Die Praktyk van Danksegging (En Aankondiging Van Volgende Studie)


Die Praktyk van Danksegging (En Aankondiging Van Volgende Studie)

Deur Joy Forney |Mar 1,2016


Die Praktyk van Danksegging

Ek is nie van nature ‘n dankbare mens nie. Ek word nie elke oggend wakker met lof op my lippe nie.

O, hoe wens ek, ek het.

My dierbare man het my nou die dag daaraan herinner dat ek neig om ongelukkig te wees waar ek is, maar dan dink ek terug met goeie herinneringe aan die plekke waar ek gewoon het.

Die 28 vierkante meter laaghout huis in ‘n klein dorpie in Alaska, bokant die Arktiese Sirkel, met geen lopende water? In daardie oomblik, was dit donker, koud, beknop en depressief. As ek aan dit terugdink? ‘n Sonderlinge klein woonhuis, my eie weergawe van die nou gewilde klein huis, ‘n pragtige hut van skuiling teen die koue daar buite.

Die klein huisie in die stad in Indonesië wat ons woning vir baie jare was? In daardie oomblik, het dit uitmekaar geval, dit was deurmekaar, met vloermateriaal wat nie bymekaar gepas het nie, en volop goggas. En die drukkende hitte en humiditeit saam met die onophoudelike klanke van tjankende honde en ander dinge, het my gek gemaak. As ek daaraan terugdink? ‘n Pragtige klein huisie wat al my beste familie herinneringe inhou, beminlike sonderlingheid van ‘n oulike huis, kompleet met palmbome, piesangbome en ‘n lemmetjieboom.

En dus, as ek nie versigtig is nie, kan ek begin om dieselfde ding van voor af te doen, hier in my huidige tuiste in Uganda. Ek is in sware versoeking om te kla.

En dit is hoekom danksegging en lofprysing noodsaaklik is vir almal, maar veral vir dié van ons wat neig tot onvergenoegdheid.

In die boek, Calm My Anxious Heart, vertel Linda Dillow die verhaal van ‘n sendeling wat in ‘n modderhut in oorweldigende hitte in Afrika gewoon het. Die interessante ding van hierdie vrou? Sy was ongelooflik tevrede en vreugdevol. Toe daar aan haar gevra is, hoekom, het sy met hierdie voorskrifte geantwoord,

-Moet jouself nooit toelaat om oor enige iets te kla nie, selfs nie eers die weer nie

-Moet jouself nooit sien in enige ander omstandighede of ander plek nie

-Moet nooit jou lot met enige iemand ander s’n vergelyk nie

-Moet jouself nooit toelaat om te wens dat dit of dat anders was nie

-Moenie nadruk lê op môre nie-onthou dat dit God s’n is, nie ons s’n nie

Ai tog.Hoeveel kere het ek gedroom ek klim op daardie vliegtuig, vlieg terug na Amerika, vind daardie oulike klein huis in die doodloopstraat, en bly die res van my lewe daar. Hoeveel kere het ek gekla, regtig gekla, oor die hitte, die modder, die reën. Hoeveel kere het ek nadruk gelê op al die môres, die wat asse, en die as dit maars.

Te veel kere, dit is hoeveel.

En dit, vriende, is hoekom God ons die pragtige genade gegee het om te leer om tot Hom te bid deur die gebruik van lofprying en danksegging.

Dit is hoe ons veg teen die onvergenoegdheid en die hartseer wat insypel. Dit is hoe ons ons gedagtes draai van ons teleurstellings na Sy goedheid.

Psalm 100:4-5 “Gaan sy poorte binne met dankliedere, sy tempel met lofsange, dank Hom, prys sy Naam, want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.”

Miskien sukkel jy nie om tevrede te wees waar jy is nie, maar miskien sukkel jy soos ek. Hoe ookal, ek wil hê dat jy reg hier, reg nou, bid en God dank vir alles wat Hy gedoen het, doen en sal doen in jou lewe. Loof Sy Naam vir sy magtige dade en sy standvastige liefde. Dit verander ons rou na dans en draai ons oë terug na waar dit behoort te wees.

“Twee vrouens kyk deur die tralies-een sien modder, die ander sien sterre.”

My gebed is dat jy en ek vandag na die hemel sal kyk en die sterre sal sien, en ‘n gebed van danksegging en lof tot God sal bid.

Laat hoor van jou: Sukkel jy om dankbaar te wees? Voel jy ooit ontevrede met wat God jou gegee het? Hoe het dankbaarheid ‘n rol gespeel in jou reis?

Met Liefde Van Uganda,

011516_1448_BidSonderOp3.jpg

 


Vriendinne, ons is SO OPGEWONDE om ons volgende agt-weke studie wat Maart 21 begin aan te kondig.- sluit by ons aan soos ons deur die boek van Prediker gaan.Alles kom tot niks, tot niks.” So begin en eindig een van die moeilikste en uitdagende boeke van die Bybel. Met die eerste oogopslag, kan hierdie boek blyk om ‘n depressiewe lees te wees. Dit beklemtoon die leegheid van die lewe en die nietigheid van so baie goeie dinge wat ons ervaar in die wêreld. Maar ‘n versigtige lees sal jou wys dat die volle boodskap is God verhef en vreugde – induserende. In hierdie studie van die boek van Prediker sal ons vra betreffende die betekenis van die lewe ons lei tot Salomo se wyse gevolgtrekking: dat ten einde vir een om die betekenis, doel, en tevredenheid in die lewe te vind, moet hy of sy God ken. Om die Here te ken, Hom lief te hê , Hom vrees, Hom volg, en ons identiteit in Hom vind is wat ons bevry om die tydelike gawes van die lewe te geniet en om verby daardie gawes te kyk tot die ewige lewe.


Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s