Week 1- Wanneer Jy Nie Die Eerste Keuse Is Nie.

Week 1- Wanneer Jy Nie Die Eerste Keuse Is Nie.

deur Angela | Jun 5, 2016 |

Week 1 Maandag

w1d1

Dawid het ‘n ding of twee geweet van om oorgeslaan te word.

Uit die verse wat ons vandag in 1 Samuel 16:1-12 gelees het, sien ons dat Dawid se eie pa nie baie van hom moes gedink het nie, want hy het nie eers vir Dawid ingesluit toe hy sy seuns aan die profeet Samuel voorgestel het nie. Hoe sou jy voel as ‘n baie belangrike persoon na jou huis toe kom en jou pa het jou nie eers gevra om saam met die res van die familie bymekaar te kom nie?

Ja, Dawid het die pyn geken van om oorgeslaan te word.

Oorgeslaan omdat hy nie die kwalifikasies gehad het nie – of so het sy pa gedink – omdat hy nie die eersgeborene was nie, maar die jongste.

Oorgeslaan omdat hy nie reg gelyk het vir die rol nie. Daar was ander wat baie meer gepas gelyk het vir die werk. Selfs die profeet Samuel was mislei deur die voorkoms van al die seuns en hy het aangeneem dat God se uitverkore een ‘n sekere voorkoms sou hê.

Daardie dag het God vir Jesse en Samuel, en ook vir ons ‘n baie belangrike les geleer. Ons lees dit in 1 Samuel 16:7.

“Maar Hy sê vir Samuel: “Moenie na sy voorkoms of sy buitengewone lengte kyk nie, want Ek het hom nie gekies nie. Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

 Sal jy hierdie op ‘n stukkie papier neerskryf en dit teen jou spieël vasplak, sodat jy dit elke oggend kan lees?

“Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike.”

Uit die wêreldse perspektief, is die weiveld waar jy vir stinkende skape sorg die laaste plek waar jy wil werk. O…..maar daardie weiveld en daardie skape. Hulle het ‘n geestelike doel. God het die beskeie, die laagste van die laagstes, die onopgemerktes en die geringeskattes gebruik om Sy toekomstige koning te vorm.

Dawid het onskatbare vaardighede geleer deur vir daardie hulpelose skape te sorg.

“…Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal

om sy volk Jakob, sy eiendom Israel, te versorg.

Dawid het die volk met toewyding versorg

en hulle met oorleg gelei.” – Psalm 78:71-72

God het ‘n groter en meer liefdevolle doel vir Dawid daar in die weiveld gehad. Hy het Sy toekomstige koning voorberei – een wat sou weet hoe om ‘n magtige vegter te wees en ‘n beskermer van klein, onskuldige skape teen dié wat kom om hulle te verslind. God het ook in Dawid ‘n teer hart laat ontwikkel.

Uit vandag se verse sien ons twee lesse wat God liefdevol vir ons leer:

  1. Ons moet nie die goedkeuring van mense soek nie, maar eerder van God. Net omdat ander in magsposisies of selfs ons eie familie ons nie sien as agtingswaardig of waardevol nie… God sien ons so. Hy ken ons harte, Hy sien wat waarlik belangrik is en dit is al wat saakmaak.
  1. Moenie neersien op ‘n eenvoudige begin nie. Baie van God se grootste getuienisse kom van mense met sulke agtergronde.

Liewe vriendin, jy – soos ek – mag nie altyd iemand se eerste keuse wees nie, maar word vandag bemoedig. Dit wat ander van ons dink, maak nie regtig saak nie. Jesus het gedink ons is die moeite werd om voor te sterf, en Hy het liefderyk na die kruis gegaan in ons plek.

Jy het waarde.

Jy is geliefd.

Leef voluit in die weiveld waar God jou geplaas het. Leer soveel as wat jy kan reg waar Hy jou nou het. Jy weet nooit hoe God hierdie vaardighede wat jy leer gaan gebruik vir ongelooflike ewige doeleindes nie!!

Kom ons praat: Vertel vandag vir ons waar jy woon.

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Week 1 – Video 

Week 1: Uitdaging

 Skryf vandag 1 Samuel 16:7 op ‘n indeks kaart en plak dit op jou spieël in die badkamer, naby jou wasbak in die kombuis, in jou motor of by jou kantoor … enige plek waar jy dit sien en word herinner word aan die WAARHEID! God se weë is nie ons weë … Hy sien die werklike ons … Hy ken ons harte .

” Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike. ” – 1 Samuel 16:7

Neem ‘n foto van jou indeks kaart en deel dit hierdie week met ons op Facebook of Instagram ! Maak seker dat jy die #LiefGodGrootliks hashtag gebruik sodat ons jou kan sien!

Week 1: Memoriseervers

w1

Week 1: Leesplan

Week 1

 

Advertisements

1 thought on “Week 1- Wanneer Jy Nie Die Eerste Keuse Is Nie.”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s