Jesus: Die Hoop van Sondaars

Jesus: Die Hoop van Sondaars

deur Angela | Jul 20, 2016 |

Week 6 Woensdag

w6d3

Ek is lief vir Dawid. Hy is eerlik een van my gunstelinge. Om te lees oor sy swak keuses, sy minder as bewonderenswaardig besluite, en sy selfsug … nie een van my gunsteling onderwerpe vir hierdie liefdevolle Dawid meisie nie.

Ek hou daarvan om hom te sien afhanklik aan God. Ek hou daarvan om hom nederig te sien en God ten volle te vertrou wanneer niemand anders is nie.

Dit moedig my aan, vuur my aan, en maak om dieselfde te wil doen in my lewe.

Maar selfs al het Dawid God liefgehad, was hy ook ‘n sondaar en geneig om te dwaal.  Soos ek.

Ons sien pynlik dit hierdie week. By tye wanneer ek die storie oor Dawid en Batseba Dawid en Uría, en Dawid en Nathan lees wil ek amper op hom skree en hom vertel hom om daar uit te gaan nie. Maak jou oë toe. Moenie toegee aan die versoeking nie. Verneder jouself en vertel net die waarheid.

Ons keuses het gevolge.

Baie keer kan ons swak keuses nie net ons seermaak nie, maar diegene wat onskuldige rondom ons is.

Ons sien dit in ons lees hierdie week. Dawid se sonde het nie net om hom seer gemaak nie, maar sy sonde het God seer gemaak. Sy sonde het sy kind met Batseba seer gemaak. Dit het Uría wat onskuldige en edel was seer gemaak. Dit het Dawid se familie seer gemaak, en uiteindelik sy volk wat hy veronderstel was om te waak en te beskerm, seer gemaak.

Dawid het baie suksesse in sy lewe gehad, maar hy het ook baie foute gehad. Ons kan duidelik die verskil in Dawid se lewe sien wanneer hy ten volle afhanklik van God was en wanneer hy ver van Hom was. Alhoewel ek nie daarvan hou om een van my helde te sien sondig en sover van God te lewe nie, glo ek dat God toegelaat dat hierdie verhaal van Dawid in die Bybel ingesluit moes word om ons aan te moedig en ons hoop te gee.

Alhoewel God wonderlike dinge in Dawid se lewe gedoen het, was Dawid ‘n sondaar… net soos ek.

Dawid –  het op sekere tye in sy lewe – sy rug op God gedraai… net soos ek.

Dawid – het op sekere tye in sy lewe – gedink hy is belangriker as ander… net soos ek.

Dawid –  was op sekere tye in sy lewe – selfsugtig en onafhanklike … net soos ek.

Dawid – het op sekere tye in sy lewe – vergeet wie sy eerste liefde was … NET SOOS EK.

Ohhh maar dierbare vriende, ons het Jesus. Jesus is by verre die beter Koning.

Om 1 Timoteus 1: 12-16 te lees veroorsaak dat ek jubel in die liefde, genade en ek hoop wat ek deur die vergifnis van my sondes het as gevolg van Jesus Christus!

Hy ken my verlede. Hy weet van my sondes. Hy ken die donkerte van my hart en die stryd wat ek veg. Hy weet van my sondes en Hy ken my spyt. Hy weet wanneer ek gedwaal het van Hom soos ‘n lam en Hy moes agter my gaan vir my beskerming. Hy ken die donkerste dele van my en tog kies Hy om my lief te hê.

Hy doen dieselfde vir jou, diebare vriend.

Dawid was ‘n sondaar. Ek is ‘n sondaar, en so is jy.

Tog lees ons in ons verse vandag dat Jesus wys vir ons genade (vs 13). Deur Jesus se gestorte bloed aan die kruis.

Ek ontvang nie oordeel nie, maar ontvang genade, geloof en liefde (vs14)

“Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. Van hulle is ek die grootste” (vs 15).

Vriende, Jesus het vir ons gekom. Hy weet reeds dat ons sondaars is, in nood van ‘n Verlosser. Daar is geen rede om weg te kruip van Hom of ons sondes toesmeer nie.

Hy ken ons sondes en tog in Sy genade en barmhartigheid gekies om ons lief te hê ten spyte van hulle.

Hy verkies genade oor toorn.

Ons is almal sondaars, maar moenie hierdie belangrike deel van ons lees vandag mis nie : “Maar juis daarom was God my genadig sodat Christus Jesus aan my, as die grootste sondaar, al sy verdraagsaamheid sou betoon en ek ‘n voorbeeld kon wees vir almal wat in die toekoms in Hom sou glo om die ewige lewe te verkry.”

Ahhh … sien jy hoe kragtig jou getuienis is?

In hierdie verse huiwer Paulus nie om ons te wys hoe verskriklik sy sondes was nie. Hoekom? Sodat ander hoop kan hê. Hy was meer geïnteresseerd om ‘n voorbeeld te wees van die ongelooflike werk wat Jesus kan doen in ‘n lewe eerder as die skep van ‘n leemte beeld van sy verlede en die wonderlike werk wat Jesus in hom gedoen het!!

Dierbare vriende, laat toe dat ander jou mislukkings sien sodat hulle mag hoop hê dat die ongelooflike werk wat Jesus gedoen het in jou lewe, kan hy ook in hulle s’n doen.

Jesus… Hy is ons enigste hoop.

Selfs al is ek hartseer oor die keuse wat Dawid met Batseba gemaak het, is ek lief vir hoe God daardie situasie verlos het.

Ja, Dawid en Batseba het die gevolge vir hul keuses en sonde gely, maar moenie die feit mis dat God in Sy genade hulle geseën het met ‘n ander seun … Salomo.

Moet nooit vergeet dat ons dien ‘n God wat verlos

Hy is ons hoop. Hy is ons vriend. Hy is ons Verlosser.

* Kom ons praat : Moedig iemand vandag aan en deel hoe God genade, geduld en barmhartigheid uitgebrei het na jou toe en hoe Sy liefde jou lewe verander het!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Vriende,

Ons is super opgewonde om ons nuwe bybel met u te deel: Jy Is Vergewe.

Whitney, Jen, Joy en Angela was agter die skerms besig om hierdie nuwe BOEK te skryf en hulle kan nie wag om dit met julle te deel nie.

“Jy is vergewe” sal hoofstukke vir elke week insluit, persoonlike getuienisse, sowel as al die gereelde ongelooflike inhoud wat deel uitmaak van elke joernaal!

Jy is vergewe sal ‘n boek en joernaal wees, wat saam gekombineer is! Sjoe – hoe netjies is dit?! Dit sal in Augustus beskikbaar wees en ons kan nie wag vir julle om dit te sien nie!

Merk julle kalender en beplan om by ons aan te sluit op 5 September wanneer ons hierdie opwindende nuwe studie begin!

Die Boek en joernaal sal soos altyd gratis beskikbaar wees om af te laai op ons blog. Die boek sal ook te koop wees op Amazon.

Ons sal graag hê dat julle by ons aansluit!

Jy sal dit nie wil mis nie!

Want waarlik, jy is geliefd en vergewe.

13692971_10153740413597467_8534420267990833467_o

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s