‘n Paar Vrae En Antwoorde Oor Bekering

‘n Paar Vrae En Antwoorde Oor Bekering

deur Jen Thorn | Sept 14, 2016

week-2-woensdag

‘n Rukkie gelede het ek ‘n blog geskryf oor bekering (Dawid Week 6). Ek wil myself nie herhaal nie, dus wil ek jou aanmoedig om daardie blog te lees as jy ‘n duideliker begrip wil hê van wat bekering is en wat die verskillende dele van bekering is.

Vandag wil ek graag ‘n paar vrae vra oor bekering en dit beantwoord.

Wat is bekering?

Ek sal vir julle my geliefkoosde definisie gee. (In ons Dawid studie, Week 6, Vrydag, sal julle ‘n meer omvattende beskrywing van hierdie definisie vind).

James P. Boyce (1886) gee ‘n eenvoudige en akkurate definisie. Hy sê dat “Bekering is berou oor sonde, gepaard met ‘n vasberadenheid, met die hulp van God, om nie meer te sondig nie.”

Wat doen bekering?

As ‘n ongelowige, lei bekering tot God se vergifnis. Dit is die erkenning dat ons sondaars is en gered moet word.

In die lewe van ‘n gelowige, hou bekering ons oë skerp oor wat sonde is. Dit hou ook ons oë skerp oor hoe sleg sonde is. Bekering maak hoogmoed dood, hou ons harte sag sodat bitterheid of hardheid van die hart nie inkruip nie, en dit erken ons behoefte aan Jesus.

Wat is valse bekering?

Somtyds wonder ons of ons bekering waar of vals is. Valse bekering word gesien waar daar ‘n verandering van aksie is, sonder ‘n verandering van die hart. Dit is om te weet wat die regte woorde is om te sê, sonder om dit waarlik te bedoel. Valse bekering laat ons vir ‘n minuut lank sleg voel, maar dan pla dit ons nie meer nie. Valse bekering is wanneer ons dink dat dit vir ons hoër punte sal gee by God, of om te glo dat dit sal maak dat God ons meer liefhet.

Kan ons op ons eie tot bekering kom?

Bekering is ‘n werk van die Heilige Gees. Eerstens gee die Heilige Gees ons ‘n nuwe gesindheid, sodat ons wil bekeer, en dan gee die Heilige Gees ons die krag om dit inderdaad te doen. Met tye prikkel die Heilige Gees ons gewetes, wat daartoe lei dat ons ons bekeer.

“Ons kan nie ons eie bekering bewerkstellig nie. Selfs dit is ‘n geskenk van God en dit kom deur middel van ‘n hernuwe hart en die werking van die Heilige Gees.”

– C.H. Spurgeon

 Wat moedig bekering aan?

Ons dink dat wanneer ons op ons sonde fokus, dan sal ons gepaste berou hê. Maar waarop ons eerder moet fokus, is op Christus, en die koste van sy opoffering. Dit sal bekering aanmoedig, en ons terselfdertyd hoop en vreugde gee.

Om tyd in die woord te spandeer moedig ook bekering aan, want in die woord sien ons die skoonheid van Jesus en die lelikheid van sonde. Ons sien ook die krag van die Heilige Gees en leer dat ons nie geroep word om op ons eie te bekeer, of sonde op ons eie te beveg nie.

Hy wat vir jou gesterf het, kan deur Sy genadige Gees, maak dat jy vir die sonde dood is; en Hy wat in die heerlikheid ingegaan het om jou onthalwe, kan jou siel na Hom trek, weg van die kwaad af, en na heiligheid toe.– C.H. Spurgeon

 Bekering is noodsaaklik vir die Christelike lewe. Dit is ‘n geskenk van God waardeur ons herinner word aan ons swakheid en van God se vermoë om ons te help om dit te oorkom. Bekering lei die sondaar na die uiteindelike vergifnis van God en as ‘n gelowige, hou bekering aan om ons dankbaar te maak en help dit ons om daardie selfde vergifnis te waardeer.

Kyk na Jesus,

022916_1515_nGeestelike3.png

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s