Week 7:Dawid Die Man Na God Se Hart

Week 7: Dawid Die Man Na God Se Hart

Deur Angela | July 25, 2016

Week 7 Maandag

w7

Tot nou toe in ons studie het ons Dawid gesien as:

Die Skaapwagter

Die Koning

Die Man

Die Vegter

Die Vriend

Die Sondaar

En hierdie week fokus ons op Dawid: Die Man Na God Se Hart.

Wat ek die meeste hou van Dawid, was sy liefde vir God. Ja, ons weet uit verlede week se studie dat Dawid swak areas in sy lewe gehad het, net soos ons almal het. Maar wat was dit van Dawid dat God hom sou beskryf het as ‘n man na God se eie hart?”

 Ek glo dit was sy liefde vir God.

Selfs al het Dawid gesondig; selfs al het hy foute gemaak… het Dawid God liefgehad.

 Ons sien die kontras tussen Dawid en Saul so duidelik.

Albei manne het gesondig, maar dit was Dawid se hart wat verpletter was toe Natan hom oor sy sonde gekonfronteer het. Wat was sy reaksie?

“Ek het gesondig teen die Here.” (2 Sam. 12:13)

Sy besorgdheid was sy verhouding met God.

Dawid het gesondig en hy het dit erken. Maar hy het nie net daar gestop nie. Dawid het verder gegaan en het iets daaraan gedoen. Hy het versoening gesoek. Dawid wou reg wees met God. Dit het hom bedroef dat hy sy verhouding met God verbreek het, en hy sou enige iets doen om dit te herstel.

In sy boek: Dawid, sê Chuck Swindoll dat daar drie eienskappe was wat God in Dawid gesien het waarvoor Hy lief was: Dawid se geestelikheid, sy nederigheid en sy integriteit. Dit is alles eienskappe wat God aan Sy seun, Jesus herinner.

Kom ons kyk na elkeen van dié in Dawid se lewe…

Dawid se Geestelikheid

Dawid was lief vir dit wat God liefgehad het. Hy was beswaar met wat God beswaar het. Dawid se prioriteit was om sy lewe vir God te leef, maar hy het nie net gepraat daaroor om vir God te leef nie; in sy lewe hy het sy geloof oorgesit na aksie. Hy het probeer om te luister na God en Hom te gehoorsaam in meeste areas van sy lewe. Toe God hom gekonfronteer het met sy sonde, het Dawid stappe geneem om te verander en tot inkeer te kom. Die punt is: Dawid se hart was sensitief vir die dinge van God.

“Die Here het sy oë oral op die aarde sodat Hy dié kan help wat met hulle hele hart op Hom vertrou…” – 2 Kron. 16:9

Wil jy ‘n vrou wees wat beskryf word as “’n vrou na God se eie hart?” Gee dan jou hart volkome aan die Here. Wees lief vir dit wat Hy liefhet, haat wat Hy haat, kry seer wanneer Hy seerkry en verjeug jou oor dit wat Hom verheug.

 Maak Hom jou eerste prioriteit. Jou eerste liefde.

Dawid se Nederigheid

Jare van skape oppas en die jongste wees in ‘n familie van seuns, het Dawid geleer om nederig te wees. Hy was nie sy vader se eerste keuse nie. Hy was nie Samuel se eerste keuse nie. Maar Hy was God s’n. In Dawid, het God ‘n man gesien wat ‘n dienaarshart gehad het: een wat getrou in die veld gedien het deur skape op te pas; een wat gewillig was om boodskappe heen en weer te bring na sy broers op die gevegsfront. Dawid het getrou diegene wat dit nie waardeer het nie, gedien en gehelp.

Dawid was nie daarop uit om vir homself ‘n naam te maak nie, maar toe die tyd gekom het, het hy ook nie toegelaat dat God se naam vertrap en skade aangedoen word nie. Dawid het geleer om nederig te wees wanneer hy nederig moes wees, maar hy het Godgegewe sterkte leer ken in daardie eensame velde. Hy het geweet wanneer om ‘n standpunt in te neem en hy het die moed gehad om dit te doen.

Dawid se Integriteit

“Agter die lammerooie het Hy hom weggehaal

om sy volk Jakob,

sy eiendom Israel, te versorg.

Dawid het die volk met toewyding versorg

en hulle met oorleg gelei. – Psalm 78:71-72

 Integriteit – wat ons doen wanneer niemand kyk nie. Dawid word beskryf as iemand wat integriteit van die hart gehad het. Onthou, God kyk nie na die uiterlike nie, Hy kyk na die innerlike. (1 Sam. 16:7)

O, liewe vriende, soos ons meer en meer van Dawid leer, sien ons dat ons nie vrouens hoef te wees wat perfek, sonder sonde en wat alles onder beheer het nie. God soek vrouens wat Hom liefhet. Vrouens wat Hom wil dien in watter “veld” Hy hulle ook mag roep. Vrouens wie se harte aan Hom behoort – wat Hom toegang gee tot die goeie en die slegte, sodat Hy die kragtige werk eers IN hulle en dan DEUR hulle kan doen, vir Sy glorie!

 Week 7 Uitdaging: In reaksie op wat ons land op die oomblik deurgaan, is ons uitdaging hierdie week om ELKE oggend te bid vir ons land. Bid vir ons mense om in liefde te reageer deur die krag van die Heilige Gees. Bid vir ons nasie: dat harte sal versag, verginis uitgereik sal word en liefde aanvaar sal word. Ons moet onthou dat “Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is.” 1 Joh. 4:4

ONS is nie per ongeluk hier nie. God het ‘n goddelike doel vir elkeen van ons wat op hierdie plek leef op hierdie presiese tyd, en ons ALMAL het ‘n rol wat ons kan speel om ons nasie te help deur hierdie moeilike tyd. Kom ons kies om ‘n lig te wees in die duisternis en te skyn vir Jesus! Kom ons wees vrouens wat nie net God se Woord LEES nie, maar vrouens wat God se Woord DOEN! Mag ONS VROUENS na God se eie hart wees!

Kom ons praat:

Deel ‘n gebed vir ons land in vandag se kommentaar, en kom ons verenig SAAM in God se Woord en deur die krag van gebed!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Week 7: Video

 Week 7: Leesplan

Week 7

 Week 7 Memoriseervers

w7

 Vriende,

Ons is super opgewonde om ons nuwe bybel met u te deel: Jy Is Vergewe.

Whitney, Jen, Joy en Angela was agter die skerms besig om hierdie nuwe BOEK te skryf en hulle kan nie wag om dit met julle te deel nie.

“Jy is vergewe” sal hoofstukke vir elke week insluit, persoonlike getuienisse, sowel as al die gereelde ongelooflike inhoud wat deel uitmaak van elke joernaal!

Jy is vergewe sal ‘n boek en joernaal wees, wat saam gekombineer is! Sjoe – hoe netjies is dit?! Dit sal in Augustus beskikbaar wees en ons kan nie wag vir julle om dit te sien nie!

Merk julle kalender en beplan om by ons aan te sluit op 5 September wanneer ons hierdie opwindende nuwe studie begin!

Die Boek en joernaal sal soos altyd gratis beskikbaar wees om af te laai op ons blog. Die boek sal ook te koop wees op Amazon.

Ons sal graag hê dat julle by ons aansluit!

Jy sal dit nie wil mis nie!

Want waarlik, jy is geliefd en vergewe.

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s