons besit, van God, die gewer van alle dinge. (Jakobus 1).

Die fyn motoriese vaardigheid van ‘n chirurg, die analitiese denkvaardigheid van ‘n rekenaarprogrammeerder, daardie barmhartige hart van ‘n maatskaplike werkster, selfs daardie gesonde bene en sterk spiere wat ons ontwikkel deur harde oefening, is uiteindelik geskenke wat God vir ons gegee het. Dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee (Handelinge 17:25).

Dit geld ook vir ons geestelike lewe. Hy is die een wat lewe in ons dooie harte geblaas het, en dit versterk het met sy krag (Eseg. 36:25-27). Hy gee ons waarde en betekenis. Hy is die een wat ons sal onderhou tot die einde (Fil. 1:6), en help ons om te veg teen versoekings. Hy is die een wat ons weer sal laat opstaan.

Nou wat het dit alles met gebed te doen?

Gebed is een van die belangrikste maniere hoe ons in God bly. Dit is hoe ons ons afhanklikheid van God verhoog, want ons verstaan dat sonder Hom ons niks kan doen of wees nie. Hierdie afhanklikheid wat ons besef, veroorsaak dat ons na Hom toe gaan vir elke en enige iets.

Prakties lyk dit soos volg: As iets moeilik in ons lewens gebeur, moet ons eerste na God gaan, voordat ons na ons familie of vriende gaan. As iets wonderliks en goeds gebeur het, moet ons na God gaan in dankbaarheid, voordat ons vir ons vriende ‘n boodskap stuur. Wanneer ons hulp of wysheid nodig het, vra ons vir God vir leiding voor ons ons ouers skakel, en wanneer ons pyn het of hartseer is, dan huil ons voor ons Verlosser, voordat ons na enige iemand anders gaan.

Net soos dit die besigheid van kleremakers is om klere te maak en skoenmakers om skoene te maak, so is dit die besigheid van Christene om te bid.

– Martin Luther

Luther is so reg. Dit is ons besigheid as kinders van God, om na ons Vader te gaan vir alle dinge. Dit veroorsaak dat ons in Jesus bly, en dit veroorsaak ‘n groter afhanklikheid van die Een aan wie ons ons lewe en alles wat daarin is te danke het.

Kyk na Jesus.

010816_1413_nInleidingt3.png

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s