Jy Behoort Aan Die Koninklike

Jy Behoort Aan Die Koninklike

deur Jen Thorn | Jun 16, 2016

Week 2 Vrydag

w2d5

Jy Behoort aan die Koninklike…

Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God. Efesiërs 2:19

Dit is ‘n verskriklike gevoel om nie te behoort nie. Om te voel soos ‘n buitestander, onverwelkom, ongemaklik, oor die hoof gesien, uitgesluit, misverstaan, neergesien en miskien eenvoudig geïgnoreer. Dit is maklik om so te voel in ‘n wêreld waar skoonheid, rykdom en status gesog is; waar mense altyd probeer om mekaar te oortref om toekennings, bewondering, en aanvaarding te ontvang.

Maar ek en jy, ons het nie nodig om te streef na die wêreld om ons te klop op die skouer en ons ‘n “goed so” te gee nie” Ons behoort aan iets groter en mooier. Ons behoort aan God en dus aan Sy koninklike familie. Die Koning van alle Nasies is ons Vader. Ons hoef nie bekommer te wees om soos ‘n vreemdeling te voel nie of om nie in te pas met dié van die wêreld nie. Ons behoort reeds. Ons is vir ewig aanvaar. Ons is passievol geliefd.

Watter uitwerking moet dit hê op dié van ons wat Sy koninklike bloed in ons het?

  1. Ons moet vrolik wees.

Watter werklike redes het ons om armsalige te wees? Hoekom moet ons toelaat dat die sorge van ons dae ons oorweldig? Die Koning het ons lief, nie net met liefde nie, maar ook met aksie. Hy sorg vir diegene wat Syne is. Hy werk onvermoeid vir alle dinge tot die einde wanneer Christus weer kom, wanneer sonde weg gedoen is, en ons soos ons Verlosser gemaak is. (1 Johannes 3:2).

  1. Ons moet vreedsaam wees.

Wat veroorsaak dat jy vrede verloor? Sommige skrikkerige dinge het rondom die wêreld gebeur – selfs in lande waarin baie van ons onsself bevind op hierdie oomblik. Dit is maklik om die waarheid te verloor, maar stel weer jou oë daarop. Die waarheid is, dat as ons behoort aan die Koning kan ons dan nie verloor in die wêreld nie. Ons kan ons lewe verloor maar nie ons siele nie. Ons kan die dag verloor maar nie ons toekoms nie. In alle dinge wen ons steeds en is meer as oorwinnaars. Ons sal ‘n oorwinning hê, so ons het steeds hoop.

My vlees en my hart kan misluk, maar God is die rots van my hart en my deel tot in ewigheid . –

Psalm 73:26

  1. Ons moet eerbiedig wees.

Aanbid jy? En ek bedoel nie net op Sondag oggende nie. Is jy so oorweldig deur wat God vir jou gedoen het, deur die genade wat Hy vir julle gegee het en deur die genade op genade wat Hy elke dag op jou uitstort? Is jy in verwondering van wie Hy is? Ons het die mees hoë Koning aanstoot gegee en Hy het ons vergewe, ons Sy naam gegee, ons geklee in Sy klere en vir ons ‘n plek gegee in Sy Koninkryk. Aanbidding is die enigste reaksie.

Alhoewel Dawid nie volmaak was nie, was hy ‘n wonderlike  Koning oor Israel. God is ‘n beter Koning. En al het ons dit nie verdien nie, is ons ‘n deel van sy groot gesin. Oorweeg hierdie bemoedigende en pragtige woorde van James Meikle (1730-1799) :

Dit is waar, dat die aangenome kinders van God is nou soos edeles wat in die geheim woon in ‘n vreemde land. Hul stamboom is nie bekend, hulle glansryk is nie gesien nie, en dus ook is hul adel nie bewonder of gesog nie. Maar daar is ‘n dag wat kom wanneer al die seuns van God hul heerlike verskyning sal maak in een majestieuse skare …  Hulle sal beklee wees in heerlikheid, met palms van ‘n oorwinning in hul hande, en die handves van die verbond, wat al die voorregte van aanneming bevat, sal voor hulle uitgesprei word, en ‘n majestieuse proklamasie sal gemaak word, in die teenwoordigheid van mense, engele en duiwels- ” Hierdie is die seuns van die lewende God! ”

Kyk na Jesus

022916_1515_nGeestelike3.png

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s