‘n Liefde Soos Geen Ander

‘n Liefde Soos Geen Ander

deur|WhitneyD|Junie 7

Week 1 Woensdag

w1d3

“Onthou Mamma daardie keer toe ons winkel toe gegaan het en Mamma vir Chase verloor het?”

My kinders is so wonderlik om my aan hierdie goed te herinner.

Hulle was 8, 7, 4, en 2 en dit was twee dae voor Kersfees. Ek weet, ek weet… Die 23e Desember is nie die dag om te probeer om vinnig iets te koop met vier klein mensies by jou nie.  Maar ek wou só graag vir hulle pappa iets spesiaal koop, dat ek my goeie oordeel opsy geskuif het, en winkel toe gery het.

Die skares was amper onhanteerbaar. Die mense wat tou gestaan het na die betaalpunt het al langs die omtrek van die winkel gestrek. Wat het ek gedink? Maar ons was daar en ek was gedetermineerd om nie met leë hande huis toe te gaan nie, dus het ons hierdie malligheid betree met die baba vasgemaak in die trollie, en drie seuntjies wat ferm instruksies gekry het om by my te bly.

Een oomblik kon ek sy klein lyfie teen my been voel; die volgende oomblik was hy weg. In ‘n see van nimmereindigende mense, klererakke en Kersversierings het ons gesoek. Dit het soos ‘n ewigheid gevoel. Niks. Ons het sy naam geroep… met elke roep ‘n bietjie harder. Niks. Ons het geloop – en toe in desperaatheid begin hardloop – terwyl ons hoog en laag in elke moontlike wegkruipplek wat die winkel kon gehad het, gesoek het.  Ons kon hom nêrens vind nie. Na ‘n paar minute het ander winkelbesoekers en werkers ons verknorsing raakgesien en begin om die soektog uit te brei, deur gelyktydig verskillende departemente te deursoek, en uitgange te blokkeer, terwyl hulle soek vir ‘n bruin-oog, blonde, avontuurlustige vier-jaar-oue seuntjie, wat net toevallig daardie dag sy geliefkoosde Superman hempie gedra het.

Weet julle, ek sou op daardie oomblik enige iets gedoen het om my seun terug te kry. ‘n Mamma se liefde is kragtig in die dag-tot-dag lewe, maar wanneer een van jou eie wegraak, word die diepte van daardie liefde blootgestel en gaan jy tot uiterstes om sy veilige terugkoms te verseker.

Jy stop nie.

Jy hou nie op nie.

Jy gee nooit op nie…

…totdat die een wat jy liefhet veilig terug is in jou arms.

Dawid het dalk begin as ‘n vergete skaapwagter, maar deur die prag van die Skrif, gebruik God sy lewe om ons te wys na ‘n beter Herder wat nog sou kom: die Groot Herder wat nooit ophou om Sy mense na te jaag nie.

Ek sal self my kleinvee se herder wees en hulle rustig laat lê en herkou,” sê die Here my God. “Ek sal dié soek wat weggeraak het, dié terugbring wat weggedwaal het, die wonde versorg van dié wat seergekry het, die swakkes help. Maar Ek sal dié wat vet en sterk geword het, uitroei. Ek sal ‘n herder wees wat reg laat geskied. “Julle is my kleinvee, julle is die volk vir wie Ek sorg, en Ek is julle God,” sê die Here my God” – Esegiël 34:15-16, 31

Hierdie Herder was op ‘n missie wat selfs kragtiger was as dié van ‘n desperate ma wat soek na haar verlore kind. Hy sou kom op die mees nederige manier – die absolute teenoorgestelde van alles wat die wêreld verwag het – om Sy lewe neer te lê om Sy skape te red: dié wat verlore was; dié wat afgedwaal het; dié wat seergemaak en swak was.  En tot vandag, in Sy groot liefde, stop God nooit om Sy eie hartstogtelik na te jaag nie…

Hy soek na die verlorenes.

Hy bring dié wat dwaal terug.

Hy red hulle.

Hy bring hulle veilig terug in Sy arms.

Hy voed hulle met goeie weiding.

Hy verbind die beseerdes.

Hy versterk die swakkes.

Hy gee hulle rus.

Hy stop nie. Hy hou nie op nie. Hy gee nie op nie… totdat dié wie Hy liefhet veilig terug is in Sy arms.

Na ‘n paar minute (wat meer soos ure gevoel het), het ek om ‘n draai gekom, en daar was hy. Hy was bang, verward, alleen en het gehuil. Soos ek hom in my arms opgeskep het, het trane oor sy gesig gerol en het hy sy kop in my bors vasgedruk en gefluister, “Ek wil nooit weer van jou af weggaan nie.”

Voel jy verlore, bang, verward of alleen vandag? Ware vrede, identiteit en doel kan slegs in Christus gevind word. Hardloop na die arms van jou Groot Herder, wat jou graag in die kraal wil terugverwelkom.

Hy is God en Hy het lief soos niemand anders nie.

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Watter eienskappe van God wat in vandag se verse genoem word, beteken vir jou die meeste? Sal jy Hom dank vir wie Hy is in vandag se kommentaar?

 Maandag se blog gemis: Lees dit hier.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s