Trots, Populariteit, en die Strewe van Onsself

deur WhitneyD | April 8, 2016

Vrydag Banner

10402641_972532362842752_7114822198871692779_n

 Trots, Populariteit, en die Strewe van Onsself

n Jong man wat arm is maar verstandig, is beter as ‘n koning wat oud is maar dwaas en hom nie meer wil laat waarsku nie. ‘n Jong man het uit die tronk gekom en koning geword alhoewel hy arm gebore is in die koninkryk van sy voorganger. Ek het gesien dat al wat lewe in hierdie wêreld hulle skaar aan die kant van die jongman wat die koning se plek ingeneem het. Die mense oor wie hy geregeer het, was te veel om te tel. Tog het die nageslag nie met vreugde aan hom gedink nie. Ook hier kom dit dus tot niks. Dit is ‘n gejaag na wind. – Prediker 4:13-16

Ek kyk na my kinders en kan nie help om te glimlag na God se kreatiwiteit.

Een huis.

Dieselfde twee stelle genetika .

Vier verskillende persoonlikhede .

Ek het ‘n nuuskierige akademikus wat vreugde vind in leer, skepping, en in die lojaliteit van een-tot- een vriendskappe. Daar is die energieke een, altyd op die draf atleet: ‘n passievolle versamelaar van mense en eienaar van ongelooflike danspassies. Een dra ‘n sagte hart: ‘n perfeksionis wat voortdurend deur die behoeftes van die wêreld en die moeilike, geroer word, ‘n geseënde begeerte om reg te doen. En daardie meisie. Wie kan die skreeusnaakse vurige een wat notas skryf oor hoe lief sy haar familie en haar Jesus het, vergeet, en deur die genade van God besig is om te leer om die begeesterde leierskap vaardighede te kanaliseer vir die groter goeie. Heh.

Kan ek eerlik wees met jou?

As ‘n ouer, is dit aanloklik om groot aardse doelwitte vir my stam te stel. Dit is moeilik om te erken, maar dit is waar. Ek verlang dat hulle hierdie unieke persoonlike eienskappe maksimeer en dat ten spyte van hul tekortkominge, ‘n groot potensiaal vir grootheid sal hê. Ek is ‘n doelgerigte persoon, en die wêreld skree in my gesig op elke hoek dat gewildheid, posisie en voorsiening jou sal ver kry. As ek nie versigtig is in ‘n kultuur wat miljoene maniere gevind het om menslike prestasie te meet nie, sou dit maklik wees vir my om te val in hierdie strik om hulle te lei in persoonlike strewe of roekeloos hierdie vernoue identiteite op hulle plaas as ’n einde van alles, asof dit die diepte van alles is wat God hulle gemaak het om te wees .

Maar vir diegene van ons in Christus, is ons identiteite oor soveel meer.

Persoonlikhede, sterkpunte, doelwitte, doel en invloed is nie die vyande hier nie. Ons is. God het elkeen van ons geskep met ongelooflike unieke gawes wat ontwerp is vir Sy doeleindes, en dit is absoluut iets om te vier. Maar wanneer ons hierdie gawes gebruik om ons eie koninkryke na te streef in plaas van Christus in ons te verhef, is ons op ‘n vinnige baan na nietigheid en ‘n gejaag na die wind.

Nietigheid. Aahhh… daar is daardie woord weer.

Het jy al ooit gehoor dat wanneer die Bybel iets oor en oor herhaal, beter jy stop en goed luister? Wel, ek het gedink ek wil ‘n bietjie dieper in die betekenis van Salomo se gunsteling herhaling delf om te sien of daar iets meer is as dit kan wees. Kyk bietjie na hierdie twee definisies hier gelys vir nietigheid”

Die verduideliking van nietigheid in EngelsScreen-Shot-2016-03-30-at-11_39_04-PM-1024x560.png

Julle ouens, selfs Webster se Woordeboek kry dit: oormatige trots en bewondering van jouself … lei tot ‘n waardelose en nuttelose lewe.

Het julle dit gevolg? Die probleem hier is nie iets of iemand ander se skuld nie. Die probleem lê in ons.

Die lelike van ons sondige hoogmoed – die einste ding wat ons gedink het ons waarde sou gee – lei tot nutteloosheid, sinloosheid, waardeloosheid en vrugteloosheid op die ou end. So eenvoudig, en tog is dit so diepsinnig waarop hierdie twee definisies vermeng is in hul oorsaak en gevolg. Ek is redelik seker Webster en Salomo sou goeie vriende gewees het.

So hoe kan ons die stryd teen die versoeking om in te gee tot trots, gewildheid, en die strewe na onsself, veg?

Een manier is om ons ore in te stel tot die onderrig van Jesus gevind in Matteus 5, waar Hy sinvol definieer hoe lewe Sy manier gedoen word.

Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

 Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.

 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na wat reg is, want hulle sal versadig word.

 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

 Geseënd is dié wat rein van hart is, want hulle sal God sien.

 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

 Geseënd is dié wat vervolg word omdat hulle doen wat reg is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel.

 Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê.

 Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg.”

Geseënd is die wat ryk en gewild is? Dit is die teenoorgestelde wêreld in God se ekonomie. Probeer soos ons kan, niks wat ons bou in ons eie koninkryke sal duur nie. Maar gelukkig is diegene wat baie goed die diepte van God se genade ken, klou aan dit asof hulle elke asem daarvan af hang, en lewe nederig al hul dae en maak die meeste van Jesus en Sy koninkryk.

Hulle sal gevul word.

Hulle sal God sien.

Aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

En dit is ‘n koninkryk wat nooit, ooit, verdwyn nie.

Kom ons praat : Watter tevergeefse strewe in jou lewe moet vervang word met een van die bogenoemde karaktertrekke in Matthew 5?

By Sy Voete,

030416_1235_KomJulleSon3.jpg

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s