Jesus: Die Beter Vriend

deur WhitneyD | Jul 13, 2016 |

Week 5 Woensdag

w5d3

Vir sommige bring die onderwerp van vriendskap ‘n warm en dankbaar gevoel. Vir ander is dit ‘n sensitiewe onderwerp wat diep emosies van pyn of eensaamheid verwek. Ek weet vir ‘n feit dat sommige van julle warm trane gister gehuil het soos jy gelees het oor Dawid en Jonatan se ongelooflike band, want jy het verlang na dit – jy het al vir dit gebid – maar jy het nog nooit so outentieke vriendskap geken nie.

Vir dié van julle wat vroeër vandeesweek julle Bybels wou neer sit en tou op gooi (dit is ok, God kan dit vat), kan ek vir ‘n paar minute met julle almal praat? In plaas daarvan om weg te trek vra ek jou om in te leun en toelaat dat God se Woord jou vandag in hierdie moeilike plek troos.

Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê!”

Omdat aardse verhoudings altyd bestaan uit twee sondaars het ons almal tye ervaar wanneer ons vriendskappe (of gebrek daaraan ) ons in ongemaklike maniere gestrek het. Maar dit is dit: hoe langer ek saam met Jesus loop, hoe meer kan ek hierdie ongemaklike seisoene omhels omdat hulle my herinner dat ek nooit gemaak is om blywende troos en vervulling te vind van hierdie wêreld nie – nie van my besittings nie, nie van my plek nie , nie my sosiale status nie, en nie van die mense wie God geplaas het in my lewe nie.

In plaas daarvan, verlang ons liefdevolle Vader dat ons na Hom kyk.

Om Hom te soek bo al die ander

Om troos, vrede, rus en krag in Hom te vind.

Dawid kon ‘n lojale vriend gewees het, maar Jesus is die beter vriend. Haal diep asem en laat die waarheid van die vandag se Skrif oor jou vermoeiende vriendskap siel spoel:

Jesus, die opofferende vriend

” Groter liefde het niemand soos dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende sal neerlê” Die omgewing was die Laaste Avondmaal, die gehoor was Sy dissipels. Die aand het gedraai om Jesus se groot liefde vir diegene wat hom die mees intiem geken het. Hy het reeds hulle voete gewas, gepraat van intieme besonderhede van sy laaste oomblikke op aarde, hulle getroos met die belofte van die Heilige Gees en hulle uitgedaag om in Hom te bly. Die volgende dag sou Jesus vrywillig Sy lewe vir sy vriende neerlê. Kan ek jou uitdaag om nooit daaroor te kom nie? Hy sou sonde en dood oorwin en ‘n manier maak vir jou en vir my, om genade, vergifnis en alles wat ons nodig het in Hom te vind . Jy kan ophou soek. Groter liefde het niemand as dit nie.

Jesus, die toeganklike vriend

Ek noem julle nie meer ondergeskiktes nie, want ‘n ondergeskikte weet nie wat sy baas doen nie. Nee, Ek noem julle vriende, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het” In ons vuil, sondige maar verloste toestand, is ons geseën ver bo ons verstand om dienaars (of slawe) van Jesus geroep te word. As volgelinge van Jesus, is ons gekies, gekoop met sy kosbare bloed, beskerm, voorsien vir, en lewenslange status gegee in die familie van God. Maar asof dit nie genoeg was nie? Roep Hy ons vriende. Dit is geen beperkte, geslote verhouding nie. Slawe is geroep om gehoorsaam te wees sonder om te verstaan maar as gevolg van Jesus, het dié van ons in Christus toegang tot AL die kennis en begrip wat ons nodig het om God se gebooie te gehoorsaam en getroos te word deur Sy liefde. Probeer om jou kop draai vir ‘n oomblik om daardie soort van vriendskap. Sy juk is sag en Sy las is lig (Matt.11:30) en Hy is nooit ver van enigeen van ons nie (Hand 17:27).

Jesus, die Perfekte Vriend

Omdat sonde die wêreld ingekom het, sal ons altyd gebrek in ons menslike verhoudings hê. Maar daar is Een wie die perfekte vriend is. Selfs wanneer die wêreld Hom verwerp het, het Jesus Sy lewe gegee om ons te red, en ‘n manier gemaak vir ons om Hom intiem te leer ken. En omtrent daardie moeilike taak wat Hy aan ons gegee het om ander lief te hê ? Hy was eerste lief vir ons en die pad gewys.

In die kommentaar, sal jy Hom vandag bedank vir Sy vriendskap

By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s