Week 6: Dawid Die Sondaar

Week 6: Dawid Die Sondaar

deur WhitneyD | Jul 18, 2016

Week 6 Maandag

w6d1

DAWID DIE SONDAAR

Toe die routyd oor was, het Dawid haar na sy huis toe laat haal. Sy het sy vrou geword en vir hom ‘n seun in die wêreld gebring. Maar wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die Here. – 2 Samuel 11:27

Dit sou maklik wees om hierdie week te lees oor Dawid die sondaar – die rou Dawid en Batseba storie is gevul met drama, bedrog, verwoesting, en twyfel –  en opreg reageer met ‘n, “Nie ek nie”.

Here, ek het nog nooit owerspel gepleeg nie,

 Here, ek het nog nooi ‘n baba gedra wat nie my man s’n was nie.

 Here, ek het nog nooit stappe geneem om die dood van ‘n ander te verseker nie.

Here, ek het nog nooit.

Nooit, Nie ek nie

Ons is goed met dit, ek en jy. Ons blaai deur mense se lewens op sosiale media, raak betrokke in gesprekke op ons grasperk , en yep – met verlaagde stemme deel selfs in ons einste kerklike kringe – en ons is vinning om die sondes van ander uit te roep (indien nie hardop nie, dan dikwels in ons gedagtes) .

Maar praat oor ons eie sonde? Ons wil eerder na onsself verwys as Die Getroue Vriend. Die Dapper Vegter in die Geloof. ‘n Vrou na God se Eie Hart.

Ons verberg ons sonde, en bid dat met net genoeg afleiding en bedekking, niemand sal ooit agterkom nie.

Ons vergelyk ons sonde, wys die splinter in ‘n ander se oog uit in plaas van die erkenning van die stomp in ons eie .

Ons bevorder goeie werke om ons sonde te “oortref”; werk harder werk en doen meer in die hoop om genade by God en ander te vind.

Maar net soos Natan vir dawid gesê het, “Jy is die man” (2 Samuel 12:7), so kan dit van elkeen van ons gesê word.

Ons is almal sondaars (Romeine 3:23)

Soveel as wat ons wil hê dat ons, ons sonde ontvlug, dit is altyd tevore ons. Geen bedrag van verberging, vergelyking, of bydra sal ooit ons sonde probleem oplos nie. Maar ons kan leer uit Dawid. In plaas daarvan om te ontken of om voortdurende te hardloop van sy sonde, het Dawid die eerste stap in die rigting ware bekering geneem: hy het erken dat hy ‘n sondaar was. Dawid het geluister na due sterk woorde van Natan in 2 Samuel 12 en toegesê, “Ek het teen die Here gesondig.” – 2 Samuel 12:13

” Bekering vereis eerlikheid. Niemand kom na God met ware berou in hulle hart, tensy hulle eers hul behoefte aan vergifnis en versoening met hom erken het nie. Slegs diegene wat opgehou het om hulle sonde te probeer toesmeer met eiegeregtigheid en bedrog kan die diep en blywende verandering wat slegs deur bekering kom, ervaar . “- Joël Lindsey

Soos ons hierdie week Dawid die Sondar studeer, laat ons bepaal om eerlik te wees voor die Here oor die sonde in ons eie lewens. Die proses sal nie maklik wees nie. In werklikheid sal dit waarskynlik ronduit pynlik wees. Maar bly saam met ons, want Dawid se storie eindig nie met sy sonde nie, en ons storie hoef ook nie. In ons eie wanhoop en verwoesting ontmoet, Dawid se lewe ons waar ons is en wys ons na iets beters: Sy naam is Jesus die Hoop van Sondaars, en Sy gawe is bekering tot almal wat glo.

Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak.

Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie en lei my op die beproefde pad! – Psalms 139:23-24

Vandag, sal jy saam met my die eerste stap neem?

My name is Whitney, en ek is ‘n sondaar

{Moet nie Woensdag se pos vir die res van die storie mis nie: Jesus die Hoop van Sondaars}

By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

Week 6 Video:

Week 6 Uitdaging: Hierdie week draai af die eksterne geraas rondom jou (sosiale media, televisie, die wêreld nuus, ens) en in plaas neem tyd om jou eie hart te ondersoek, en vra God om te openbaar en jou te help om te berou van enige onbelyde sonde in jou lewe.

Week 6 Leesplan:

Week 6

Week 6 Memoriseervers:
w6

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s