Ons Is God Se Mense

Ons Is God Se Mense

deur Angela | Julie 29, 2016

Week 7 Vrydag

w7d5

Ons het almal ‘n verlede en hierdie stories het ons gevorm in wie ons vandag is. En terwyl ons stories almal baie verskillend is, is dít wat hulle in gemeen het, die feit dat ons stories die mening wat ons van onsself het, aandui. Ons maak onsself reg vir of sukses of mislukking. Ons menings oor onsself bepaal ons gedrag, so ons moet weier om toe te laat dat die leuens van ons verlede, die seer en die wonde, bepaal hoe ons vandag wandel.

Wanneer ons erken word deur ‘n outoriteitsfiguur, dan is daar iets wat opwel binne ons wat soveel bevrediging, vrede en vreugde bring. Hier is goeie nuus, vriende …  die Here is die gesaghebber oor WIE ons is! Nie enige iemand anders nie. Hy is ons Skepper, die een waarna ons moet luister en wie ons moet toelaat om ons harte en gedagtes te vorm.

 In die tweede hoofstuk van 1 Petrus, deel hy wat God sê oor ons. “Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig. Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.” [1 Pet. 2:9-10]

 In hierdie vers, vertel Hy vir ons wie ons is in Hom …

#1. “’n Uitverkore volk” – Jy is gekies & aanvaar.

Ons word gedryf deur aanvaarding, want ons is lief vir die gevoel van aanvaarding. Wanneer ons aanvaar word, dan swel ons selfbeeld! Maar, ons word nie altyd aanvaar nie … ons onsekerhede, gebreke & karakter kan in die pad staan. Nogtans aanvaar God jou en my net soos ons is. Daar is geen voorwaardes nie, Hy het jou net LIEF & aanvaar jou net soos jy is. Hoekom? Hy het jou geskape. Jy is Syne. Jy is gekies.

#2. “’n Koninklike priesterdom” – Jy is in staat.

 Ons het direkte toegang tot God. Altyd. Hoe glorieryk!!! Ons hoef nie deur iemand te gaan om by Hom uit te kom nie. Ons is Syne. En as volgelinge van Jesus, het Hy dit aan ons toevertrou om Sy hande en voete te wees en dié wat in nood is te dien. Jy is bekwaam, eenvoudig net omdat jy Syne is! Bill Hybels het gesê, “Ek wil nooit eendag uitreik met ‘n sagte, ongeëelte hand – ‘n hand wat nooit vuilgemaak is deur diensdoening nie – en die spyker-deurboorde hand van Jesus skud nie.”

#3. “Mense wat vir God afgesonder is” – Jy het waarde.

 Die Skrif sê, “Julle is vrygekoop en die prys is betaal” [1 Kor. 7:23].

Jesus het die hoogste prys vir jou betaal omdat Hy jou diep liefhet. Ja, JY! Die prys wat Hy betaal het was nie tevergeefs nie. Dit het hom Sy lewe gekos. Die kruis bevestig jou waarde! So wanneer jy toelaat dat jou waarde geoordeel word deur dinge van hierdie wêreld, dan ontwaardig jy die koste van jou lewe & die liefde wat jou Verlosser vir jou het. Hy het gekom om jou te red want jy is Sy mees kosbare skat.

#4. “Die eiendomsvolk van God” – Jy is vergewe.

 Daar is niks wat jou waarde & eiewaarde so bekragtig as om te weet dat jy vergewe is nie! Wanneer ons na die Here kom met ons sondes, vee Hy hulle uit. Hulle is vergeet & word nie oor en oor opgebring soos wat ons in ons gedagtes doen nie. Nee! God hanteer hulle eenvoudig asof hulle nie bestaan nie. WATTER VRYHEID!

Die Here is ontroer wanneer ons na Hom toe kom en vra vir ‘n skoon lei. Hy vergewe ons dadelik omdat Hy ons liefhet! Alhoewel dit eenvoudig mag klink & vir sommige onverstaanbaar, dit is die waarheid. Sy Woord sê dat as ons ons sondes bely, sal Hy ons vergewe. Vriende, dit is God se glorieryke genade!

Ons is aanvaar, waardeer, geliefd & vergewe as gevolg van wat die Here gedoen het. So, wat nou? Hy vra ons om na al die nasies te gaan & Sy goedheid en genade te verkondig. Om ‘n lig in die duisternis te wees. So, gaan “verkondig die verlossingsdade van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na die wonderbare lig.” 1 Pet. 2:9

Liefde & Lig,

Vanessa

Ons volgende studie: Jy is Vergewe begin 5 September!!!

Jy Is Vergewe is ‘n boek en joernaal in een! Ons kan nie wag vir julle om dit te sien nie. In die tussen, maak ‘n plan en sluit by ons aan vir ons studie wat 5 September begin! Jy sal dit nie wil mis nie.

13680035_10153770338937467_988687036805765806_o

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s