[INSPIREER] vroue met ons deur die fasilitering van ‘n Lief God Grootliks groep

[INSPIREER] vroue met ons deur die fasilitering van ‘n Lief God Grootliks groep

deur WhitneyD | Aug 22, 2016 |

Untitled

Untitled-4

Drie baie opsetlike woorde dryf ons missie hier by Lief God Grootliks…

Inspireer.

Bemoedig.

Toerus.

Hierdie week op die blog gaan ons die drie dae toewy aan hierdie drie woorde, en jy is uitgenooi! Of jy nou al ‘n ruk hierby ons is of jy is splinternuut by LGG, wil ons tyd neem voordat ons volgende aanlyn Bybelstudie begin om ons passie agter ons missie deel, asook om jou te nooi om ‘n gemeenskap rondom jou te begin bou deur die fasilitering van ons volgende studie in God se Woord met die ongelooflike vroue in jou lewe.

______________________________

Vandag fokus ons op Deel Een van ons missie. Lief God Grootliks bestaan om:

Vroue te [INSPIREER] om God se Woord ‘n prioriteit te maak in hulle daagliks lewe deur ons Bybelstudie hulpbronne.

Kom ons wees eerlik- met die verantwoordelikhede wat ons dra as vroue plus alles wat aangaan in die wêreld rondom ons, het ons INSPIRASIE nodig om God se Woord ‘n prioriteit te maak in ons lewens. Na alles is die Bybel die geïnspireerde Woord van God, (2 Tim 3:16) opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees (Romeine 15:4).

Nou meer as ooit, ons het Waarheid nodig. Ons het hoop nodig. Ons het Jesus nodig. Ons het mekaar nodig.

Dit is hoekom ons doen wat ons doen.

Hoekom behoort JY dit te oorweeg om ‘n Lief God Grootliks groep vir ons volgende studie te fasiliteer. Die rede…

Wat Ons Doen

Lief God Grootliks bestaan uit ‘n pragtige gemeenskap van vroue wat ‘n verskeidenheid van tegnologie platforms gebruik om mekaar verantwoordelik te hou in God se Woord. Ons begin met ‘n eenvoudige Bybel leesplan, maar dit stop nie daar nie. Sommige kom bymekaar in mekaar se huise en plaaslike kerke, terwyl ander aanlyn skakel met vroue regoor die wêreld. Wat ook al die metode, ons sluit liefde vol arms en verenig vir hierdie doel … om God Grootliks Lief te hê met ons lewens.

Wat is ‘n Lief God Grootliks fasiliteerder?

‘n LGG fasiliteerder is ‘n vrou wat ‘n passie het om ander vroue te sien God se Woord te lees vir hulself. Sy is ‘n vrou wat weet hoe belangrik dit is om God se Woord nie net in ons gedagtes te hê nie… maar ook diep deurdrenk in ons harte. ‘n LGG Fasiliteerder verbind tot die bymekaar maak van vroue en fasiliteer dan ‘n veilige , moedig plek (dikwels via sosiale media, via e-pos of SMS, of by ‘n weeklikse in persoon byeenkoms ) waar hierdie vroue kan deel wat hulle leer en ondersteuning vind deur een van ons Lief God Grootliks Bybelstudie sessies.

Hoekom Fasiliteer?

In vandag se vinnige tegnologie gedrewe wêreld, sou dit maklik wees om God se Woord te bestudeer in ‘n geïsoleerde omgewing wat aanmoediging en ondersteuning ontbreek, maar dit is nie die bedoeling hier by Lief God Grootliks nie. God het ons geskape om te lewe in verhouding met Hom en met dié mense rondom ons. Ons het mekaar nodig en ons leef lewe beter saam.

Almal van ons het vroue in ons lewens wat vriendskap, aanmoediging nodig het, en die begeerte het om te delf in God se Woord op ‘n dieper vlak. Deur die fasilitering van ‘n Lief God Grootliks groep, sê jy ja om vroue se lewens te impak en eer te bring aan God deur hulle te help hulle om nader aan God en mekaar te kom.

Hou dit eenvoudig.

 By Lief God Grootliks sal jy ware, outentieke vroue vind. Vroue wat onvolmaak is, maar vergewe. Vroue wat minder van ons begeer, en baie meer van Jesus. Vroue wat verlang om God te ken deur sy Woord omdat ons weet dat die Waarheid verander en maak ons vry. Vroue wie beter saam is, versadig in God se Woord en in verhouding met mekaar.

 Ons weet dat jy is besig so ons hou dit eenvoudig hier rond. Van ons eenvoudige maklik om te gebruik materiaal tot die mees ongelooflike, ondersteunende gemeenskap, is ons verbind tot die bemoediging en toerus van ons LGG fasiliteerders elke stap van die pad!

Ons vra God vir ‘n LEëR van vroue wat in die hele wêreld in sal gaan (markus 16:15) en vroue rondom hulle te INSPIREER om God grootliks lief te hê met hul lewens. Sal jy biddend oorweeg om ‘n deel van hierdie ongelooflike missie te wees wat God vir ons gegee het deur ‘n LGG Fasiliteerder te word?

Kommende hierdie week: Beplan om Woensdag weer by ons aan te sluit om meer te leer oor die rol van ‘n LGG fasiliteerder. Vrydag sal ons dan praat oor die praktiese hulpbronne en ondersteuning wat ons aanbied om te verseker dat al ons LGG Fasiliteerders toegerus is met alles wat hulle nodig het!

______________________________

Ons volgende Aanlyn Bybelstudie

13680035_10153770338937467_988687036805765806_o

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s