Week 2 – Die Weg van Vergifnis

Week 2 – Die Weg van Vergifnis

deur WhitneyD | Sep 12, 2016 | LGG Bybelstudies, Jy Is Vergewe

week-2-maandag

2

Week 2 – Die Weg Van Vergifnis

Heeeyyyyy daar!

Kan ons Week 2 begin deur heeltemal eerlik wees met mekaar? Trek ‘n stoel nader en gryp jou gunsteling “latte”, want dit is tyd om betrokke te raak in die seldsame gesprek wat dieper gaan as die oppervlak gesprekke wat ons ruil op sosiale media en in die kerk se voorportaal op enige gegewe Sondag.

Hierdie week praat ons oor die Weg van Vergifnis – die antwoord, vir ons sonde probleem wat ons ontbloot in Week 1. Dink aan ons studie vandeesweek as ‘n soort van belangrike stap in ‘n berading ingryping – die een waar die probleem reeds geïdentifiseer is en ons het die selfondersoek stap geneem van die erkenning van ons behoefte – en nou is dit tyd om te kyk na die oplossing.

Vir sommige van julle, is die bevryende om buite jouself te kyk vir ‘n oplossing vir jou behoefte aan vergifnis. Jy het alreeds aan die einde van jouself gekom en jy weet dat jy het niks tensy ‘n Verlosser ingryp. Maar ek glo dat daar ook ‘n paar van julle is wat nie heeltemal gereed is om die stryd op te gee nie. Jy dink dat met genoeg selfspraak, lewens strategie, en harde werk kan jy steeds hierdie ding uop jou eie uitvind.

Ek kry dit. Dis nie maklik om oor te gee nie.

Sedert Adam en Eva sonde bekende gestel het in die wêreld, (Genesis 3) is dit  menslike natuur om te probeer om onsself uit te grawe uit ons eie gemors:

Ons verberg ons sonde, en bid dat met net genoeg afleiding en bedekking , sal niemand ooit raaksien nie.

Ons vergelyk ons sonde, en wys die splinter in ‘n ander se oog in plaas van die erkenning van die balk in ons eie.

Ons doen goeie werke om te probeer om ons sonde op te weeg, werk harder en doen meer in die hoop om genade by God en by ander te vind.

Maar aangesien dit ‘n ware gesprek is, kom ons wees eerlik: die langer ons hardloop en wegkruip van ons sonde, hoe meer miserabel word ons. Ons sonde wegsteek en vergelyk – en selfs by te dra tot die heel beste wat ons het om te bied – sal nooit die gaping van skeiding wat sonde geskep het tussen ons en God oorbrug nie.

Luister, dit is goed om te erken dat jy dit nie kan wen op jou eie nie.

Dit is hoekom Jesus gekom het.

“Ek is nie seker hoe lank ek onder die beddegoed gebly het nie, maar dit was lank genoeg dat ek tyd gehad om te dink oor elke moontlike scenario van hoe die hele beproewing sou eindig. Wat sou ek sê in my verdediging? Hoe sou my ouers reageer? Ek het die ergste verwag, maar was met vriendelikheid en ope arms ontmoet. Ek was huiwerig om liefde te gee, maar was omhels met onvoorwaardelike liefde. Ek het skeiding, verwerping en swaar gevolge verwag, maar was verwelkom as ‘n kind wat ‘n plek van vergifnis, vertroosting en rus nodig gehad het. Hoeveel meer is die Vader se volmaakte liefde vir ons? God se genade kom nie van ‘n verafgeleë plek of van ‘n onbereikbare Verlosser af nie. Dit is nie twyfelagtig of gekenmerk deur menslike onvolmaaktheid nie. O nee. As gevolg van Jesus, kom hierdie genade van ‘n toeganklike God, ‘n barmhartige Vader wie se hart ingestel is om te hoor hoe ons Sy naam fluister en Hy is gereed om ons met ope arms te verwelkom. Die onuitwisbare gawe van genade oorbrug die gaping wat ons eens van God geskei het en is nou ‘n plek waar ons voortdurend kan lewe … en met vertroue kan staan “ (Efes 3:12) Jy Is Vergewe, bl 40

Is jy moeg van die gewig van jou sonde? Uitgeput van al die verberging, hardloop , en voorgee asof jy dit alles bymekaar het? Gefrustreerd deur jou onvermoë om hierdie ding op jou eie te klop? Op soek na vrede in al die verkeerde plekke?

Daar is ‘n beter manier.

Daar is net EEN manier.

Ek nooi jou om te hardloop na Jesus en die pad na vergifnis vind.

Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge

vergewe kragtens die ryke genade van God.” Efesiers 1:7

 By Sy Voete,

Whitney

 

 

 

 

 

 

*Kom ons praat: Probeer jy nog steeds om jou stryd met sonde op jou eie te veg? Wat maak dit vir jou moeilik om aan Jesus oor te gee as die enigste manier om vergifnis?

 Week 2 Uitdaging:

In jou boek of studie joernaal, merk drie kolomme af, getiteld: Om weg te steek, te vergelyk, en by te dra. Vra die Here om jou hart te ondersoek om te sien of daar enige manier is wat jy huidiglik die sonde in jou lewe wegsteek,  vergelyk, of om deur goeie werke by te da. Lys enige areas wat van toepassing is onder die toepaslike kolomme en spandeer dan hierdie week tyd saam met God en bely hierdie areas aan Hom en vra Sy help om jou weg te draai van jou sonde.

Week 2 Video:

Week2: Leesplan:
week-2-leesplan

Week 2: Memoriseervers

2

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s