Week 5: Die Krag Van ‘n Goeie Naam

deur Angela | April 18, 2016

Week 5: Die Krag Van ‘n Goeie Naam

Banner.Maandag

w5d1b

“‘n Goeie naam is beter as reukolie, die sterfdag beter as die geboortedag.” Prediker 7:1

 Ons wil almal ons lewe goed begin, wil ons nie? As ons dink aan ons lewens as wedlope , wil ons sterk begin, vasberade en gereed om die pad voor ons aan te pak.

Maar sommige van ons het ‘n rowwe begin. Miskien is dit die disfunksionele huis waarin ons gebore is. Miskien was dit die dood van ‘n ouer broer of suster of dalk was dit die verbale, fisiese of geestelike mishandeling … wat ook al die rede vir die rowwe begin van ons lewens, voel ons asof ons, ons wedloop van lewe nie goed begin het nie.

Iewers aan die begin van ons wedloop, het ons geval en ‘n moeilike tyd sedert dien gehad om te herstel.

Ek is nie seker wat veroorsaak dat jy vroeg in jou wedloop gestruikel het nie, maar ek wil jou aanmoedig met hierdie :

” In die wedloop van die lewe , maak die begin nie soveel saak as jou einde nie! “

Jy het dalk in die begin gestruikel… of miskien in die middel , maar dit is okay. God het jou en Hy kan jou nog steeds gebruik. Soos ‘n liefdevolle Vader, kan Hy jou optel en die stof afskud en jou terug in stuur. Moenie dat die stampe en stote, struikel en foute van die lewe jou weerhou van jou wedloop goed hardloop, en die mees belangrikste, om goed te eindig.

Wat ook al die rede waarom jy gesukkel het in jou wedloop, wil ek hê jy moet dit weet: Daar is altyd hoop in Jesus .

Salomo deel dat “‘n Goeie naam is beter as reukolie, die sterfdag beter as die geboortedag.” Prediker 7:

Met ander woorde, dit is belangrik om ‘n goeie nalatenskap agter te laat en hoe ons, ons lewe eindig is beter as hoe ons dit begin het.

Nou daar is een bepaalde vrou in die Bybel wat iets oor die belangrikheid van goeie parfuum weet… Maria van Betanië.

Ten spyte van die swaarkry wat sy mag ervaar het met die afsterwe van haar ouers vroeër in haar lewe, dra sy ‘n “goeie naam.”

Wanneer ons “Maria van Betanië” hoor, onthou ons hoe sy ” die beter ding gekies het” en by die voete van Jesus gesit, eerder as bohaai maak oor voorbereidings vir aandete. Of wat van daardie tyd toe sy Jesus se voete gesalf het, nie net met duur parfuum nie, maar ook met haar trane. Maria het haar wedloop van die lewe met passie en doel gehardloop.

Maria van Betanië het haar lewe gewoon in so ‘n manier dat haar nalatenskap steeds Christene tot vandag toe inspireer. Maria van Betanië het ‘n “goeie naam” en haar nalatenskap leef voort, goed na haar dood.

 “Dit verseker Ek julle: Oral waar die evangelie in die hele wêreld verkondig word, sal daar ook vertel word wat sy gedoen het, tot ‘n herinnering aan haar.” – Markus 14:9

Nou laat ons Maria van Bethany se naam aan dié van Judas Iskariot kontrasteer. Judas is die einste een wat onsteld geraak het met Maria vir die “mors” van die parfuum op Jesus en, in plaas daarvan te verklaar dat sy die parfuum moes verkoop het en die geld aan die armes gee… selfs al was hy die houer van die geldsak en homself sou help na wat ookdal geskenk was. (Johannes 12:6)

Dit klink asof Judas dalk ‘n goeie begin in die lewe gehad het. Hy is die naam “Juda” gegee toe hy gebore is, wat “lof”beteken het. Hierdie belangrike naam behoort aan die koninklike stam in Israel. Maar ten spyte van sy goeie begin in die lewe, eindig hy om ‘n paar verkeerde draaie langs die pad te neem en beland om sy wedloop te beeindig om deur betaal te word om Jesus te verraai, en neem uiteindelik se eie lewe. Judas se naam is verwoes as gevolg van hoe hy sy wedloop gehardloop het en die keuses wat hy langs die pad gemaak het. Hy het dit gevat waarmee hy begin het met ‘n eerlike naam, en dit een gemaak wat verag is.

Twee verskillende name, twee verskillende wedlope, twee verskillende nalatenskappe .

Terwyl ons nie altyd op die dood wil fokus nie, is die feit van die saak dat elkeen van ons eendag doodgaan. Watter nalatenskap gaan jou “goeie naam” agterlaat? Een wat die verhaal vertel van ‘n ongelooflike God en die magtige werk wat Hy gedoen het deur jou lewe? Ek hoop so!!!!

Dierbare vriende, hoe ons die wedloop van lewe hardloop maak saak. Die dag van ons dood is beter as die dag van ons geboorte omdat ons nie die begin van ons lewe kan beheer nie, kan ons kies om ons lewens te fokus op God en hardloop vir Sy glorie.

Kom ons praat: Deel met ons iemand in jou lewe wat sy of haar  wedloop goed gehardloop het. Watter keuses het hulle in hul lewens gemaak om ‘n “goeie naam” te hê ‘n kragtige nalatenskap te laat ?

Lief God Grootliks!

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

 

 

 

 

Week 5: Uitdaging

In jou joernaal, skryf neer hoe jy onthou wil word. Watter tipe nalatenskap sou jy graag wou agterlaat ? Watter stappe moet jy vandag neem om te beweeg in die rigting van die bou van nalatenskap?

Week 5: Video

Week 5: Leesplan

LeesplanWeek 5: Memoriseervers

Memoriseer Vers

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s