Bid & Moenie Opgee Nie

Banner Woensdag

Bid & Moenie Opgee Nie

by Angela | Feb 2, 2016 |

WK4D3 Woensdag

Bid & Moenie Opgee Nie

Ek dink my dogters het ‘n bladsy geneem uit “hoe om te kry wat jy wil hê” van die vrou wat in die gelykenis in hierdie Skrifgedeelte beskryf word.

Praat van volharding.

Hierdie weduwee gee net nie op nie! Sy vra weer en weer vir hierdie onregverdige regter om reg aan haar te doen, totdat hy uiteindelik so moeg is om haar te sien, dat hy gewillig is om in te gee en haar in haar regsaak te help, net sodat hy nie nie NOG EEN KEER met haar te doen hoef te hê nie.

Ek dink as ons eerlik is, was ons al almal daar, nie waar nie?

Ons het almal ‘n gebed of twee wat oor die jare onbeantwoord gebly het. Ons hou aan om te bid vir “__________” om te verander, of “so en so” om te verander en jaar na jaar sien ons geen verskil nie. Uiteindelik maak ons die aanname, gebasseer op die resultaat, dat God gekies het om selektiewe luister te gebruik…soos ons kinders op sekere dae, wanneer ons hulle vra om die skottelgoedwasser uit te pak of om hulle skoon klere weg te pak…., Hy het ook vir ‘n sekere rede gekies om nie hierdie gebed te beantwoord nie.

So wat moet ons doen? Wat moet ons reaksie wees in hierdie situasies?

Hou aan om te bid en MOET NIE MOED VERLOOR NIE!

Soek waarheid, in plaas van jou gevoelens of die opinies van ander. Hou aan om in God te bly. Draai na Hom ELKE KEER wat hierdie gebedsversoek in jou gedagtes opkom.

Vul jou hart en gedagtes doelbewus met waarheid, om die leuens wat aan jou vertel word te bestry.

Verse soos:

God antwoord gebede op Sy manier op Sy tyd. Psalm 40:1-3

Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom in opregtheid aanroep. Psalm 145:18

Ons het dus gevas en die hulp van ons God gevra vir die onderneming, en Hy het ons gebede verhoor. Esra 8:23

Die lof kom God toe wat my gebed nie afgewys en sy trou nie van my weerhou het nie. Psalm 66:20

Hierdie gelykenis is vertel om ons te leer van die belangrikheid van vurigheid in gebed.

Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. Lukas 18:1

MOET NOOIT OPHOU BID NIE!

Jy, vriendin, is nie alleen in jou neiging om ontmoedig te word omdat dit lyk asof hierdie een, spesifieke gebed nie beantwoord word nie.

Hierdie moedeloosheid mag selfs daartoe lei dat jy wonder of gebed regtig enige verskil maak.

Dit is gedurende hierdie tye dat ons moet teruggaan na WIE God is, en HOE baie Hy ons liefhet.

In hierdie verhaal is die weduwee swak, hulpeloos en die enigste persoon waarna sy kan kom vir hulp, is ‘n goddelose regter wat geiiriteerd is elke keer as sy voor hom verskyn om haar saak te pleit.

Hierdie regter gee nie vir haar om nie. Hierdie regter ken haar nie…hy het haar nie lief nie, so lief dat hy gewillig is om vir haar te sterf nie.

Nee, ons word in hierdie gelykenis vertel dat die regter geen vrees het vir God of mens nie.

Wat ‘n kontras met God, die bron van ons hulp.

God, wat ons liefhet, en vir ons is, vestig Sy guns op ons en Sy krag in ons. Ons God wil altyd die beste vir ons hê.

Wanneer daar ‘n vertraging is in die beantwoording van ons gebede, mag dit moeilik en definitief ontmoedigend wees…, maar hou vas aan die waarheid wat jy weet.

God het jou lief.

Terwyl jy wag op ‘n antwoord, hou aan om te bid. Hou aan om te volhard en groei in jou geloof en kennis van Hom.

God wil altyd die beste vir jou hê…as daar ‘n vertraging is…dan is daar ‘n rede vir dit.

Groei in Hom, bly in Hom en hou aan om Hom te soek!

‘n Antwoord sal kom.

“Die einde van alles is naby. Daarom moet julle selfbeheers en nugter wees, sodat julle kan bid.” Die druk van wêreldsgesindheid sal groter word soos die einde nader kom, daarom moet ons soveel te meer kyk en nugter wees sodat ons kan bid, en nie moedeloos word nie. (1 Petrus 4:7)

Kom Ons Praat: Hoe het jy volhard in gebed en wat het jy daardeur geleer?

Lief God Grootliks!

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s