Die Belofte van ‘n Beter Koning

Die Belofte van ‘n Beter Koning

deur WhitneyD | Jun 12, 2016 |

Week 2 Maandag

w2d1

Vir altyd en tot in ewigheid – twee woorde wat soveel belowe, maar wat selde lewer.

Verliefdes belowe hierdie woorde in alles van Hallmark kaartjies tot trou beloftes. Beste vriendinne maak vriendskap ooreenkomste met hierdie woorde en dra ooreenstemmende halssnoere om dit te bewys. My sewejarige dogter gebruik hierdie woorde wanneer sy my pinky belowe dat sy nooit uit my huis sal trek nie. Heh. En as jy jou oë toemaak en baie goed luister, sal jy selfs ‘n goeie ou “country” liedjie hoor wat smeek dat hierdie “catchy” frase oor en oor gespeel word.

Vanaf die tyd wat ons jonk is, is die lewe vol beloftes. Maar lewe lank genoeg en ons vind gou uit dat vir altyd en tot in ewigheid dikwels eindig in soms en nooit. In hierdie wêreld word drome dikwels uitgestel, besittings word dikwels verloor, “vir ewig” verhoudings eindig dikwels sonder waarskuwing en hoop word dikwels uitgestel.

Hierdie week in ons studie kyk ons na Dawid die koning, wie se storie ons uiteindelik sal wys na die belofte van ‘n beter Koning. En teenoorgesteld van alles wat hierdie wêreld bied, deur Sy Seun Jesus het God vir ons ‘n belofte gegee wat nooit ooit sal verdwyn nie.

Vra vir God om jou te help om vars hoop in hierdie drie temas te vind soos jy hierdie week studeer:

God het ‘n wonderlike doel vir jou lewe

Hy het al hoe sterker geword en die Here die Almagtige was by 2 Samuel 5:10

In vandag se verse lees ons van Dawid se aanstelling as koning en die feit dat God met hom was. Dit was nie ‘n gewone opset nie. Van die begin af het God ‘n groot doel vir Dawid se lewe gehad. Van ‘n jong skaapwagter tot gesalfde koning oor Israel, God het die onwaarskynlike geneem en hom in die mees prominente posisie van die koninkryk geplaas – ‘n posisie wat die geslag sal insluit tot ‘n Koninkryk wat nooit sal eindig nie. Voel jy oor die hoof gesien en vas in die weiveld? Hou aan om Koninkryk sade te plant op die plek waar God jou geplaas het. God is met jou. God is vir jou. God se plan vir jou lewe oorskry enigiets hierdie wat wêreld bied selfs al maak dit nog nie heeltemal sin nie. Hou vas … Hy weet wat Hy doen.

God Hou Sy Beloftes

Jou koningshuis en jou koningskap sal vir altyd vas staan; jou troon

 sal altyd voortbestaan.” 2 Samuel 7:16

In 2 Samuel 5 word ons vertel dat Dawid oor Israel vir veertlig jaar lank regeer het en net twee hoofstukke later belowe die Here dat die troon van Dawid nooit sal eindig nie. Van die hele Skrif weet ons dat Dawid nie vir ewig gelewe het nie en dat hierdie belofte gaan veel verder as die onvolmaakte konings wat sou volg. Maar toe “vir ewig” in gevaar was, het God ‘n weg gemaak. ‘n Kind sou gebore word van ‘n maagd wat die behoefte sou vervul vir ‘n regverdige seun van Dawid om die troon te neem. Sy naam was Jesus en Sy’ne sou ‘n koninkryk wees wat nooit sou eindig nie.

God het ‘n vir ewige nalatenskap voorsien.

Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Efesiërs 2:19

 Wanneer was die laaste keer wat jy gedink het oor die feit dat as ‘n kind van God is jy ‘n erfgenaam van die grootste erfenis in die heelal?! Wat ons ookal nastreef om te bereik op aarde kan nie eens raak wat is ons in Christus nie: die wêreld en alles wat daarin is (1 Kor 3: 21-23) en die ewige lewe saam met Christus is ons belonging. Laat ons nie moedeloos raak in die wag, oorweeg hierdie uitdaging deur John Newton: “Sê nou ‘n man gaan na New York toe om besit te neem van ‘n groot boedel en sy [wa] breek ‘n myl voordat hy die stad bereik, wat hom verplig om die res van die pad te loop, wat ‘n dwaas sou ons van hom dink, as ons hom sien sy hande draai en al praatend die oorblywende myl , “My [wa] is gebreek! My [wa] is gebreek !” In hierdie wêreld sal ons moeilikheid hê, maar laat ons vandag leef in groot hoop terwyl ons wag vir daardie dag!

Deur die lyn van Dawid was ‘n koning gebore vir ‘n wonderlike doel: om ‘n Koninkryk te vestig nie van hierdie wêreld nie. Hierdie Koning is vir jou. Hierdie Koning is magtig om te red en Hy is waardig van al jou getrouheid en vertroue in die hier en nou.

O Vader, sal U ons oë af neem van die tierlantyntjies en teleurstellings van hierdie wêreld en ons help om besit te neem van alles wat U ons aangebied het deur U Seun Jesus? Here, help ons om te lewe – regtig lewe – asof ons kinders van die Koning is.

* Kom ons Praat : Hoe kan jy Koninkryk sade plant waar God jou vandag geplaas het?

By Sy Voete

Whitney

 

 

 

 

 

 

Week 2 Uitdaging: Lees Matteus 1 om Dawid te plaas in die geslag van Christus. *Bonus: Skryf die volle lys van name wat in hierdie hoofstuk gelys is (van Abraham tot Jesus) in jou studie joernaal.

Week 2 Video:

Week 2 – Die Belofte van ‘n Beter Koning

Week 2 Leesplan:

Leesplan

Week 2 Memoriseervers:

Memoriseervers

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s