Die Slotsom

Die Slotsom

deur Joy Forney | Mei 13, 2016

Banner Vrydag

w8d5b

“Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.” – Prediker 12:13-14  

Salomo het ons op ‘n wilde rit geneem, nê?

Ek het die hoogtes en dieptes in my eie lewe gevoel soos ek deur hierdie studie gewerk het. Miskien het jy ook? Salomo begin die boek Prediker met bevraagtekening en vrae, om sodoende die betekenis van die lewe te bepaal. Dit voel ‘n bietjie ontmoedigend, nê?

Hy het ons vertel van voorspoed en teënspoed. Hy het gepraat van betekenis en betekenisloosheid. Hy het bepeins oor geluk en hartseer. En nou eindig ons die boek – en ons studie – met die waarheid. Is jy nie bly dat daar hier op die einde bemoediging is nie?! Ek is definitief! Hier is dit: die fondasie van ons lewe is die dien van die Here en Sy Woord. Ons sien dat God en Sy Woord, op die einde al is wat ons het om op te staan. Dit is wat die lewe betekenisvol maak. Dit is wat vervulling en vreugde in ons harte en lewens bring.

 Hou ons oë op die ewigheid. Hou die ewigheid in ons harte. Hou die Woord van die Here in ons harte en lewens.

Maar hoe? Nie deur die Woord te lees en dan weg te stap en te vergeet nie. Moenie hierdie studie neem en dit op die boekrak plaas en wegloop nie. Gebruik die tyd hier op die einde om na te dink.

Vra God om jou Sy waarheid uit hierdie studie te wys. Vra Hom om lig te werp op Sy Woord en jou te help om dit werklik te verstaan.

Wat het jy oor God geleer deur hierdie studie? Wat beteken dit vir jou vir jou daaglikse lewe?

Wat het jy oor jou jouself geleer deur hierdie studie? Hoe kan jy hierdie waarhede onthou te midde van jou besige dag?

Watter veranderinge vra God jou om te maak as ‘n resultaat van wat jy geleer het? Hoe kan jy hierdie veranderinge deurvoer?

Neem hierdie waarhede en laat hulle hulself deurwerk tot in jou hart en siel. Mediteer oor God se Woord. Bid God se Woord. Praat God se Woord. Herhaal.

Dank Hom vir die werk wat Hy in jou en deur jou doen soos jy dieper delf in jou verhouding met Hom.

Mag Hy jou ryklik seën in jou lewe deur die lees en bestudering van Sy Woord. Mag Hy die waarheid van Sy heilige Woord neem en dit diep in jou hart en siel inwerk. En, die mees belangrikste, mag jy ‘n veranderde mens word.

Vertel vir ons: Wat het God vir jou gedoen deur hierdie studie? Watter nuwe dinge het in jou ontstaan? Ons wil dit graag hoor!

Met Liefde van Uganda,

 

011516_1448_BidSonderOp3.jpg

 

 

 

 

Bekendstelling van ons nuwe studie

Ad

Ons is baie opgewonde om ons nuwe aanlyn Bybelstudie te begin, wat op 13 Junie begin. Bly ingeskakel vir meer inligting in ons blog pos hierdie kommende Maandag. Nooi jou vriende deur die deel van hierdie prentjie op Facebook, Instagram of Twitter.

Baie dankie vir julle deelname in ons Prediker study!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s