Week Een: Lewe Sonder God Is Tevergeefs.

deur Angela | Maart 21, 2016



Week 1 – Video

Gedurende die somer het ek ‘n artikel gelees oor Markus Persson, die ontwikkelaar van die gewilde video speeltjie, “Minecraft”. In die artikel vertel Persson dat hy sy videospeeltjie maatskappy verlede jaar aan Microsoft verkoop en het ‘n fortuin ingesamel wat diep in die BILJOENE bereik het. Hy het van die geld van die verkoop van sy maatskappy gebruik en onlangs ‘n 23.000 vierkante voet herehuis in Beverly Hills vir $ 70 miljoen dollar gekoop! Ten spyte van sy onlangse fortuin het hy in ‘n tweet hierdie afgelope somer bely dat hy nie gelukkig was nie.


Soos ek deur hierdie artikel gelees het, het ek gedink oor Koning Salomo en van al die dinge wat hy deel in die boek van Prediker.

Lewe sonder God is tevergeefs.

Nou Koning Salomo, van enigiemand, behoort die waarheid van hierdie stelling te ken. Dit was God wat Salomo geseën het met wysheid en rykdom. As geld, sukses, roem en krag, geluk kon bring tot ‘n mens se lewe … wel die boek Prediker sou ‘n bietjie anders lees.

Maar dit is wat ek HOU van hierdie boek … dit wys direk terug na die waardes van ons wêreld en beweer … dit is alles tevergeefs. Enigiets apart van God is tevergeefs.

En Salomo, die skrywer van Prediker behoort te weet.Hy het dit alles gehad.

Alhoewel die boek van Prediker ‘n duisend jaar terug geskryf is, die wysheid wat daarin gedeel word is vandag van toepassing.

Na ‘n lewe waar hy homself niks ontken het nie, skryf Salomo Prediker met die hoop en doel om die volgende generasie te wys dat om ‘n lewe te lewe apart van God is nuuteloos.

En al wat hierdie wêreld het om te offer is ‘n leë lewe.

Ek kan amper die hartseer deur die woorde van Salomo hoor soos Hy terugkyk op sy lewe en sy hartseer en teleurstelling verklaar in die keuses wat hy gemaak het en die ewige beleggings wat hy nie gedoen het nie.

Dit is amper asof hy ons gesigte in sy hande neem en ons vierkante in die oë kyk en sê

Moenie jou lewe mor s nie! Laat ek met julle deel wat ek geleer het en julle die hoofpyn en teleurstelling wat ek gevoel het oor my swak keuses, spaar …. lewe sonder God is tevergeefs,

Hoewel Salomo dit alles gehad het, keuse by keuse, dag by dag, kompromie by kompromie … met verloop van tyd het hy weg gedryf van God. Soos ons leer uit die foute van Salomo, hoef ons hulle nie te herhaal nie. Waar Salomo vervulling van alles “onder die son” gesoek het, kan ons kies om ons lewens te leef met ‘n ewige doel en dus lewens lewe vir “wat bo die son” is.

In die boek Prediker, gaan ons ‘n paar van Salomo se denke lees. Omdat Salomo sy oë van God afgehaal het en net vir homself gelewe het, het hy tot spyt tot die gevolgtrekking gekom dat die agtervolging van die dinge van hier die wêreld: krag, posisie, plesier en prestige, een laat leeg voel. Hy het die hele wêreld gehad om te offer en tog het hy nie die een ding gehad wat hy die meeste wou hê nie… bevrediging van ‘n lewe goed geleef. As gevolg van sy keuses en om ver te woon van God, het Salomo pessimisties en skepties geword soos hy ouer geword het. Ongelukkig het hy die lewe beskou van die perspektief van die wêreld s’n eerder as God s’n.

Maar dierbare vriende, ons hoef nie dieselfde foute te maak as Salomo gemaak het nie! Prediker bied aan ons ‘n rykdom van lesse om ons gedagtes en harte terug te fokus op wat werklik saak maak … God.

Oooek is so opgewonde dat julle by ons aansluit vir hierdie volgende agt weke soos ons saam delf in Prediker! Wat ‘n kragtige en tydige studie hierdie salwees!

Vir die van julle wat nuut is by Lief God Grootliks, dit is hoe ons studie werk:

  1. Ons het Maandae-Woensdae-Vrydae ooreenstemmende blog boodskappe wat jou sal help om ‘n beter insig en toepassing te kry in ons daaglikse Skriflesing.
  2. Elke dag het ons verse toegewys om te lees vir die week en elke Maandag bied ons die weeklikse leesplan aan in ons Maandag “blog post”! (Saam met die memoriseerverse en weeklikse video’s) Jy kan ook ons volle 8 week studie leesplan in ons joernaal aflaai van ons webwerf .
  3. Om God se Woord te lees is uiters belangrik, maar ons wil dit ‘n kerf op neem en eintlik die daaglikse Skrif uitskryf in ons joernaal en proseseer wat ons lees en leer met behulp van die SOAP metode. As jy nuut is tot hierdie metode van God se Woord te leer, raai ek aan om dit uit te probeer! God se Woor d sal lewendig word soos jy nog nooit tevore gesien het soos jy fokus op uitskryf van elke woord en sodoende dink oorwat die verse beteken en hoe om dit persoonlik van toepassing te maak op jou lewe. 
  4. Terwyl alleen bestudering van God se Woord wonderlike is, om met ‘n groep vriendinne te s tudeer is nog beter! Voel vry om jou eie groep te vorm, of sluit aan by ons geslote groep aan of sluit aan by ons Facebook-bladsy

U kan aansluit by een van hierdie

Facebook: @LiefGodGrootliks
Instagram: @liefgodGrootliks
Pinterest: @LiefGodGrootliks

Ons Prediker Studie Joernaal is vertaal is 18 verskillende tale.

Klik hier om uit te vind watter en maak seker om hierdie pos met julle Sendeling pastore te deel by jou kerk!

Koop ‘n kopiee van ons Prediker Study Joernaal

Hier is wat ‘n paar vroue het om te sê oor ons Joernale:

Hierdie joernaa \l hou my georganiseer en ek sou sê dit is die moeite werd om te koop, dit is pragtige, daar is soveel ruimte vir skryf, en ruimte vir gebede . Ek is lief om te skryf, en hierdie joernaal pas so perfek vir my. Mal daaroor – Marilyn C.

Ons Prediker leesplan is nou ook beskikbaar op YouVersion, klik hier om te begin!(Geliewe daarop te let dit is net in Engels beskikbaar

https://www.bible.com/af/reading-plans/2341-love-god-greatly-ecclesiastes

Week 1 Uitdaging: Koning Salomo het toe gelaat dat sy fokus in die lewe skuif van God tot die wêreld. Lys een manier waarop jy doel bewus seker gaan maak dat die besluite wat jy maak is God gefokus eerder as wêreld gefokus. Deel hoe jy dit sal doen met die vroue in jou groep of met ‘n vriendinne.

Week 1: Leesplan


Week 1: Memoriseervers


Kom ons praat: Ons sal daarvan hou om al die vroue van regoor die wêreld wat deel neem aan ons studies te ontmoet! Deel vandag in die kommentaar van watter land jy is.

Lief God Grootliks

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

Advertisements

2 thoughts on “Week Een: Lewe Sonder God Is Tevergeefs.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s