Wat Maak Die Lewe Die Moeite Werd?

deur Jen Thorn | April 1, 2016

Prediker. Vrydag

w2d4blank

Wat Maak Die Lewe Die Moeite Werd?

Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ‘n gawe uit die hand van God is. Wie kan eet, wie kan geniet as Hy dit nie moontlik maak nie? Prediker 2:24-25

Wat is die mees belangrikste? Waar kom vreugde en geluk vandaan? Wat is blywend? Wat maak die lewe die moeite werd? Solomo het gesukkel om die betekenis van die lewe te vind, en so begin hierdie eksperiment om verskillende dinge wat mense op prys stel, uit te probeer, om te sien of hy ware tevredenheid in dit kan vind.

Hy begin met wysheid en kennis, en kom tot die gevolgtrekking dat dit tot meer vrae en frustrasies lei, omdat nie alles ‘n antwoord het nie. Dan stel hy allerhande soorte plesiere op die proef, maar sien dat dié jou leeg laat en jou laat hunker na meer. Volgende gee hy hom oor aan sy werk, en weereens sien hy die leegheid daarin om hard te werk, net om alles wat hy bereik het, te los vir iemand wat na hom kom. Iemand wat dalk minder gekwalifiseerd is, minder hard werk, minder omgee of minder dankbaar is.

Ek kan nie help om te dink aan al die mense wat deel van die lewe in Hollywood is nie. Lyk dit nie asof hulle permanent soek na daardie meer oorvloedige leefstyl nie? Een herehuis is nie meer genoeg nie, ‘n motorhuis gevul met tien eksotiese karre benodig ‘n elfde. Vyf miljoen doller per film, moet nou twaalf miljoen wees.

Terwyl dit maklik is om die vinger te wys, is niemand van ons onskuldig nie. Ons doen dieselfde ding op ‘n kleiner skaal. Hoe vinnig voel nuwe klere nie oud en ongepas nie? Hoe vlietend is daardie gevoel of reuk van ‘n nuwe kar nie? En sodra ons in ‘n nuwe huis ingetrek het, dan voel ons ou meubels en toestelle nie goed genoeg nie. Baie mense trek van staat tot staat, los vriende, familie en kerk in die strewe na ‘n groter huis of meer geld. En wanneer ons kry wat ons wil hê, dan leer ons vinnig dat die geluk en bevrediging wat dit belowe het, baie kortstondig is en nie werklik was waarna ons op soek was nie. John A. James het al hierdie wêreldse dinge en najaging “pragtige borrels” genoem.  Hulle is breekbaar en vlietend.

Terwyl Prediker ‘n somber boek is, het dit oomblikke van sonskyn. En ons verse vir vandag openbaar iets van hierdie warm lig.

Ons kan genot en bevrediging vind in die dinge wat ons het, die werk wat ons doen en in ons wedervaringe as ons die Here vrees en sy hand sien in alle dinge.  

Dit beteken dat ons moet leer om alles wat ons het, terug te spoor na die outeur van ons lewens. God gee die werk, Hy gee die sukses, Hy gee die kreatiwiteit, Hy gee die rykdom. Die skepper van lewe het ons kinders geskape en hulle in ons families geplaas. Die hope wasgoed wys God se vrygewigheid, en die skottelgoed oral op ons toonbanke, herinner ons aan God se daaglike voorsiening. Dit is die “produk van sy kreatiewe krag” en “die geskenke van sy voorsienige oorvloed aan ons” (Matthew Henry). Om God te sien as die voorsiener van alle dinge en die doel van alle dinge, roer ons om dankbare, vreugdevolle en betekenisvolle lewens te lei.

Ons sien die hand van God selfs in ons moeilikste omstandighede.  Hy gebruik probleme om ons te versterk en te verander. Hy gebruik beproewinge om dít wat ons regtig van Hom glo, aan die lig te bring. Ons leer deur probleme en verliese dat daar net een God is wat kan help, wat voorsien en ons harte vul met blydskap en vreugde.

Wanneer ons begin om alles terug te spoor na God toe, sal ons sien dat ons tevredenheid  alleenlik in hom gevind moet word. Dit maak nie saak wat met ons goed, ons werk, ons gesondheid of ons wedervaringe gebeur nie, ons kan vervulling en vreugde vind, want ons het God en in hom het ons alles wat die lewe die moeite werd maak.

Kom ons praat: Hoe het God ‘n probleem in jou lewe gebruik om jou nader aan Hom te bring ?

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s