’n Brief aan Matrikulante

’n Brief aan Matrikulante

deur Angela | Mei 11, 2016

Banner.Woensdag

w8d3b

Liewe Bailey, Britton, Brooklyn, en Shelbi,

Ek kan die eerste dag toe julle na my huis toe gekom het en rondom my kombuistafel gesit het nog so goed onthou. Wanneer ek terugdink daaraan, dink ek dat ek net so op my senuwees was soos julle. Ek kan nie glo hoe vinnig die jare verbygevlieg het nie, en ek is steeds nie seker wie die meeste geleer het nie – julle, of ek. Julle het voor my oë groot geword en het my een van die beste geskenke gegee wat julle kon: ‘n waardering vir tyd. Ek voel dat julle miskien nou almal in Graad 9 moet wees, nie Matrikulante nie. Definitief nie Matrikulante nie!I Die jare het té vinnig verbygegaan en ek veg teen die trane terwyl ek hier skryf. Ek het elke minuut van elke jaar wat ons saam was geniet. Ek was lief daarvoor om julle Dissipelskapleier te wees. Dit was waarlik ‘n eer en ‘n groter voorreg as wat ek ooit verwag het.

DANKIE dat julle my geleer het hoe belangrik die lewe is.

DANKIE dat julle my geleer het van die belangrikheid om NOU doelgerig te wees en nie te wag tot volgende jaar nie.

DANKIE dat julle my geleer het dat laerskool dogters in ‘n oogblink matrikulante word.

DANKIE dat julle my geleer het van die belangrikheid om my lewe nou te geniet; om dit nou te waardeer en tyd nie as vanselfsprekend te neem nie.

Ek kan nie help om aan elkeen van julle te dink wanneer ek aan die einde van die boek van Prediker kom en Prediker 12:1 lees nie.

“Dink aan jou Skepper in jou jong dae…”

Onthou jou Skepper wanneer jy universiteit toe gaan en jou professors jou geloof betwis. Onthou dat God altyd getrou is (1 Korintiërs 1:9).

Onthou dat jy nooit alleen is nie, so wees sterk en dapper (Deuteronomium 31:6).

Onthou dat jy waarlik geliefd is (Jeremia 31:3).

Onthou dat jy met ‘n prys gekoop is (1 Korintiërs 7:23).

Onthou dat Hy wat in jou is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).

Onthou dat God ongelooflike planne vir jou lewe het (Jeremia 29:11).

Onthou dat jou verlede nie jou toekoms bepaal nie, omdat jy ‘n nuwe skepping is in Christus (2 Korintiërs 5:17).

Onthou dat ons God ‘n God van genade is… en tweede kanse (Hebreërs 4:16).

Onthou dat daar krag is in Jesus se naam (Lukas 10:17).

Onthou dat daar krag is in gebed (Markus 9:29).

Onthou dat God die gewer is van alle goeie gawes (Jakobus 1:17).

Onthou dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet (Romeine 8:28).

Onthou dat ons God ‘n God van verlossing is (Efesiërs 1:7).

Onthou dat God jou sal toerus vir dít waartoe Hy jou geroep het (Hebreërs 13:21).

Onthou om jou lewe te fokus op God (Hebreërs 12:2).

Onthou jou Skepper (Prediker 12:1).

‘n Lewe sonder God is betekenisloos. Dit is basies wat die boek Prediker vir ons in ‘n neutedop leer. Maar ‘n lewe met God? O my dierbares, dit is gevul met liefde, vreugde, vrede, tevredenheid en die hoop op die hemel.

As Christene, is ons lewens nie perfek nie. Daar word nie gesê dat ons nie deur moeilike tye en hartseer sal gaan nie, maar ons word belowe dat ons nie alleen daardeur sal gaan nie.

‘n Lewe met God het ‘n doel.

Moenie jou lewe mors deur te jaag na dít wat hierdie lewe bied nie. Fokus op God en belê jou dae in dít wat sal saakmaak vir die ewigheid: God en mense.

“Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself” – Matteus 22:37-39

Salomo is reg: alles kom tot niks…maar SLEGS wanneer ‘n persoon kies om haar lewe sonder God te leef.

Kies God.

Leef vir Hom.

Moet nooit jou Skepper vergeet nie.

 Ek kan nie wag om te sien hoe God JULLE gaan gebruik in ons wêreld nie! Hou julle oë gefokus op Hom. Hardloop die wedloop wat Hy voor julle uitgelê het, en moet nooit vergeet dat ek julle al die pad sal aanspoor nie! Julle kan dit doen!

my-dg-girls-1024x620

(My Dissipelskap Meisies by my huis wat hul gradeplegtigheid van middel skool vier … dit voel soos gister!. Nou maak ons gereed om ons volgende gradeplegtigheid partytjie 4 jaar later te beplan.)

2015-02-01-14.08.03-1-1024x1024

Kom ons Praat: Noem een manier wat jy kies om jou Skepper te onthou? Hoe kan die feit dat jy jou Skepper doelgerig onthou, ‘n effek op jou lewe hê?

Lief God Grootliks!

012016_1648_OnsgebedeMa3.jpg

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s