Die Psalms Bid


deur Joy Forney | Jan 24, 2016 |


Die Psalms Bid

Vir ongeveer 10 jaar was hierdie my gunsteling manier om te bid. Elke oggend, na ek my Bybel gelees het, het ek ‘n Psalms gekies en gebid as ‘n vorm van aanbidding aan die Here. Nie net leen al die Psalms hulleself tot lof nie, maar sommige doen baie goed, en vandag se Psalm is een van hulle.

So laat ons doeners van die Woord word en nie net hoorders en hierdie Psalms saam bid. Ek sal julle wys hoe. Kom ons begin!

Psalms 145: 1-13

n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. Elke dag wil ek U loof,    ek wil u Naam altyd prys. Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik.

O God, my God en my Koning, ek seën U naam vir ewig en altyd. Elke dag, insluitend hierdie dag sal ek U seën en U naam loof tot in ewigheid. U is groot, Here, en U moet grootliks geloof word en U grootheid is ondeurgrondelik.

Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel.

Here, baie in hierdie geslag is besig om van U weg te loop, maar Here, laat my vas staan en die baton van praat van U werke aan die volgende geslag aangee. Laat my aan almal wat ek ontmoet van U kragtige dade vertel sodat daar geen twyfel is dat ek U s’n is nie. Here, die prag van u heerlikheid is vir my te wonderbaarlik om selfs te verstaan. U heerlike werke is mooi en skouspelagtig. {Sit vir ‘n oomblik en dink of kyk na die natuur om te mediteer op Sy werke.} Al U werke loof U naam en ek verklaar U grootheid, Here!

           Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel.
           Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. Die Here is vir almal goed
           en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.

O Here, ek sal die roem van U oorvloedige goedheid uitstort en jubel oor U geregtigheid! U is genadiglik en barmhartig. Dankie. U is lankmoedig en vol liefde. O, dankie. U is so goed vir my, en vir almal, en u goedertierenheid is oor alles wat U gemaak het. Dankie.

Almal wat deur U geskep is, loof U, Here, en u troue dienaars prys U! Hulle vertel van u koninklike mag en getuig van u groot krag. Die mense moet weet van sy krag, van sy koninklike mag en majesteit. U koningskap is ‘n koningskap vir alle tye,u heerskappy strek oor die geslagte heen.

Soos ek rondkyk na al U kragte werke, gee ek dank, en sluit ek aan by al die heiliges in die seen van U naam! Ek sal praat van die heerlikheid van U koninkryk en vertel van U krag. Ek sal my kosbare kinders alles oor U vertel en wat U vir my gedoen het, en ek sal hulle vertel van die glans van U koninkryk en hoe U heerskappy duur van geslag tot geslag. O Here, U is getrou in al U woorde en U is gaaf in al U werke. Dankie. Dankie Here.

O vriende, ons het nounet saamgekom in die troonkamer van God !

Hier is twee boeke wat ek nuttig gevind het oor hierdie onderwerp : A Thirty Day Walk With God Through The Psalms by Nancy Leigh Demoss  and Praying the Bible by Donald Whitney

VIDEO

My uitdaging aan jou hierdie week: Vind ‘n ander Psalm wat jy in hierdie dieselfde manier wil bid, en probeer dit uit vir jouself!

Ek bid vir jou, vriendin!

Met liefde van Uganda,

Joy

joyforney.org

Week 3 – Leesplan


Week 3 – Memoriseervers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s