Die Dwaasheid Van Luiheid

Die Dwaasheid Van Luiheid

Deur Jen Thorn | Mei 6, 2016

Banner Vrydag

w7d5b

Salomo was werklik ‘n merkwaardige man. In 2 Kronieke 2 gee God basies vir Salomo een wens. Hy kan vir enige iets vra, en die Here sal dit vir hom gee. Baie van ons sou gevra het vir gesondheid of rykdom of dalk ‘n maklike lewe, maar Salomo se reaksie is anders.

“Gee my nou wysheid en kennis dat ek hierdie volk reg kan lei, want wie kan uit homself hierdie groot volk van U regeer?” (2 Kron. 2:10).

Salomo het geweet dat hy meer as rykdom of selfs eer nodig het om reg oor God se mense te regeer. Hy het wysheid nodig gehad. God het Salomo se wens vervul, en hom al die wysheid en kennis gegee wat hy ooit sou nodig kry (plus nog baie meer).

Sommige mense sê dat Salomo die mees wyse persoon is wat nog ooit geleef het (na Jesus). Ons is waarlik geseënd om ‘n boek te hê wat deur hom, vir ons geskryf is.

In ons verse praat Salomo met diegene in die regering. Hy praat oor die feit dat ‘n koninkryk in die moeilikheid is wanneer dit ‘n heerser het wat onverantwoordelik is, wat meer geinteresseerd is in ligsinnige dinge en wie se amptenare lui is en neig om te skinder.  Met sulke leiers sal die koninkryk verbrokkel.

Met die eerste oogopslag is dit maklik om te dink dat dit min toepassing het op ons lewens. Maar moenie dink dat jy nie op hierdie verse hoef ag te slaan nie, veral nie die vers vir vandag wat die volgende sê nie:

“Luiheid laat die dak inval, slap hande laat die huis lek” (Pred. 10:18).

Luiheid sal nie net probleme in ‘n regering veroorsaak nie, maar ook in ons eie huise en lewens.

Luiheid is ‘n dief en ‘n verbreking van die agtste gebod. As ek nie my werk doen nie, of ek doen dit swak, dan mors ek my maatskappy se tyd en geld, en sal ek heel moontlik afgedank word. As ek as gevolg van luiheid nie na my huis kyk nie, dan onteer ek God met die tyd wat Hy my gegee het, en dien ek nie my familie op die manier wat ek geroep is om hulle te dien nie.

Maar daar is ‘n ander area van my lewe waar luiheid gevind kan word. Té dikwels is ons lui in ons geestelike lewe, en dus lui in die koningkryk van God. Hier is ‘n paar voorbeelde.

Luiheid om teen versoekings te veg sal daartoe lei dat ons (somtyds onverwags) in sonde sal verval.

Luiheid om die Bybel te lees sal daartoe lei dat ons kennis van die waarheid nie voldoende sal wees nie, en ons sal nie so verstandig leef soos wat ons moet nie.

Luiheid om oor God se woord te mediteer sal daatoe lei dat ons vining sal vergeet wat ons gelees het.

Sonder meditering, sal die waarhede van God nie met ons bly nie. Die hart is hard, en die geheue nie goed nie – en sonder meditering is dit alles verlore! Soos ‘n hamer ‘n spyker inslaan – so dryf meditering ‘n waarheid in die hart in. 
– Thomas Watson

Luiheid in gebed sal lei tot vrees en bekommernis.

Luiheid in lidmaatskap met ander sal lei tot moedeloosheid en eensaamheid omdat ons probeer om hierdie Christelike lewe op ons eie te leef.

As ons lui is in ons geestelike lewe sal ons rondgegooi word in ons emosies, in ons oortuigings en in ons liefde vir Christus.

Uiteindelik sal geestelike luiheid lei tot ‘n louwarm geloof.  

Maar alle eer aan ons goeie God wat ons alles gegee het wat ons nodig het om ‘n kragtige en opwindende lewe te lei. Ons moet ons luiheid bely, en God vra vir die krag en die begeerte om teen sonde te veg, om sy woord te lees, oor sy waarheid te mediteer en alles in gebed op te dra. Hy is getrou, Hy sal dit sekerlik doen!

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s