Van Verwerping Tot Genesing … ‘n Verhaal Van Vergifnis

Van Verwerping Tot Genesing … ‘n Verhaal Van Vergifnis

deur WhitneyD | Sept 10, 2016

14087164_10153832727892467_631403663_o

photo-1457342813143-a1ae27448a82

Op 19 het ek ‘n onbeplande swangerskap gehad. Ek was gevul met soveel skaamte en skuld en ek het myself oortuig dat ‘n aborsie die enigste uitweg was. Terwyl ek op die koue tafel gesit en na die besonderhede van die prosedure geluister het, het ek ‘n angsaanval gehad en ek het oomblikke voor die aborsie moes plaasvind, flou geword. Ek was oorval met emosie, en op die laaste oomblik het ek besluit om lewe te kies. Ek het nie gedink enige iemand sal my aanvaar wetende wat ek gedoen het nie – selfs nie eers my familie nie – maar ek het besluit dit is ‘n prys wat ek bereid was om te betaal.

Die vader van die baba en ek het besluit om te trou toe ek 16 weke swanger was. ‘n Man wat hom na die Here toe gelei het, en wat soos ‘n vaderfiguur vir ons was, was ‘n dominee by ‘n kerk ‘n paar ure van ons af. Ons het hom genader en hom vertel wat ons situasie was, en gevra of hy ons sal trou. Sy reaksie was, “Ek kan nie hierdie huwelik seën nie, want julle het gesondig – ek sal julle nie in die huwelik bevestig nie.” 

Die skaamte wat ons gedra het was amper ondraagbaar.

Ek het weer probeer om kerk toe te gaan, maar al my vriende met wie ek gereeld gesels het, wou nou nie meer oogkontak met my maak nie. Ek het geweet dat mense weet ek is swanger, maar nogtans wou niemand my eers erken nie. Mense het nie geweet of hulle moet sê “Geluk” of “Ek is jammer” nie, dus het hulle niks gesê nie. Dit het gevoel asof my “scarlet letter” ten toon gestel was vir die wêreld om te sien … dus het ek ophou kerk toe gaan.

Om deur daardie seisoen van ‘n onbeplande swangerskap te gaan en totaal alleen te wees, het jare later ‘n passie in my laat ontstaan om die reaksie van die kerk in sulke situasies te verander. Deur die Embrace Grace program, wil ons hê dat die kerk ‘n veilige plek vir hierdie jong ma’s moet wees om na toe te hardloop, in plaas van om die laaste plek te wees waarna hulle draai as gevolg van skaamte en skuld. Ons wil geken word vir ons liefde, en vir die kerk om ‘n plek te wees vir gebroke harte om genees en herstel te word. Ons wil hê dat hierdie ma’s lief moet word vir Jesus.

Deur hierdie pro-liefde beweging, sien ons die getye verander. Ons sien dat die kerk ophou om op hulle gewondes te skiet. Ons sien dat die kerk ophou om so baie oor die probleem te praat, maar meer oor die oplossing, en dit is God se liefde. Ek sien dat die kerk hulle oë oopmaak om mense te sien soos God hulle sien. Ons is lief vir mense, selfs al lyk hulle anders as ons en ons het deernis met mense wat ons nie verstaan nie.

Selfs die dominee wat ons nie 17 jaar gelede wou trou nie, het ‘n paar jaar later uitgereik en gesê dat hy voel dat dit die grootste fout was wat hy ooit in die bediening gemaak het. Hy het vir vergifnis gevra en hy het ons huwelik geseën. Verlede jaar op Moedersdag het ek by sy kerk gepraat, en hy het my seun gevra om vorentoe te kom. Voor die gemeente het hy my seun om vergifnis gevra, en gesê, “Sal jy my vergewe dat ek sade van verwerping in jou hart geplant het nog voordat jy gebore is?” En my tienerseun het voor hierdie ongelooflike man se kerk gesê, “Ek vergewe jou.”  Hierdie dominee is vandag een van ons dierbaarste vriende en mentors. God is besig om te beweeg en Sy kerk is besig om hulle harte wakker te maak vir ‘n verhouding en ‘n avontuur met Hom.

As jy hierdie lees en jy het ‘n kerkwond in jou hart, is ek so jammer dat jy seergemaak is. Besef asseblief dat mense wat betrokke is in die bediening ook net gewone mense is. Hulle maak ook foute net soos almal van ons. Dit verskoon nie dit wat verkeerd is nie, maar dit kan ons help om sagter harte te hê om ander te vergewe. Ons kan mense sien soos Jesus hulle sien. God beloof om ALLES ten goede te laat meewerk vir dié wat Hom liefhet. Jy weet nooit, God mag dalk net daardie seisoen in jou verlede, wat die moeilikste ding is wat jy nog ooit deurgegaan het, neem en dit omskakel in ‘n passie. ‘n Toekoms. ‘n Doel. Jy moet net dít wat jou terughou van die Goddelike avontuur wat Hy vir jou het, agterlaat!

 As jy enkellopend en swanger is, of as jy dalk weet van iemand wat enkellopend en swanger is, of as jy belangstel daarin om ‘n Embrace Grace ondersteuningsgroep by jou kerk te begin, gaan kyk gerus na www.EmbraceGrace.com!

Amy Ford

President & Mede Stigter van Embrace Grace

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s