Jy Het Dit Weer Gedoen

Jy Het Dit Weer Gedoen

deur Angela | Sept 9, 2016

week-1-vrydag

s1d5

Jy het dit weer gedoen… daardie iets wat jy al lankal doen en wat jy desperaat is om op te hou doen.

 Ja, jy het weer gefaal.

Jy het toegelaat dat jou woede die oorhand oor jou kry.

 Jy het te veel geld uitgegee, ten spyte van die feit dat jy belowe het om dit nie te doen nie.

 Jy was jaloers, hoogmoedig en veroordelend.

 Jy wou regtig, REGTIG vir God in daardie saak vertrou, maar…

Ons is net vier dae besig met die nuwe studie, en jy is alreeds agter.

 Ai, ek weet ons kan almal met Paulus vereenselwig wanneer hy skryf:

“…Daar is by my wel die wil om die goeie te doen, maar ek doen dit nie.” – Romeine 7:18

Die waarheid is, ons voel ALMAL so, want ons is almal sondaars. ELKE ENKELE EEN VAN ONS. Ons hou daarvan om voor te gee dat ons nie is nie, maar selfs ons voorgee wys dat ons is. Ons het almal ‘n Verlosser nodig – iemand om ons van onsself te red: ons gewoontes, ons sondes, ons verslawings, ons foute. Ek weet dat om oor sonde te praat en te lees nie lekker is nie, maar dit is belangrik. Ons moet verstaan wat sonde aan ons gedoen het, hoe dit ons seergemaak het, en hoekom ons as gevolg van dit, vergifnis nodig het.

Dit is alleenlik deur die begrip van die koste van ons sondes, dat ons die diepte van Christus se liefde waarlik kan verstaan.

 “Dit is alleenlik wanneer ons begin om die diepte van ons behoefte te sien, dat ons kan begin om die grootheid van God se liefde vir ons in Jesus Christus te sien.” – Jen Thorn

 Ons kan nie ten volle waardeer wat Jesus gedoen het ter wille van ons nie, totdat ons verstaan hoekom ons dit nodig gehad het nie.

Ons het die begeerte om goed te doen, om goed te wees… maar ons faal ELKE DAG. Ons skiet tekort. Ons mis die merk.

So wat dan?

Probeer more weer? Werk harder? Bedink ‘n nuwe plan? ‘n Beter plan?

Nee, ons gee oor.

 Ons gee ons harte, ons begeertes, ons motiewe en ons goeie bedoelings oor.

 Ons lê dit alles by Jesus se voete neer.

 Ons gee oor aan die waarheid dat ons sondaars is wat ‘n Verlosser nodig het. Ons gee oor aan die waarheid dat ons nie onsself kan red deur ons goeie werke of selfs beter bedoelings nie. Ons gee oor aan die Een wat ons liefhet; aan die Een wat Sy lewe oorgegee het vir ons s’n.  

 Ons draai na God se Woord en glo wat Hy sê.

Ja, ons sondig en ja, ons moet ons sondes bely en vergifnis soek, maar ons weet uit Romeine 8:1 dat ons nie meer veroordeel is nie.

“Daar is dus nou geen veroordeling vir dié wat in Christus Jesus is nie.” – Romeine 8:1

Vriendin, ons was vroeër slawe van ons sondes, magteloos in ‘n gebroke en sondebevlekte wêreld. Maar nou het Christus dit alles verander. Nou het ons hoop. Nou het ons krag om God se wil te doen en ons hoef nie meer die dood en straf vir ons sondes te vrees nie! Nou het ons vryheid van ons sonde.

Ja, die waarheid is dat ons almal sal sukkel met sonde tot ons Jesus van aangesig tot aangesig ontmoet. MAAR, nou hoef ons nie alleen te sukkel nie! Ons het ons Redder, ons Verlosser, aan ons sy om ons stryd saam met ons te veg. Ons veg nie meer die stryd alleen nie. Daardie selfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, is nou lewendig in ons!

“Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy deur wie Christus uit die dood opgewek is, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.” – Romeine 8:11

Nou is die tyd om die ongelooflike geskenk van vergifnis wat Jesus aan ons geskenk het om Sy onthalwe, met ope arms te aanvaar. Nou is die tyd om in vryheid te wandel, en nie meer toe te laat dat die sondes van ons verlede ons verstrik nie!

“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.…” –Hebreërs 12:1-2

HARDLOOP hierdie ongelooflike wedloop waartoe God jou geroep het! HARDLOOP vir Sy heerlikheid en laat die getuienis van jou lewe ander nader aan God bring. Kom ons LOOF Hom vir die ongelooflike werk wat Hy in elkeen van ons lewens gedoen het deur die vergifnis van ons sondes!

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Kom Ons Praat: Hoekom dink jy is dit belangrik om te verstaan dat ons sondaars is wat behoefte het aan ‘n Verlosser? Wat beteken dit vir jou dat jy vergewe is?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s