As My Mense…. As My Dogters

As My Mense…. As My Dogters

deur Angela | Sept 16, 2016

week-2-vrydag

s2d5

Vriende,

2 Kronieke 7:14 herinner my hoe ongelooflik ons God is! Soos ‘n liefdevolle Vader, maak Hy altyd ‘n weg na vergifnis.

Ek is lief vir hoe Hy begin…Hy herinner ons aan wie ons is.

Ons is Syne.

Ons word geroep op Sy naam.

Daar is geen verwarring oor aan wie ons behoort nie….selfs in ons foute, selfs in ons rebellie… selfs in ons sonde…is ons steeds Syne.

 Ek het 2 Kronieke 7:14 oor en oor gebid in die laaste paar jare…en selfs meer nou in vandag se dae, noudat die presidensiële verkiesing nader kom.

Vader, vergeef ons. Herstel ons land…herstel ons gesinne…herstel ons harte.

Ons het van U af weggedraai.

As u dogters, wat u naam dra, het ons meer gestem met ons tjekboeke in ons gedagtes as met die behoeftes van ons bure…vergewe ons asseblief.

As u dogters, het ons politikuste ingestem wat nie waarde heg aan die lewe nie en wat kinders die reg om te lewe, ontken. Dié einste dogters wat U geseën het om lewe binne ons te kan dra…om getuies te wees van die heilige wonderwerk van die lewe, ons het inteendeel wetenskap ‘n god gemaak en toegelaat dat stemme, harte en verstande wat U nie ken nie, besluit wanneer lewe begin…vergewe ons asseblief.

As die dood kom met die stop van ‘n kloppende hart…begin die lewe nie met dit nie?

As u dogters, het ons toegelaat dat rassisme ons huise, ons kerke en ons harte infiltreer. Is ons nie die Liggaam van God nie? Is elke deel van die liggaam nie ewe belangrik nie…die hand kan nie vir die voet sê, ek het jou nie nodig nie. Net so kan die Wit/Swart/Asiër of Spaanse suster nie vir ‘n ander suster sê… ek het jou nie nodig nie. Ons het mekaar nodig. Ons is geskape na die beeld van God en wanneer ons een ras minder ag as ‘n ander, dan onteer ons God. Vergewe ons asseblief, Jesus.

Is U bloed nie vir ons almal uitgestort nie?

As u dogters, het ons onsself toegelaat om besig te raak, en in plaas daarvan om U te aanbid, aanbid ons ons werke vir U…vergewe ons asseblief omdat ons ons opofferings en werke geplaas het bo ons verhouding met U.

As u dogters, het ons U vervang met baie gode in ons lewens…god van geld, god van roem, god van plesier, god van veiligheid, god van besittings, god van kos, god van ander se goedkeuring en die lys hou aan…vergewe ons.

Liewe susters, ons is die hedendaagse Israeliete. God het soveel ongelooflike dinge in ons lewens, in ons families, in ons land gedoen…. en ons het vergeet. Ons het na valse gode gedraai om ons antwoorde, ons waarde, ons hoop en ons toekoms te vind.

En ons het die hart van die Een wat dit alles neergelê het vir ons, bedroef.

Totdat daar nie Bekering is nie — sal daar geen Verskil wees nie, daar sal geen Verlossing wees nie, daar sal geen Herlewing wees. Niks sal verander tensy ons iets verander nie.- Ann Voskamp

Maar in Sy groot genade, reik God weereens vergifnis na ons toe uit en gee ons 2 Kronieke 7:14 Wat sê Hy?

  1. Soek My – In plaas van om weg te draai van God af as gevolg van ons sonde, moet ons na God draai, en Hom, Sy hulp, Sy genade en Sy wil soek, in plaas van ons eie.
  2. Toon berou – Wat beteken dit? Dit beteken dat ons besef ons is nie God nie. Ons het foute gemaak. Ons weet nie alles nie. Ons het gesondig en ons eie pad gevolg, in plaas van God se pad.
  3. Bid tot My – Belei ons tekortkominge en vra God vir vergifnis. Erken waar ons gefouteer het en vat verantwoordelikheid daarvoor.
  4. Draai weg van die sonde en draai terug na My – Ons moet ons woorde oorsit in aksie en verander. Woorde is betekenisloos as ‘n veranderde gedrag nie volg nie.

O vriende, kyk na God se genade wanneer ons berou toon, bid, Hom soek en na Hom toe draai….

“sal Ek luister uit die hemel en hulle sonde vergewe en hulle land laat herstel.” 2 Kronieke 7:14

Hoor, vergeef en herstel…ons moet NOOIT vergeet dat ons ‘n HEILIGE en genadevolle God dien nie!

Hy is die Vader wat na Sy verlore seun toe hardloop die oomblik wat Hy hom in die verte raaksien.

Hy is die een wat laag neerbuig na die vrou wat op owerspel betrap is…. wat oogkontak met haar maak wanneer niemand anders wil nie, en haar gee wat haar hart desperaat nodig het…vergifnis.

“God se genade kom nie van ‘n verafgeleë plek of van ‘n onbereikbare Verlosser af nie. Dit is nie twyfelagtig of gekenmerk deur menslike onvolmaaktheid nie. O nee. As gevolg van Jesus, kom hierdie genade van ‘n toeganklike God, ‘n barmhartige Vader, wie se hart ingestel is om te hoor hoe ons Sy naam fluister en Hy is gereed om ons met ope arms te verwelkom.” Whitney Daugherty, Jy Is Vergewe, p. 41

Liewe susters, nou is die tyd om berou te toon, te erken dat ons gedwaal het, die Een te soek wat ons eerste gesoek het en met Sy krag…. weg te draai van ons sondes, Sy vergifnis met ope arms aanneem en te leef as dogters van die Koning van konings!

Ons moet NOOIT vergeet nie…met Jesus is daar altyd hoop.

“Ons sal die sterk en dapperes wees wat elke oggend ons hoofde neerbuig en ons vrese en ons afgode en ons sondes en ons verknoeings bely, want daar sal geen herlewing in hierdie generasie wees totdat daar berou op ons gesigte is nie, want ons kan geen geveg wen met rebelharte nie, so mag ‘n aksie van berou ons so aanraak dat Hy uit die hemel hoor en ons land herstel”- Ann Voskamp

Liewe Jesus, vergewe ons. Ons het teen U gesondig, ons het op ons eie weë gegaan, ons eie paaie gemaak en meer waarde geheg aan ons wysheid as aan U wysheid. Jesus, bemagtig ons om te verander, om die verandering te wees…. om braaf te wees, diep lief te hê, te vergewe soos U ons vergewe het, en asseblief Here, herstel ons land.

photo-1472764033577-998db5bf8697-2

Lief God Grootliks!

Angela

 

 

 

 

Kom Ons Praat: Sal jy jou verbind om daagliks vir jou land te bid? Deel jou gebed vandag met ons!

 

 

 

 

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s