Is Jou Lewe Gekenmerk Deur Bekering

Is Jou Lewe Gekenmerk Deur Bekering

Deur Jen Thorne | Julie 22

Week 6 Vrydag

w6d5

As ons lees oor die bybelse aartsvaders, is dit maklik om hulle op ‘n voetstuk te plaas en hulle te sien as super goddelik. Ons sien hulle met geloof so sterk, dat hulle dapper kan staar in die monde van leeus in, Farao uitdaag, en oorlog maak teen nasies. Dit blyk asof sommige van hulle God so liefgehad het, dat hulle gewillig was om alles op te offer, selfs hulle enigste seun.

Dit kan blyk asof Dawid soos een van daardie mans is, gevul met geloof wat hulle gelei het tot dapper aksie.

Maar ons moet nooit vergeet dat alle mense in die Bybel, maak nie saak hoe goddelik hulle was nie, ook sondaars was wat nodig gehad het om tot bekering te kom.

Om tot bekering te kom is een van die kenmerke van ‘n gelowige. Toe Martin Luther sy 95 Stellings geskryf het, het hy die volgende geplaas as nommer een: “Toe ons Here en Meester, Jesus Christus gesê het, ‘Bekeer julle’, het Hy bedoel dat ‘n gelowige se hele lewe een van voortdurende bekering moet wees.”

Maar wat is bekering presies?

James P. Boyce’s Brief Catechism of Bible Doctrine (1886) gee ‘n eenvoudige en akkurate definisie. “Bekering is berou oor sonde, gepaard met ‘n vasberadenheid, met die hulp van God, om nie meer te sondig nie.

 Kom ons deel dit op:

  1. Sien

Sommige dinge is pynlik om na te kyk, en ons sonde is een van hulle. Ons moet versigtig kyk na ons woorde, aksies en harte. As jy ‘n sondaar soos ek is, sal jy baie lelikheid vind. Die enigste manier om ons sondes te begin sien, is deur die waarheid van God se Woord en die bediening van die Heilige Gees (Heb. 4:12; Joh. 16:8).

  1. Smart

Wanneer ons waarlik ons sonde sien, sal ons smart ervaar. Dit is nie die oppervlakkige hartseer dat jy uitgevang is nie. Dit is wat Thomas Watson ‘n “heilige foltering” van die siel noem. Die Bybel noem dit ‘n hart vol ootmoed en berou (Ps. 51:19). Dawid praat met God en sê in Psalm 51:6, “… Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë.” Ten spyte van die mense wat hy kwaad aangedoen het, het Dawid verstaan dat hy uiteindelik teen sy heilige God gesondig het. Dit geld ook vir ons. Wanneer ons skree op ons kinders, disrespekvol praat met ons eggenotes, ons geld mors of ons liggame verwaarloos, sondig ons teen God en dit moet ons breek.

  1. Belydenis

Met smart kom belydenis. Bekering sluit altyd ‘n opregte en berouvolle belydenis in van dit wat ons verkeerd gesê, gedoen of selfs gedink het. Somtyds beteken dit dat ons dit bely aan ander. Maar dit beteken altyd dat ons ons sondes aan God bely; erken wat ons gedoen het, sonder om verskonings te maak. Belydenis eer God (Jos. 7:19), maak ons nederig en maak ons meer afhanklik van Jesus. Belydenis is ‘n wyse waardeur ons harte versag word.

  1. Haat

Hierdie is een van daardie tye in ons lewens wanneer dit in orde is om te haat. Sonde is ‘n sataniese  verwoester wat mens en skepping ruïneer en die enigste gevoel wat toepaslik is om te hê oor sonde, is heilige haat (1 Joh. 3:8; Sag. 3:4-5; Ps. 119:104). Ons moet dit haat, want dit bedroef die Here en dit skaad ons lewens.

  1. Draai

Laastelik moet ons wegdraai van ons sonde, en na God draai (Hand. 26:20).

Bekering maak ‘n persoon nie perfek nie. Jy sal nooit aan hierdie kant van die hemel perfek kan bekeer nie. Dit red ons ook nie, want ons is alreeds gered. Maar bekering is ‘n voordurende, daaglikse aktiwiteit vir ons, want ons bly sondaars wat daaglikse genade benodig.

Een ding om te onthou is dat bekering nie ‘n manier is om God te manipuleer om jou te seën en jou te gee wat jy wil hê nie. Dit is nie ‘n manier om guns te verdien met God of ‘n manier om Hom “gelukkig” te maak met jou nie. Jy kan God nie manipuleer om goed te wees nie. Hy is alreeds goed. Hy het jou alreeds meer lief as wat jy jou kan indink, en Hy seën altyd sy mense.

Bekering is ‘n geskenk aan ons. Dit hou ons harte sag teenoor ander, sodat bitterheid nie kan wortel skiet nie. En dit hou ons oë gefokus op Christus en Sy werk aan die kruis, want ons word baie bewus daarvan dat ons hulpeloos in ons sonde is en ons benodig Goddelike hulp.

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

Advertisements

1 thought on “Is Jou Lewe Gekenmerk Deur Bekering”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s