JESUS, GELIEFDE VAN GOD…

JESUS, GELIEFDE VAN GOD…

Deur Jen Thorn | Julie 28, 2016

Week 7 Woensdag

w7d3

Dawid was bekend vir baie goeie dinge. Hy was ‘n goeie koning, ‘n wonderlike vriend, ‘n kragtige vegter en hierdie week sien ons dat hy gereken is as ‘n man na God se hart.

Maar ons het ook gesien dat hoe ongelooflik Dawid ookal was, is daar Een wat in elke opsig beter is en hierdie week is dit nie anders nie.

In Matteus 17 het die dissipels iets ongelooflik waargeneem. Hulle het die verheerliking van Jesus gesien. Hulle het Hom gesien op ‘n manier wat niemand Hom nog ooit gesien het nie. Hulle het ‘n blik gekry van Jesus as God.

Christus was beide God en man; maar, toe Hy ‘n mens was, het Hy die gestalte van ‘n slaaf aangeneem (Fil. 2:7). Hy het ‘n sluier gehang oor die glorie van Sy Goddelikheid; maar nou, in Sy verheerliking, het Hy daardie sluier gelig, verskyn … in die gestalte van God (Fil. 2:6), en het vir Sy dissipels ‘n blik gegee van Sy glorie. – Matthew Henry

 En toe het hulle die stem van God die Vader hoor sê, “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek my verheug. Luister na Hom.” Dit is iets wat die Vader vantevore gesê het, by Jesus se doop, maar hierdie keer voeg Hy iets by. Hy sê, “…luister na Hom.”

Die Vader weet dat wanneer ons luister na Jesus, die Seun, dan luister ons ook na God die Vader. Hulle is afsonderlik en nogtans is hulle God. Dit is asof hulle harte klop as een, want hulle wense en begeertes is in perfekte harmonie.

Hoekom wil die Vader hê ons moet luister na Sy Seun? Want dit is alleenlik in Hom dat verlossing gevind word nie.

Wil jy vry wees? Luister na Jesus!

 Wil jy vrede ervaar? Luister na Jesus!

 Wil jy tevrede wees? Luister na Jesus!

 Wil jy verblyd wees in alle omstandighede? Luister na Jesus!

 Dawid was wonderlik, maar hy het ook baie drooggemaak.

Ten spyte van Dawid se baie slegte sondes, was hy gereken as ‘n man na God se eie hart – nie omdat hy beter was as ons nie – maar omdat hy behoort het aan die Een wat in alle opsigte beter is.   

 In Jesus vind ons alles wat ons nodig het vir die lewe en goddelikheid, en deur na Jesus te luister, die ware man na God se hart, kan ons ook ‘n vrou “na God se hart” genoem word.

Kyk Na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s