Laat Ons Nader tot God

Laat Ons Nader tot God

deur Angela | Augustus 5, 2016 |

Week 8 Vrydag

w8d5

Ek is lief vir ‘n goeie storie. Die probleem is dat ek kleinmoedige is en word maklik moedeloos, so ongeveer halfpad deur enige verhaal, moet ek die drang om op te hou lees weerstaan. Elke epiese avontuur is vol konflik en struikelblokke. Ek hou nie van die donker en onheilspellend stringe van die plot nie, maar ek weet daar is ‘n gelukkige einde wat kom.

Een van my gunsteling stories as ‘n kind was “Cinderella”. In eerste deel van haar storie wou ek my poniesterte uitruk en huil. Die gemene stiefma en haar ongeskikte dogters het die dierbare meisie gevange gehou in ‘n gevangenis van vrees en veroordeling. Gelukkig was die suiwer hart van ‘n meisie wat geklee was in toiings beloon in ‘n skouspelagtige einde. Die goeie seëvier weereens oor die bose.

Hoekom twyfel ek?

In my hart, weet ek hoe die storie van die lewe eindig. God is regverdig en die oorwinning is verseker. Maar sommige dae, voel ek ‘n bietjie soos “Cinderella”, vasgevang in ‘n hok van ongunstige omstandighede. Die vyand van my siel wil my geklee hou in toiings van twyfel en skande.

Die skrywer van Hebreërs het verstaan dat God se mense moedeloosheid in die gesig sal staar in die gesig van verdrukking. Hy het hulle uitgedaag om nie in te gee na vrees, om nooit terug te draai nie, maar om te volhard in geloof.

Ons moet onthou dat ons storie is deel van God se groter verhaal van verlossing. Die held is Christus, en Hy het self die dood oorwin om ‘n heerlike einde te verseker.

Ons storie is nog nie klaar nie. Die Leidsman en Voleinder van ons geloof het meer te sê oor Sy genade en goedheid deur middel van ons lewens.

Eerder as om in te gee na vrees, kom laat ons krag versamel van Jesus om te bly vorentoe te beweeg in geloof. Die tema van ons lewens moet altyd die strewe na Christus wees. Soos Hebreërs 10 uitdag, “Laat ons nader tot God.”

  • Wanneer ons misreken en beswadder is, laat ons nader tot God.
  • Wanneer ons verlore en sonder doel is, laat ons nader tot God.
  • Wanneer ons gebroke en afgemat voel, laat ons nader tot God.
  • Wanneer ons uitgedaag en verwar word, laat ons nader tot God.

David se lewe illustreer pragtig hoe God ons stories verander wanneer ons harte ten volle aan Hom oorgegee is. Elke dag, kan ons kies om nader te kom as ons

1  God benader in gebed met ‘n opregte hart: God verlang na outentieke aanbidding wat opstaan uit ‘n onverdeelde hart. Ons moet ons selfsug oorgee.

2   Erken God se Woord is waar met volledige versekering: Staan stewig op die stewige fondament van Waarheid. Ons vertroue moet volledig geplaas word op Sy beloftes, nie ons eie prestasie nie.

3   Aanvaar God se reiniging dek al ons skuld en skaamte: Die bloed van Christus dek die vlek van sonde heeltemal. Moenie in die verlede bly wanneer jy bely. Christus het jou reeds vry gemaak.

4   Laat die Heilige Gees sy reiniging werk voort sit: Ons moet ‘n daaglikse keuse maak om oor te gee aan die Heilige Gees en ons vlees kruisig. Sit liefde, vreugde en vrede aan en groet afguns, woede, en onmin.

God het ons genooi om met vrymoedigheid na Sy troonkamer te kom. Ons hoef nie oor more bekommer te wees want ons het vandag en altyd volle toegang tot Hom. Ons kan “vashou” aan die hoop dat Hy binnekort kom om elke verkeerde ding reg te maak en al die donker hoeke van hierdie wêreld te vloed met sy ewige lig.

In die tussentyd, laat ons nader aan Hom kom. Kom ons kruip tot op Sy skoot en luister na Sy teer stem.

Hy is die beste storie verteller.

Hou die Geloof.

Lyli

“In hierdie gebroke wêreld is ons almal geraak deur skaamte, skuld, en moeilike verhoudings. Maar God het ‘n beter manier. Of jy nou die behoefte het van die vergifnis en ‘n nuwe lewe wat Jesus strek tot elkeen van ons, of verlang jy na verhoudings wat vry is van blaam en twis, dan is hierdie boek vir jou. Deur die lens van God se Woord plus die werklike lewens stories, is Jy Is Vergewe, ‘n aangrypende skerp herinnering aan lesers, dat dit wat Jesus aan die kruis gedoen het, is die enigste ding wat ons bevry uit die gevangenis van onvergewensgesindheid …

In hierdie 8-week Lief God Grootliks Bybelstudie sal ons leer hoe Jesus vir ons die vergifnis van sonde bekom het en wat dit in ons daaglikse lewe beteken. Ons sal baie van die verskillende fasette van vergifnis, ondersoek, insluitend: Hoekom het ons dit nodig? Hoe kry ons dit? Wat is die omvang van ons vergifnis, en hoe moet dit ons verander?

Waag om te glo dat jy is vergewe … en dan laat daardie lewensveranderende waarheid jou lewe van die binnekant uit transformeer.

13680035_10153770338937467_988687036805765806_o

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s