Drie woorde om te sê wanneer jy geloof verloor…

Drie woorde om te sê wanneer jy geloof verloor…

deur WhitneyD | Augustus 3, 2016 |

Week 8 Woensdag

w8d3

“Die Here is getrou…” 2 Thess 3:3

Ons was byna 2000 myl van die huis af as gevolg van ons verbintenis om doelbewus avontuur te vind in ons vroeë jare van huwelik. Die dag het bestaan uit ‘n warmer as wat ons gewoond was klimaat, die verkenning van die groot stad, die nuwe gesigte, en ‘n werksonderhoud wat belowende gelyk het. Ons het later die aand terug gekeer na ons hotelkamer  – moeg maar tevrede – om ‘n nota te vind wat onder ons hotelkamer se deur ingestoot was.

“Skakel jou pa onmiddellik.”

Skielik meer waaksaam as toe ons daar aangekom het, het ons ons pad gevroetel deur al landlyne en roepkaarte om te skakel met my skoonpa. Daar was ‘n ongeluk, en in ‘n oomblik was my twee en vyftig jarige skoonma weg.

So onbeplan.

So skokkend.

So onwerklik dat dit met ons kon gebeur.

Wat volgende gebeur het was vervaag en al wat ons kon dink is dat die Here ‘n engel in vermomming by die hotel se voorportaal laat die nag moes geplaas het. Met trane wat afstroom op gesigte en ons liggame so swak ons kon skaars staan, kon ons skaars ons woorde uiter “Kan jy asseblief vir ons help?” Voordat ons geweet het was ons op die volgende vlug huis toe, vas in ‘n verskriklike nagmerrie waaruit ons desperaat wou wakker word.

Haar dood het haar klein Indiana tuisdorp, waar sy ‘n laer skool onderwyser en ‘n vriend vir baie was, stomgeslaan. Die begrafnis lyn was ure lank en het oorgevloei met almal, van haar jong studente en hul ouers tot lewenslange vriende wat van regoor die staat gereis het. Ons het gestaan en hande geskud en meegevoele aanvaar tot byna middernag.

“Maak seker dat jy met vrymoedigheid die evangelie verkondig.”

Daar kon nie ‘n duideliker familie instruksies vir ‘n begrafnisdiens gewees het nie. En met vrymoedigheid het hulle verkondig. In ‘n ouditorium vol honderde het die pastoor die waarheid, hoop, en die lewe, gepraat. Die lewe wat bestaan uit oneindig meer as wat hierdie wêreld kan bied. Die lewe wat sê Jesus is beter, Jesus het dit alles gedoen, Jesus is waardig en Jesus is getrou in die midde van die diepste lyding wat jy ooit sal sien op hierdie aarde.

En met gebuigde koppe en hande gelig oor die kamer, het ek ‘n voorste ry sitplek gehad tot die getrouheid van my wonderlike God daardie dag.

Hy was getrou in lewe, en my skoonma na Homself toe getrek en haar ‘n nuwe skepping in Christus gemaak.

Hy was getrou in die dood en seker gemaak dat die verstreke tyd op aarde is regtig nie die einde vir diegene wat op Hom vertrou nie.

En Hy was getrou in lyding en genade op genade verskaf en Sy naam bekend gemaak aan diegene wat dringend nodig het om te hoor van hul behoefte vir ‘n Verlosser.

Dit is onse God, en Hy is soos geen ander.

So, watter drie woorde kan ons sê wanneer hierdie wêreld hopeloos voel, wanneer ons vyande meedoënlose is, en wanneer ons sonde ons verstrik? Prys die Here dat selfs in ons ontrouheid

Is. Hy. getrou

Hy is getrou … in die lewe, in dood, in lyding en in ‘n miljoen ander alledaagse oomblikke in ons gewone dae. In al hierdie dinge “Mag die Here julle gedagtes rig op die liefde van God en die volharding van Christus!” (2 Thess 3:5)

En so Vader, as gevolg van wie U is kan ons met vertroue dit alles weereens by U voete neerlê en bid “laat U wil geskied.”

* Kom ons praat: Deel ‘n tyd in jou lewe wanneer jy die oorweldigende getrouheid van ons wonderlike God ervaar het…

By Sy Voete

Whitney

 

 

 

 

 

 

Hillary Scott & The Scott Family – Thy Will (Lyric Video)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s