Jesus: Die Beter Krygsman…

Jesus: Die Beter Krygsman…

Deur WhitneyD| Julie 6,2016

Week 3 Woensdag

w4d3

Ek is ‘n ma van drie seuns. Julle weet wat dit beteken, nê? Maak nie saak hoeveel keer ek hulle daaraan herinner om saggeaard en deernisvol te wees nie, hulle vind altyd ‘n manier om my daaraan te herinner dat God hulle GEHEELENAL seuns gemaak het.  In hulle wêreld word stokke swaarde. Eetstokkies word stawwe. Grondboontjiebotterbroodjies word gewere. En niemand hoef hulle te geleer het hoe om daardie ongelooflike klankeffekte te maak nie. Dit is asof hulle daarmee gebore is.

Kan iemand asseblief vir my sê dat julle met my kan vereenselwig. Ai tog.

Sedert die tyd toe hulle klein was, was die tema altyd dieselfde: daar was ‘n donker kant en ‘n helder kant. Goeie teen slegte. En op ‘n goeie aand – as ek gelukkig was – het ware heldemoed geseevier en het hulle hulle klein sussie gered van die slegte ouens. Dit het gelyk of hulle idees nooit sou ophou vir stories wat hulle kan opvoer nie. Selfs al is die slegte ouens die vorige aand verslaan, dan het daar onvermydelik ‘n ander slegte persoon verskyn om die vorige een se plek in te neem. Maar op een of ander manier was hulle gereed. Hulle het geweet dat daar ‘n stryd sal wees, maar hulle was gedetermineerd om hulle man te staan. En weet julle wat was seker?

Die goeie ouens het altyd gewen.

Vriende, daar is ‘n ander geveg wat woed terwyl ons hier praat. Maar dit is geen speel-speel oorlog wat geveg word met stokke vir swaarde en potdeksels vir skilde nie. Dit is die werklike oorlog tussen goed en kwaad, en Satan probeer so strategies moontlik om ons te oortuig om saam met hom te staan.

Hy probeer ons vertel dat omdat ons vrouens is, is dit nie ons eerste keuse om in ‘n oorlog te veg nie. Hy smokkel met ons gedagtes en oortuig ons om ons lewens met ander te vergelyk totdat ons ontevrede is, om heeltemal te veel op ons emosies staat te maak, om mense se goedkeuring te soek, selfs al beteken dit om in te gee tot kompromiee, en om te worstel met waar ons vertroue en waarde vandaan kom. Hy vind ons wanneer ons swak is (en o, en jy beter glo dat hy weet), en hy probeer ons lok om na sy kant te kom.

God se Woord herinner ons dat met Satan op die loer, kan ons nie net ‘n toeskouer in die stryd wees nie. Dames, dit is tyd om die volle wapenrusting van God aan te trek. Dit is tyd om te besluit aan watter kant ons is, en om dan intelligent voor te berei vir die geveg. Kom ons wys Satan dat met die krag van ons magtige God in ons, ons sterk en gedetermineerd en gefokus is en ons kan opstaan teen hom. Wat is praktiese maniere waaarop jy en ek dit kan doen? John MacArthur gee vir ons hierdie riglyne:

  1. Onthou dat die geveg reeds gewen is. Christus – ons groot Krygsman Koning – het Satan oorwin. Amen! (1 Joh. 3:8)
  1. Onthou dat God, wat Satan oorwin het, in julle woon! (1 Joh. 4:4)
  1. Wees waaksaam en standvastig in julle geloof (1 Pet. 5:8-9)
  1. Moenie die duiwel vatkans gee nie (Ef. 4:27)
  1. Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed. (2 Kor. 2:11)
  1. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug. (Jakobus 4:7)

Ons kan gereed wees. Ons weet dat daar ‘n stryd sal wees, maar ons kan gedetermineerd wees, met die krag van God aan ons kant, om ons man te staan. En daardie oorlog?

Ons weet reeds Wie het gewen.

Gedurende ons studie van Dawid, word ons herinner aan ‘n beter Krygsman, wat eendag sal terugkeer om vir ewig te regeer en te heers:

Toe het ek gesien die hemel is oop. Daar was ‘n wit perd. Sy Ruiter word die Getroue en die Betroubare genoem. Met regverdigheid oordeel Hy en voer Hy oorlog.” – Openbaring 19:11

Die Here het die oorlog gewen. Hy is getrou en waar, Hy regeer oorwinnend, en maak nie saak wat in ons lewens gebeur nie, ons kan vasstaan in vertroue terwyl ons wag vir daardie dag. Kom ons draai weg van ons twyfel en wanhoop, oorlogskrygsmanne, en kyk na Hom…

“Hulle het omgedraai en die Leeu gesien, so helder en werklik en sterk dat alle ander dinge opeens begin het om bleek en vaag te lyk in vergelyking met hom.” – C.S. Lewis, The Chronicles of Narnia

By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom Ons Praat: Watter van die ses oorlogstrategië wat ons hier bo noem, moet jy jou vandag hervoorneem om te doen?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s