ONS IS SOLDATE

ONS IS SOLDATE

By WhitneyD |Jun 8, 2016

Week 4 Vrydag

w4d5

ONS IS SOLDATE

Verbeel jou jy word gewerf en opgeroep tot ‘n elite taktiese eenheid. Jy is opgewonde oor hierdie avontuurlustige reis wat vir jou voorlê. Wanneer jy begin, besef jy hoe lank en onerkentlik die ure is. Eise en verwagtinge is hoog. Met die verloop van tyd begin jy lede van die eenheid verloor. Jy doen meer met minder, en dit laat jou voel asof jou doel onbereikbaar is. Jy begin ontoereikend en oorweldig voel wanneer jy rolle moet vervul wat nie binne jou natuurlike vaardighede is nie. Hierdie opwindende avontuur waarvoor jy inisieel opgeteken het, het nie juis aan jou verwagtinge voldoen nie.

Dit is die ervaring van so baie Christenvroue.

Ons het ons reis met God vurig begin… brandend met passie en ongewondenheid oor God en Sy plan vir hierdie wêreld.

Maar, met die verloop van tyd, meng die eise van die lewe in.

Ons word moeg.

Ons raak afgerem.

Ons word gestrek in alle rigtings.

Ons gee so baie van onsself dat ons vergeet om onsself eerste aan God te gee. Ons ervaar tragedie, pyn, verraad en teleurstellings. Menigmaal lei die lewe ons om God se roeping vir ons te vergeet. Hierdie wêreld is ons strydtoneel.

Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Efesiërs 6:10-13

Paulus skryf aan die gemeente in Efese om hulle passie vir God te verhoog. Jesus beskryf Efese as hardwerkend, volhoudend en hulle verduur baie swaarkry vir Hom. Nietemin wys Jesus hulle tereg omdat hulle Hom versaak het as hulle eerste liefde (Openbaring 2:2-4). Wanneer ons ons passie en fokus verloor, gee Paulus vir ons hierdie drie wenke in Efesiërs 6

(1) Die Christelike lewe is ‘n strydtoneel, nie ‘n speelgrond nie. God maak dit duidelik in Sy Woord (Mat. 10:22; Joh. 15:18), dat gelowiges sal moet veg om Jesus te verteenwoordig teenoor ‘n verlore wêreld wat Hom haat. Op die dag van ons verlossing, het God ons ‘n nuwe lewe gegee, maar dit beteken nie dat ons net wag en niks doen tot Jesus weer kom nie. Ons moet die Goeie Nuus van Jesus deel. Ons moet ons liefde, genade en barmhartigheid uitstort teenoor die onbeminlikes. Ons moet goddelikheid demonstreer aan ons families, vriende en medewerkers. Die stryd is werklik. Is jy in die geveg of op die swaaie?

(2) Ons PRIMêRE vyand is Satan. Alhoewel ons veg met mense, herinner Paulus ons daaraan dat ons primêre vyand is nie teen vlees en bloed nie. Satan se doel is om God se Woord te belemmer, om verlossing te ontmoedig en om ons getuienis te vernietig. Satan moedig disharmonie, onmin en verdeling in ons huwelike, huise en werkplekke aan. Wanneer ons weier om te vergewe, en ons toelaat dat woede in ons harte heers, dan veg ons teen die einste mense wat God wil bereik deur ons. Ons moet daarteen waak dat ons Jesus verkeerd voorstel vir dié wat Hom die nodigste het. Is jy God se advokaat of Satan s’n?  

(3) Sonder God kan die geveg nie gewen word nie. In geestelike veldslae moet fisiese wapens nie gebruik word nie. Verse 14-18 beskryf die volle wapenrusting van God. God het ons voorsien van verdedigende wapenrusting en kragtige aanvallende wapens, om oorlog te maak op Sy manier en in Sy krag. Ons veg met totale afhanklikheid aan God, deur Sy geestelike wapens te gebruik – nooit op ons eie of in ons eie krag nie. Veg jy met God se wapens of jou eie?

In ons studie van Dawid se lewe, leer ons hoe hy geloof, gehoorsaamheid en die wapens van God gebruik het om vyande te verslaan. Wanneer ons vir God veg, dan het ons die hele hemel wat ons ondersteun. God se krag is absoluut perfek in ons swakheid. Die geveg is hier, of ons dit wil veg of nie. Gebrek aan voorbereiding, gebrek aan belangstelling en gebrek aan gereedheid is nie ‘n opsie nie. Ons is soldate!

Vader God, dankie dat U onvolmaakte mense gebruik om U perfekte planne uit te voer. Here, hernuwe ons passie en uithouvermoë vir die geveg. Help ons, Here, om waardig tot ons roeping te leef. In Jesus se naam, Amen.

*Kom Ons Praat: Hoe kan ons vir julle bid soos julle begin om geestelike oorlog te voer in julle huise, julle werksplekke en in julle gemeenskappe?

Genade en vrede vir julle,

Document1

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s