Leef met Vrymoedigheid!

Leef met Vrymoedigheid!

deur Jen Thorn |Mei 9, 2016

Banner.Maandagw8d1b Welkom by die laaste week van ons Prediker studie! Ons begin hierdie week met verse wat nogal verwarrend kan wees.

Werp jou brood op die water,

Eerndag kry jy dit terug.

Hou jou besittings op sewe, selfs ag plekke, want jy weet nie watter teëspoed oor die land kan kom nie.

Die basiese boodskap van Salomo is dat ons met vrymoedigheid moet leef.

Sommige glo dat Salomo praat van vrygewigheid en dat hy praat met diegene wat deur die Here geseën is met materiële besittings, talente, belangstellings en spesiale geskenke. Dit sluit almal van ons in. Ons moet ons geld, ons huise, ons tyd en die dinge waarmee ons goed is, gebruik om God te eer, deur diegene te help wat in nood is.

Ons is té dikwels bekommerd oor hoe die ander person sal reageer. Sal hulle dankbaar wees? Sal hulle dít wat ek hulle gegee het verkwis? Sal hulle dit as vanselfsprekend aanvaar? Wat as dit geen langtermyn effek op hulle het nie?

Moenie bekommerd wees oor hoe dit sal eindig nie. God sal daarvoor sorg. Maar wees altyd in gebed oor hoe jy vrygewig teenoor ander kan wees.

“Wat ons belê in die koninkryk van God – ons tyd, ons talent, ons rykdom – is nooit verspil nie.” – Philip Graham Ryken

Die tweede interpretasie van hierdie verse verwys na vrymoedigheid in verskillende ondernemings of selfs besigheidsgeleenthede. Ons kan nie die toekoms voorspel nie. Daar mag ‘n element van onsekerheid wees, maar as ons voel dat God ons roep tot iets, dan moet ons dit doen met vrymoedigheid in geloof, en nie wegkrimp in vrees nie.

Moenie wag vir die perfekte omstandighede of die regte hoeveelheid geld in jou bankrekening voordat jy met vrymoedigheid leef en die roeping volg wat God op jou lewe geplaas het nie.

Miskien roep God jou om ‘n besigheid te begin, om nog kinders te hê, om terug te gaan universiteit toe, om voltyds die bediening te betree, of om vir jou bejaarde ouers te sorg. Wat dit ookal is, volg God se roeping en vertrou dat, ongeag waarnatoe dit lei, God met jou is.

“Toe ek Jesus Christus as my Verlosser vertrou het, het ‘ek getrou met avontuur’ en dit het beteken om met geloof te leef, en die onverwagte te verwag.” -Warren W. Wiersbe

Of die roeping is om met vrygewigheid te gee, of om met vrymoedigheid te leef, ons moet almal soveel goeie dinge doen as wat ons kan terwyl God ons hier op die aarde geplaas het.

Salomo herinner ons dat, net soos ‘n boom wat omval en nie weer regop kan staan nie, so is ‘n person se karakter wanneer die dood vir hom kom.

Nou is die tyd om God te eer met jou karakter.

Nou is die tyd om die mense rondom ons te help.

Nou is die tyd om met vrymoedigheid te leef.

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

UITDAGING WEEK 8:

In watter area van jou lewe moet jy aksie neem in geloof?  Waar moet jy meer vrygewinsgesind wees? Watter roeping ignoreer jy of is jy bang om te volg? Bid oor hierdie dinge en skryf ‘n plan neer vir hoe jy in geloof gaan aksie neem.

Week 8: Video

Week 8 Leesplan

Leesplan

Week 8 Memoriseervers

Memoriseer Vers

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s