Onverstandige Woorde En Oorhastige Beloeftes

deur Jen | April 11, 2016

Banner Maandag

w4d1b

Onverstandige Woorde En Oorhastige Beloftes

Dit is beter dat jy nie belowe nie as dat jy belowe en nie betaal nie. Moenie dat jou mond jou laat sondig sodat jy vir ‘n priester moet sê: “Ek het my vergis” nie. Waarom sal jy God laat kwaad word oor wat jy gesê het en Hom jou handewerk laat vernietig? – Prediker 5:4-5

Ek onthou een Sondag toe ek ‘n lied by die kerk gesing het en toe dit verby was ek kon nie eers onthou wat die lied was wat ons nou net gesing het nie. Ek het deur die emosies gegaan, maar my hart was nie daarin nie. My gedagtes was besig om te dink oor al die dinge wat ek moet gaan doen as ons by die huis kom. Ek was beslis nie besig met aanbidding nie.

Daar is altyd die gevaar dat aanbidding ‘n sinlose oefening word. Hoe dikwels ons luister na preke, maar hoor regtig nie ‘n woord daarvan nie? Die pastor se stem sus ons byna aan die slaap.

Ons verse vir vandag het te doen met die aanbidding van God. Maar dit verwys nie net na kerk op Sondae nie. Salomo sê vir ons, ons moet versigtig wees in al ons aanbidding en dit sluit in korporatiewe aanbidding, private aanbidding, ons woorde oor God en die beloftes wat ons aan Hom maak.

Onthou dat aanbidding is die toeskryf van werd na iets en vir die Christen, dit moet God wees. Dit is die lofprysing van wie Hy is en wat Hy gedoen het. Ons lewe moet in so ‘n manier gelewe word dat ons werd toeskryf aan God.

Ons moet versigtig wees met ons woorde

God se naam is heilig en so ook is die dinge wat Hy doen. Ons moet dus waak teen roekeloos praat en onverstandige woorde oor God (Prediker 5:2). Ons doen dit soms wanneer ons hardop bid. Ons is baie meer bekommerd oor hoe ons oorkom teenoor diegene rondom ons in plaas daarvan om te fokus op die feit dat ons die troonkamer van God ingegaan het en ons praat met die Een Magtige van Israel.

Ek sal bely dat terwyl ek saam met met ander bid, oefen ek my gebed in my kop in plaas van om saam te bid met die person wie se beurt dit was, alles omdat ek nie wou struikel oor my woorde en klink soos ‘n idioot.

 “Wanneer julle bid, moet julle nie soos die heidene ‘n stortvloed van woorde gebruik nie. Hulle verbeel hulle hulle gebede sal verhoor word omdat hulle baie woorde gebruik. Moet dan nie soos hulle maak nie, want julle Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra” – Matteus 6:7-8

Ons moet versigtig wees met ons beloeftes

Was jy al ooit in ‘n paniek en ‘n belofte aan God gemaak net om dit later vergeet? Miskien was jy op ‘n emosionele hoog en het ‘n oorhastige belofte aan God gemaak? Ek is redelik seker dat ek dit ook gedoen het. Ek is ook redelik seker dat ek beloftes gemaak het toe ek bang was, wanneer ek rerig iets wou gehad het, of wanneer die skuld van my sonde my gedryf tot op my knieë .

Beloftes gebore uit die hitte van die oomblik word gewoonlik vergeet en nie gehou nie.

As ons ‘n belofte aan God, die Almagtige maak, dan moet ons vinnig wees om dit deur te volg. Dit behoort ons eerste prioriteit te wees wat sonder verskonings vervul moet word . Ons moet net so goed soos ons woord wees. In teendeel sê Deuteronomium 23:21-23 vir ons dat die versuim om ons belofte te voltooi is sonde en ‘n dwase verontagsaming van God. Dit is eintlik beter om glad nie ‘n belofte te maak nie.

Maar daar is altyd goeie nuus. Alhoewel ons meer eerbiedige moet wees met ons aanbidding (beide binne die kerk en buite) veral in ons woorde en beloftes, behoort ons aan ‘n God van genade. Christus is gestraf vir al die gebreekte beloftes, en is ons lei skoon, sodat ons môre kan wakker word na ‘n nuwe dag en ‘n nuwe geleentheid om God met ons woorde te verheerlik en Hom aanbid op ‘n manier wat betaamlik is aan die een wat magtig en heilig is

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

Week 4: Uitdaging

Die maak van beloftes aan God is ‘n gewigtige en ernstige onderneming. Watter beloftes het ons reeds aan God gemaak en vergeet om hulle deur te volg? Kom ons berou oor ons woorde gepraat in haas en besluit om alle dinge van God meer ernstig op te neem.

Week 4 – Video

Week 4: Leesplan

Leesplan

Week 4 – Memoriseervers

Memoriseer Vers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s