WEEK 4 – DAWID DIE VEGTER

WEEK 4 – DAWID DIE VEGTER

Deur Jen Thorne| Julie 4, 2016

Week 4 Maandag

w4d1

Vandag kom ons by ‘n baie interessante deel van die verhaal van Dawid. Ons het Dawid se moed gesien toe hy teen Goliat geveg het, maar Dawid was nie sonder vrees nie. Daar is baie tye in die Psalms waar Dawid sy vrese erken. Om die waarheid te sê, hy is somtyds so bang dat dit amper verlammend is (Psalm 55:6).  Maar vrees is nie wat dapperheid kenmerk nie. Moed te midde van vrees is dapperheid. En so gebruik God Dawid se moed om hom te laat groei tot ‘n dapper en magtige krygsman.

Dawid word so suksesvol in sy militêre veldtogte dat digters liedere vir hom skryf. Ons sien in 1 Sam 18:7 dat die mense hulle weergawe van ‘n parade hou en die vrouens het gesing, Saul het sy duisende verslaan, maar Dawid sy tienduisende!”

Daaroor het Saul hom vererg. Sy gemoed het vinnig versuur en sy jaloersheid het so die oorhand geneem dat hy probeer het om Dawid twee keer met sy spies dood te maak! Is dit nie verbasend dat Dawid nog aangebly het nie?

Saul wil later nie meer hê dat Dawid by hom moet wees nie, dus maak hy hom die bevelvoerder van ‘n 1000 mans, en God gee vir Dawid en sy manne’n groot oorwinning. Weereens is Saul ontsteld, maar hy is ook bang want hy het tot die besef gekom wat die rede is vir Dawid se sukses. Hy weet dat God met Dawid is (v. 12, 14).

Ons lees die verhaal van Dawid en ons dink dat hy ‘n ongelooflike man was, maar ons moet fokus op die God wat hom ongelooflik gemaak het. God is groter. Dawid was nie ‘n magtige vegter as gevolg van sy eie sterkte en mag nie, maar as gevolg van God se sterkte en mag. In plaas van om te dink, “O, ek wens ek was moedig en dapper soos Dawid,” moet ons dink, “O, ek wil God ken en vertrou soos Dawid God geken en vertrou het.”

Ons begeerte moet wees dat God ons sal gebruik vir die uitbreiding van sy koninkryk op watter manier hy dink is die beste. Vir sommige van ons mag dit beteken om moedig en dapper te wees te midde van vervolging. Vir ander van ons mag dit wees om moedig en dapper te wees in dít wat ons sien as alledaags. Maar laat ek jou verseker, ouerskap is nie vir die lafaard nie. Om kinders groot te maak wat God se Woord ken en Hom liefhet, verg baie wysheid, geloof en deursettingsvermoë. Om ‘n kontra-kulturele lewe te leef verg moed en dapperheid.

Ons sien Dawid as ‘n magtige vegter, wat hy sekerlik was. Maar daar is Een wat selfs magtiger is, wie se krag werk deur die swakstes en wie se oorlogskreet een van oorwinning en glorie is. Kyk na Hom!

 Kyk Na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

 

Week 4 – Video

 Week 4 – Uitdaging

 Ons uitdaging vir hierdie week is dat ons nodig het om God te vra om ons sterk en dapper te maak te midde van probleme en die opposisie.

Week 4: Leesplan

Week 4 copy Week 4: Memoriseervers

w4

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s