[BEMOEDIG] vrouens met ons: Die Rol van ‘n LGG Fasiliteerder

[BEMOEDIG] vrouens met ons: Die Rol van ‘n LGG Fasiliteerder

deur WhitneyD | Aug 24, 2016 | LGG Fasiliteerder,

Untitled-2

Drie baie opsetlike woorde dryf ons missie hier by Lief God Grootliks…

Inspireer.

Bemoedig.

Toerus.

Hierdie week op die blog gaan ons die drie dae toewy aan hierdie drie woorde, en jy is uitgenooi! Of jy nou al ‘n ruk hierby ons is of jy is splinternuut by LGG, wil ons tyd neem voordat ons volgende aanlyn Bybelstudie begin om ons passie agter ons missie deel, asook om jou te nooi om ‘n gemeenskap rondom jou te begin bou deur die fasilitering van ons volgende studie in God se Woord met die ongelooflike vroue in jou lewe.

Maandag, het ons gepraat oor ons missie om vroue te INSPIREER om God se Woord ‘n proriteit te maak in hulle daagliks lewens, en ons het jou versoek om biddend te oorweeg om ‘n LGG Fasilisteerder te word!

Vandag fokus ons op Deel TWEE van ons missie. Lief God Grootliks bestaan om:

Vroue te [BEMOEDIG] in hulle daaglikse loop met God deur aanlyn gemeenskap en persoonlike

Dit is waar ons Lief God Grootliks Fasiliteerders SKYN!

Wat is die rol van ‘n LGG Fasiliteerder?

  • Sy nooi vrou in haar lewe om saam met haar deur een van ons Lief God Grootliks Bybelstudie sessies te studeer (ons dink 5-12 vroue in ‘n groep is ideaal, maar beveel nie meer as 25 aan nie)
  • Sy raak betrokke by haar groep op ‘n daaglikse basis deur die plasing van die daaglikse vers op die tegnologie platform van die groep se keuse (Facebook, e-pos, SMS, WhatsApp groep is gewilde keuses, maar ons moedig u aan om te gebruik wat vir U werk).
  • Sy demonstreer ‘n studie omgewing vir haar groep lede deur die deel van wat sy leer op ‘n daglikse basis soos sy delf in God se Woord
  • Sy bemoeidig die vroue in haar groep aan om haar te volg en hulle daaglikse studie observasies en persoonlike applikasie te deel.
  • Sy bid vir haar groep lede en moedig hulle aan om ook vir mekaar te bid.
  • Sy deel persoonlike vreugdes en uitdagings, bied a veilige, ondersteunende plek vir haar groep om dieselfde te doen.
  • Sy fasiliteer met liefde, nederigheid en deernis, en wys gedurige vroue terug na God en Sy Woord,
  • Sy maak gebruik van die skoonheid van aanlyn verbinding vir inspirasie en aanspreeklikheid, en neem geleenthede om haar groep persoonlik bymekaar te kry wanneer sy kan (vir plaaslike groepe beveel ons aan ‘n prettige in persoon ontmoeting ten minste een keer per studie!) .
  • Sy skakel met ‘n mede – fasiliteerder (word aanbeveel) vir persoonlike ondersteuning wanneer dit nodig.

[Jy kan meer lees oor die rol van ‘n LGG fasiliteerder en ons Verklaring van Geloof hier.]

Die Bybel het baie om te sê oor die AANMOEDIGING van ander en om ‘n LGG fasiliteerder te word is die ideale geleentheid om net dit te doen!

“Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom.” – Hebreërs 10:25

“Hy het ter wille van ons gesterwe, sodat ons, of ons by sy koms nog lewe of reeds dood is, saam met Hom kan lewe. Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen.” – 1 Thes 5:10-11

“Ons druk julle dit op die hart, broers: Wys die leeglêers onder julle tereg, praat die kleinmoediges moed in, help die swakkes, wees met almal geduldig.” – 1 Thes 5:14

“Maar solank daar nog ‘n “vandag” is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie.” – Hebreërs 3:13

Twee dinge : God se Woord + Outentieke Verhoudings

Ons sien dit regdeur die Skrif gemodeleer en hier by Lief God Grootliks weet ons dit is waar: wanneer ons bymekaar kom in eenheid as die liggaam van Christus om die waarheid en die lewe te praat in ons verhoudings, yster slyp yster (Spreuke 27:17), ons hoop neem toe (Romeine 15:4), en Christus is verhewe (Filippense 1:27). God se Woord + outentieke verhoudings = ‘n kragtige werking (force) vir die evangelie!!

Is die word van ‘n LGG fasiliteerder ‘n belegging? Absoluut .

Is dit die moeite werd? Meer as wat ons ooit kan weet …

______________________________

Ontmoet ons  weer Vrydag hier vir die derde deel in ons reeks waar ons sal praat oor die praktiese hulpbronne en ondersteuning wat ons aanbied om te verseker dat al ons LGG Fasiliteerders toegerus is met alles wat hulle nodig het!

*KOM ONS praat hieronder!

*As jy dit oorweeg om ‘n LGG groep vir die heel eerste keer te fasiliteer, wat se vrae het jy? Pos asseblief jou vrae in die kommentaar hieronder en iemand uit ons span sal antwoord so gou as wat hulle kan!

______________________________

Ons volgende studie: Our next studie JY IS VERGEWE begin September 5! Merk julle kalenders, en sluit by ons aan!

13680035_10153770338937467_988687036805765806_o

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s