Die Jesus wat ons nodig het…

deur WhitneyD| April 22, 2016

Banner Vrydag

w5d5b

 Die Jesus wat ons nodig het…

“Dit het ek gevind, sê die Prediker, toe ek een en een bymekaar gesit het om die regte insig te kry. Wat ek nog altyd soek, het ek nie gevind nie. Ek het wel uit duisend mense een betroubare man gevind, maar so ‘n vrou het ek onder hulle nie gevind nie. Die één ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, en tog het hulle hulle besig gehou met allerlei slimmighede.” – Prediker 7:27-29

Ek was ‘n egbreker.

Dit maak my droewig om dit te erken, maar dit is waar. Omdat my man hierdie woorde van my lees, wil ek net baie duidelik noem dat hierdie egbreuk niks met my huwelik van negentien jaar te doen het nie.

Jakobus 4 verwys na hierdie tipe ontrouheid as geestelike egbreuk – ‘n vriendskap met die wêreld, wat ons liefde en toegewydheid steel van ons eerste liefde af.  Ons sou sekerlik ‘n ander woord kies om dit te beskryf, om dit beter te laat klink, maar Jakobus noem dit wat dit is: “Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap met God is nie? Wie ‘n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy ‘n vyand van God is.” (Jak.4:4). Die verraad kan in ‘n oomblik gebeur, maar gewoonlik sluip ons omhelsing van die wêreld baie meer subtiel in. ’n Toegewing hier,‘n kompromie daar. Ons neem die versoekinge rondom ons in in dosisse wat ons dink onopspoorbaar, veilig en hanteerbaar is… totdat ons verteer word deur die begeertes van ons vlees, die begeertes van ons harte en die trots van die lewe. (1Joh. 2:15-16)

Maar God het ons gemaak vir iets meer.

God het die mens opreg gemaak, maar een verwoestende keuse in die tuin het dit alles verander. (Gen. 3) In plaas van om die volheid van die lewe, wat deur hulle Skepper ontwerp was, aan te neem, het Adam en Eva weggetree van God se gesag en intieme vriende met die wêreld geword. As geestelike egbrekers, het hulle verveeld geraak met God en dít nagejaag wat goed gelyk het, dít wat goed geproe het, en dít wat hulle gedink het kon hulle begeerte na meer versadig het: meer wysheid, meer gesag, meer beheer. Hulle het hulself oortuig dat hulle hierdie toegewing verdien het; ‘n klein kompromie wat hulle status sal verhoog en hulle diepste begeertes sal bevredig. Hulle was verkeerd.

Hulle het vergeet dat hulle geskape is om bevredig te word deur die Een wat hulle siele liefhet.

“Wanneer jy so blind word dat die maker van die heelal en die heerser van nasies en die kenner van alle geheimenisse en die liefhebber van ons siele vir jou vervelig word, dan is daar net een ding oor – die liefde van die wêreld. Want die hart is altyd rusteloos. Dit moet sy skat hê: as dit nie in die hemel is nie, dan op die aarde.” – Piper

Ek was ‘n egbreker.

Ek was blind vir God se goedheid; ek het dít wat ek wou hê gesoek by die wêreld, in plaas van by die Jesus wat ek nodig het.

Net soos die res van die Bybel, wys die boek Prediker vir ons na ‘n groter Verhaal wat besig is om te ontvou – die Verhaal wat die weg voorberei vir die broodnodige, komende Messias. Hy is die verlore stuk van die legkaart, in Salomo se lewe… en in ons s’n. Dit is ‘n herinnering van wie ons is sonder God, hoe ons bedrieglike harte voortdurend dwaal en hoe desperaat ons is vir ‘n Verlosser.

Kom ons praat: Watter wêreldse dinge jaag jy na, in plaas van Jesus?

Sal jy op jou knieë neerval, berou hê, en vandag kies as die dag wat getrouheid terugkeer in jou verbondsverhouding met Hom?

Kom ons draai na die hemel, een vrou op ‘n slag, en keer terug na die Jesus wat ons nodig het…

By Sy Voete,

031616_1549_AGTIENPredi3.jpg

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s