Ons {Jy Is Vergewe} Vertaalde Bronne Is Nou Beskikbaar

Ons {Jy Is Vergewe} Vertaalde Bronne Is Nou Beskikbaar

Deur Whitney | Sept 1, 2016

14102976_10153831533662467_8017742479483629523_o 2

14068434_10153826700987467_4163261431378405656_o 2-2

Donate-Image

Hier by Love God Grealty is die belê in wat regtig belangrik is nog altyd die dryfkrag van wat ons doen. Ons het die voorreg gehad om te inspireer, te bemoedig en vroue reg oor die wêreld vir ‘n ruk nou toe te rus, en hier is wat ons weet: vroue is honger vir die Woord van God, en hulle is honger vir ‘n verhouding met God.

Hulle wil ‘n werklike verhouding hê wat duur selfs wanneer dinge nie duur nie

Hulle roep uit vir meer – hierdie vroue wie  moeg is vir die vlak en betekenislose gejaag  van die lewe .

Hulle smag na vaste waarheid en ‘n hoop wat nie sal vervaag in ‘n wêreld wat in ‘n afwaartse spiraal reg voor ons oë is .

Baie van hierdie vroue is van nasies wat nie redelike toegang tot Bybelstudie hulpbonne in hulle eie tale het nie, en Love God Grealty is daartoe verbind om vroue te bereik in hiedie plekke.

X8A0258

X8A0155

afterlight-3

Elke studie is dit so ‘n voorreg om ons aanlyn hulpbronne met vroue in meer as SEWENTIG nasies wêreldwyd te deel. Maar onlangs het ons ook hierdie hulpbronne “op die pad” geneem en gereis na vroue om hulle te inspireer en ons vertaalde studiemateriaal PERSOONLIK te versprei – reg waar hulle woon.

In die dae wat kom, sal julle meer hoor oor Angela se onlangse besoek na Hongarye, waar sy bevoorreg was om deel te neem in ‘n LGG Hongarye Leierskap Opleiding Intensiewe (met vroue uit Hongarye PLUS Roemenië, Oekraïne, Slowenië en Engeland!). En vanjaar deur ons vennootskap met die Global Advance Ester Inisiatief, het spanne gereis na Nicaragua, Suid-Soedan, China, Honduras, en Nigerië met LGG vertaalde hulpbronne! Hoe ongelooflik is dit?! As jy net kon inleun en vir jou self sien die diepte van dankbaarheid in die oë van hierdie vroue soos hulle hierdie Bybelstudie hulpbronne ontvang – somige van hulle vir die heel eerste keer in hul lewens. Dit is die soetste ervaring wat nooit oud word nie.

Nic-LGG

LGG Spanish

Ons is nederig en in verwondering oor wat God gedoen het (alleenlik God!), En … ons is uitermate geseën deur ‘n GROEIENDE groep ongelooflike vroue wat help om hierdie bereiking moontlik te maak deurmiddel van hul vertalings van ons Bybel studiemateriaal

Ons kom vandag voor u met soveel opgewondenheid om aan te kondig dat ons JY IS VERGEWE studie bronne sal aangebeid word in die volgende addisionele SESTIEN tale:

 U het gepraat en ons het geluister: Ons*vertaalde* Studie Joernaals kan nou gekoop word op Amazaon!!! Klik net op een van die tale om dit te bekom.

Afrikaans.

Bulgarian.

Chinese.

Czech.

Dutch.

French.

German.

Hausa.

Hungarian.

Indonesian.

Italian.

Japanese.

Polish.

Slovenian.

Spanish.

Tagalog.

Sjoe. Dit is amper te veel om in te neem!! Wanneer ek dink oor vroue wat letterlik regoor die wêreld bymekaar kom soos susters in Christus, wie hartstogtelik op soek is om God te leer ken deur sy Woord, voel ek of ek ‘n kleinblik van die hemel kry. ‘n Groot DANKIE aan die ongelooflike vroue wat hierdie vertalings moontlik gemaak het. BAIE gebede, tyd, moeite en opoffering het in gegaan in hulle arbeid van liefde, sodat selfs MEER vroue bereik, geïnspireer en aangemoedig kan word deur die LGG gemeenskap, en die belangrikste, deur die saam bestudering van die waarheid van God se Woord.

 Kan jy – of iemand wat jy ken – voordeel uit die GRATIS hulpbronne vir ons JY IS VERGEWE studie in een van die tale hier bo gelys, kry? Kliek eenvoudig op die skakel hieronder om toegang tot ons JY IS VERGEWE Leesplanne en Studie joernale vir die SESTIEN vertalings wat hierdie sessie aangebied word, te kry

JY IS VERGEWE VERTALINGS

Klik net hierop die die Afrikaans Studie en Leesplan  

 Sing tot eer van die Here, almal op aarde! Verkondig elke dag sy reddings dade!

Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade.

1 Kronieke 16:23-24

Oh God, mag U glorie die hele wêreld vul!

By Sy voete,

Whitney

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s