Jy Is Vergewe Bekendstelling

Jy Is Vergewe Bekendstelling

Deur Angela | September 2, 2016| LGG Studies

14087164_10153832727892467_631403663_o-2

Maandag.1

Besit jy ‘n kruis hangertjie, of het jy ‘n dekoratiewe kruis iewers in jou huis? Ek het. Baie van ons dra kruise om ons nekke, aan ons ore of as ringe aan ons vingers. Miskien het jy ‘n kruis tatoeëring. Ek het ‘n stel kerse met kruise op. Die kruis het nie net ‘n simbool geword van die opoffering wat Jesus Christus gemaak het nie, maar dit het ook ‘n hoofstroom simbool van geloof en eenvoudige spiritualiteit geword.

Vir té veel mense, het al die kruise ‘n oppervlakkige betekenis. Dit raak ons nie soos dit moet nie. Selfs die dekoratiewe kruis wat in my sitkamer hang, bring my nie tot trane oor Christus se opoffering, of my skuld nie. Dit moet. Maar ek het dit gekoop omdat dit mooi gelyk het. Dit is maklik om te vergeet wat die kruis waarlik beteken.

En aan die ander kant van hierdie spektrum, is daar diegene wat te veel klem gelê het op die kruis as ‘n objek. Deur die geskiedenis heen het baie mense stukke van die “ware” kruis van Christus gesoek. In 326 n.C. het die Keiserin Helena (die moeder van Konstantyn) begin om te soek vir Jesus se graf en die plek van Golgota. Soos die verhaal vertel word, het Helena op die ou end drie kruise gevind, wat sy geglo het die kruis van Christus was, en ook die kruise waaraan die twee misdadigers wat langs Jesus gehang het, gekruisig was. Soos diegene wat die betekenis van die kruis mis in die lig van die populêre kunstige waarde, so het sommige die betekenis van die kruis gemis deur te soek vir die hout waarvan dit gemaak is.

Hoe sou Helena uitvind watter een van die drie kruise die een was waaraan die liggaam van Jesus gehang het? ‘n Paar verskillende verhale is opgeteken. Een het vertel dat daar ‘n belangrike vrou in die stad was wat terminaal siek was. Een vir een is die kruise na haar gebring. Die eerste twee kruise het niks gedoen nie, maar toe die vrou wat amper dood was die derde kruis aangeraak het, was sy oombliklik genees.

Deur die jare het baie mense pelgrimstogte gemaak om sogenaamde dele van die “ware kruis” te sien, aan te raak en te soen, sodat hulle genees kan word en seën kan ontvang. Ongelukkig het baie mense die kruis verander in ‘n afgod en glo hulle dat die houtkruisbalke spesiale kragte besit. Die instrument van marteling, het vir baie mense iets geword om hulle vertroue in te plaas, in plaas van Jesus Christus.

Maar die kruis is nie ‘n versiering wat ons kan aansit en afhaal nie. En ook nie net ‘n voorbeeld van lyding en gehoorsaamheid nie. Dit is nie ‘n aandenking wat gevul is met helende krag nie. Dit is nie bloot net ‘n pragtige versieringstuk nie. Die kruis is nie ‘n gelukbringer wat vir ons geluk en seëning sal bring nie.

Die waarheid is, of die kruis waaraan Jesus gesterf het nog bestaan of nie, is nie ter sake nie. ‘n Stuk hout het geen krag nie. Die kruis was ‘n apparaat van marteling waaraan die Seun van God vir ons die ewige vergifnis van God die Vader verseker het.

 “God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem” (Kol. 2:13–14).

Die kruis self is nie ons hoop nie. Wat Jesus gedoen het aan die kruis, is wat almal red wat glo.

 Aan die kruis het Jesus genoegdoening verkry vir God se toorn.

 Aan die kruis het Jesus ons boete betaal.

 Aan die kruis is Jesus gestraf vir ons sonde.

 Aan die kruis het Jesus die krag van sonde en die vervloeking van dood vernietig.

 En aan die kruis het Jesus vergifnis verseker vir dié wat in Hom glo.

Dit is waaroor ons studie gaan: hoe Jesus vir ons, deur Sy dood, die vergifnis van ons sondes verkry het.

In hierdie studie sal ons baie van die verskillende fasette van vergifnis bestudeer. Hoekom het ons dit nodig? Hoe ontvang ons dit? Wat is die omvang van ons vergifnis en hoe moet dit ons verander?

Die kruis is kosbaar, want dit is waar ons Verlosser Sy lewe vir ons uitgestort het. Ons het vergifnis ontvang en die krag om ander te vergewe. Vergifnis is ons skat, maar ons kan nie vergifnis aan ons mure ophang of dit om ons nekke dra nie. Inteendeel, ons gebruik die kruis as ‘n herinnering van die pragtige geskenk van vergifnis wat Christus vir ons gegee het.

___________________________________________

Vriendinne, ons is so opgewonde om hierdie kommende Maandag Jy Is Vergewe saam met julle te begin!

Volg ons op Facebook, Pinterest, Instagram

14087164_10153832727892467_631403663_o

Advertisements

1 thought on “Jy Is Vergewe Bekendstelling”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s